Koninklike Identiteit 15/04/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps31:20 ‘Hoe groot is die goedheid wat U weggebêre het vir hulle wat U dien, wat U voor die oë van die mense gee aan hulle wat op U vertrou.’ NLV

Dankie Vader God, U goedheid en seën laat my beker oorloop! Ek eer en vertrou op U alleen. Ek loof en prys U!