Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Ef 3:12 ‘Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toegaan.’ (NLV)
Baie dankie Jesus, vir U werk op die kruis, wat ons vry gemaak het deur ons geloof in U! Dankie dat ons nou enige tyd by God, ons hemelse Pa, kan aanklop sonder twyfel, met sekerheid en in vertroue.
