ID in Christus 23/05/2019

Ons verkaar en bevestig hierdie week ons ID volgens:

Ef 2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Ek is God se skeppingswerk, God het my gemaak.

Dankie Vader dat U my gemaak het en my lei op U weg vir my.

ID in Jesus Christus 09/05/2019

Ons verkaar en bevestig hierdie week ons ID volgens:

Psa 139:14 ‘Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:’ (ANV)

Ek prys en dank U Vader God, want U het my uniek en wonderlik gemaak.

ID in Jesus Christus 02/05/2019

Die oomblik wat ons Jesus as ons verlosser aanneem, word ons gees nuut gemaak. 2Kor5:17. Ons siel (denke, emosies en wil) en liggaam, is nog presies dieselfde, daar is geen verandering nie. Dikwels sukkel ons verstand en emosies (siel) om te verstaan waarom ons gees nou anders is as voorheen. Ons moet nou ons denke aanpas om dit wat in ons gees gebeur het inlyn te bring met mekaar. Rom12:2.

Ons verkaar en bevestig hierdie week ons ID volgens:

Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. (AOV)

God het my beplan nog voordat daar enige iets op die aarde beplan was.

Ek is in God se gedagtes en Hy het ‘n besondere plan vir my.