Koninklike Identiteit in Christus 12 Desember 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

1Thess 1:10 ‘en om Sy Seun uit die hemel te verwag. Hierdie Seun is Jesus wat God uit die dood opgewek het. Dit is Hý wat ons verlos van die oordeel wat kom.’ NLV

Ek sien uit na Jesus, my verlosser, se wederkoms!

Koninklike Identiteit in Christus 6 Desember 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

1Thess 1:9 ‘Die mense vertel self hoe julle ons ontvang het en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het en nou die lewende en ware God dien,’ ANV ‘83

Ek het my bekeer en dien die lewende en ware God! Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 22 November 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

Opsomming: Kolosense 3

Kol 3:1 Ek is opgewek en leef ’n nuwe lewe saam met Christus!

Kol 3:1 – In my nuwe lewe verlang ek na dit wat by Christus is. Gal2:20.

Kol 3:3 – Ek is saam met Christus gekruisig; my lewe is nou in Hom.

Kol 3:4 – Jesus Christus, is my lewe!

Kol 3:10 – Die nuwe ek, se denke word vernuwe en ek word soos my Skepper.

Kol 3:11 – Christus is die belangrikste en Hy is in my, vandat ek nuut gemaak is.

Kol3:12a – God het my gekies, my geheilig en het my lief!

Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 8 November 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

Kol 3:11 ‘In hierdie nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, barbaars, slaaf of vry man nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is.’ NLV

Christus is die heel belangrikste en Hy is in my vandat ek nuut gemaak is.

Koninklike Identiteit in Christus 1 November 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

Kol 3:10 ‘en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word.’ AFR20

Die nuwe ek, se denke word vernuwe en ek word soos my Skepper.

Koninklike Identiteit in Christus 11 Oktober 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 3:1 ‘Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.’ NLV

In my nuwe lewe verlang ek na dit wat by Christus is. (Rom8:6; Gal2:20, 2Kor4:18.)

Koninklike Identiteit in Christus 4 Oktober 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 3:1 ‘Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.’ NLV

Ek is opgewek en leef ’n nuwe lewe saam met Christus!