Koninklike Identiteit 8/04/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps28:7 ‘Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied.’ NLV

Vader God, U gee my krag en beskerm my, op U vertrou ek met my hele hart. U help my en vul my hart met dankbaarheid, met vreugde en ‘n lied!