Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps27:10 ‘Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.’ AOV
Vader God, op U kan ek vertrou! U is altyd daar vir my, selfs as my ouers my verlaat. Dankie vir U getroue en standvastige liefde.
