Koninklike Identiteit in Christus 22 November 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

Opsomming: Kolosense 3

Kol 3:1 Ek is opgewek en leef ’n nuwe lewe saam met Christus!

Kol 3:1 – In my nuwe lewe verlang ek na dit wat by Christus is. Gal2:20.

Kol 3:3 – Ek is saam met Christus gekruisig; my lewe is nou in Hom.

Kol 3:4 – Jesus Christus, is my lewe!

Kol 3:10 – Die nuwe ek, se denke word vernuwe en ek word soos my Skepper.

Kol 3:11 – Christus is die belangrikste en Hy is in my, vandat ek nuut gemaak is.

Kol3:12a – God het my gekies, my geheilig en het my lief!

Dankie Jesus!