Koninklike Identiteit 14/10/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps56:14 ‘Want U het my van die dood gered. U het my voete van struikeling bewaar sodat ek saam met God kan loop en kan lewe in sy lig.’  NLV

Dankie Vader God, U is die lig in my lewe, U rig my sodat ek nie struikel nie en deur Jesus het ek die ewige lewe by U!