ID in Christus 5/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:14 ‘Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God’. (AOV)

Ek is ‘n kind van God want Sy Gees lei my! Dit is wonderlik en ‘n groot seën. Dankie Jesus.

ID in Christus 28/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:9-10 ‘Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees het nie, is nie een van Sy mense nie! 10 As Christus in julle lewe, is julle liggame wel nog as gevolg van die sonde aan die dood onderhewig, maar julle gees leef omdat julle saak met God reggemaak is.'(ANV)

Heilige Gees woon in my, daarom leef ek vir ewig want my saak met God is reg. Ek is geregtig, vrygespreek!

ID in Christus 21/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:2 ‘Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood.’ (NLV)

Dankie Jesus! U het my bevry van die greep van sonde en dood! Ek het die ewige lewe.

ID in Christus 14/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:1 ‘Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.’ (AOV)

Ek wandel in die gees, nie in die vlees nie, daarom is ek onskuldig en vry, daar is geen veroordeling meer nie!

ID in Christus 7/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

God het my lief (Joh3:16; Ef1:4)

Hy het my beplan, ek is nie ‘n las nie (Ps139:16)

Ek is God se skeppingswerk (Ef2:10)

Ek is ‘n kind van God (Joh1:12; Kol1:13)

Ek is verkies, aanvaar en aangeneem (Ef1:5)

Ek is verlos, heilig, geregtig (vry) en het wysheid in Christus (1Kor1:30)

Ek is vergewe (Ef1:7; Joh3:17-19)

Ek is sonder blaam, sonder oordeel (Rom8:1-2)

Ek het logiese denke (nie vrees nie), krag, liefde en selfbeheersing (helder en goeie verstand) (2Tim1:7)

Ek het God se genade en guns (Ef1:7; Luk2:14; Spr3:4; Ps23:6)

ID in Christus 31/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:22 ‘Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.’ (ANV)

Ek is heilig (toegewei aan God; skoon gewas en regverdig voor God) en ek het die ewige lewe gekry! Omdat ek in Jesus glo en dít wat Hy vir my gedoen het. Dankie Jesus!

ID in Christus 24/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:18 ‘Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.’ (ANV)

Ons is deur ons geloof in Christus vrygespreek van die sondelas, ons is nie meer slawe van sonde nie, maar het nou slawe geword van God se geregtigheid, ons lewe in God se wil en doel vir ons.

ID in Christus 16/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom6:14 ‘Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie. Julle leef immers nie meer onder die verslawende mag van die wet nie, maar onder die bevrydende mag van die genade.’ (NLV)

Dankie Vader, dat U Jesus gegee het sodat ons vry is van sonde en sonde se mag. Dankie vir U bevrydende genade waaronder ons nou staan.

ID in Christus 10/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom6:13 Julle is betrokke in ‘n geestelike oorlog. Moenie langer julle liggaamlike vermoëns as wapens van ongeregtigheid vir die sonde beskikbaarstel nie, maar stel julleself voortdurend vir God beskikbaar omdat julle uit die dood weer lewendig geword het. Stel julle liggaamlike vermoëns as wapens van geregtigheid tot God se beskikking. (NLV)

Dankie Jesus dat U my vrygekoop het van die sonde-natuur. Dankie Vader, dat ek myself en my vermoëns kan aanbied in U diens, omdat ek geregtig (vrygespreek) is voor U.

ID in Christus 03/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom6:11 Julle moet dus ook vir seker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle met Christus één is. (NLV)

Ek is een met Christus (in eenheid), ek lewe vir God en my sonde-natuur is dood, sonde beheer my nie meer nie. Dankie Jesus!