ID in Christus 08/05/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Filp1:6 ‘omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;’ (AOV)

God het ‘n goeie werk in my begin en sal dit enduit voer! Dit is gerusstelliend, dit bemoedig en gee sekerheid.

Dankie Vader, Jesus en Heilige Gees vir U goeie werk wat my versterk, oplig en vertroue (krag) gee.

ID in Christus 1/05/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Filp1:1,2 ‘ Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens: 2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!’ (AOV)

Paulus se besonderse groet, spreek die gelowiges aan as heiliges en spreek oor hulle God se genade en vrede.

Dankie Vader, dat ons in Jesus Christus heilig is en ook U genade en vrede het.

ID in Christus 24/04/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

‘n Opsomming uit die Korintiërs Briewe (Deel 2)

  • Ek is bekwaam deur wat Jesus gedoen het en deur die Gees in my, kan ek ander bedien! 2Kor3:5
  • Ek leef vanuit my nuwe gees in Christus – die ou ek, is dood! 2Kor5:17
  • Ek is met Vader versoen deur Jesus wat my sonde gedra het! 2Kor5:19
  • Ek is ‘n ambassadeur (Koninkryk verteenwoordiger) in hierdie wêreld vir Christus! 2Kor5:20
  • Ek is vrygespreek (geregtig) – Jesus het sonde vir my geword! 2Kor5:21

ID in Christus 17/04/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

‘n Opsomming uit die Korintiërs Briewe (Deel 1)

  • Ek is heilig, op sy gesit vir Christus! 1Kor1:2
  • Ek is in Christus – vry, heilig en verlos! 1Kor1:30
  • Ek is een in gees met Christus se Gees – Hy woon in my! 1Kor6:17
  • Ek is duur gekoop – Ek is met Jesus se bloed vrygekoop! 1Kor6:20
  • Ek leef in oorwinning deur Jesus Christus en versprei Sy geur van kennis! 2Kor2:14

ID in Christus 10/04/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:21 ‘Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.’ (AOV)

Ek is geregtig (vrygespreek) deur Jesus wat vir my sondes gelei en gesterf en opgestaan het. Anders gestel: Jesus het sonde geword vir my, daarom is ek geregtig (vrygespreek) voor God!

Dankie Jesus, ek is geregtig voor God deur U!

ID in Christus 3/04/2021

om ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor5:20 ‘Ons tree op as ambassadeurs vir Christus terwyl God deur ons ‘n appèl aan julle rig. Ons smeek julle ter wille van Christus: Kom tot versoening met God!’ (NLV)

Ons is ambassadeurs of verteenwoordigers vir Christus hier op die aarde! Ons het die belangrike taak om Christus se Koninkryk aan die wêreld bekend te stel. Dankie Vader, dat U ons waardige verteenwoordigers maak.

ID in Christus 27/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:19 ‘naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. ‘ (AOV)

God het Homself met die wêreld (my insluitend) versoen en het my sonde afgeskryf deur dit wat Jesus Christus gedoen het. Ek is nou met Vader versoen.

ID in Christus 20/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:17 ‘Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.’ (AOV)

Ek is in Christus! Daarom is die ou ek dood en leef ek nou vanuit my nuwe gees wat splinternuut is in Christus.

ID in Christus 13/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 3:5 (4-6) ‘4 Dit is die vertroue wat ons op God stel, deur die bemiddeling van Christus 5 Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, 6 wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. ‘(NLV)

Ek is bekwaam deur wat Jesus gedoen het en deur die Gees kan ek ander bedien in die nuwe verbond. Dankie Jesus!

ID in Christus 6/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor2:14 ‘Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. ‘ (AOV)

Dankie Vader, dat ons U in oorwinning kan vergesel en dat ons die geur van U kennis kan versprei.