Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 37:5 ‘Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.’ NLV
Vader God, U is my God, ek steun en vertrou op U vir leiding. Dankie vir U getroue leiding en voorsiening.
