Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Opsomming:
Ps23:4 – My Hemelse Vader is altyd by my. Hy verlaat my nooit nie, Hy beskerm en vertroos my!
Ps23:5 – Vader, U bederf my met ‘n feesmaal, terwyl my vyande toekyk. U salf my kop met olie, my beker loop oor.
Ps23:6 – Goedheid en guns volg my verseker en dit, al my dae! Boonop woon ek, vir altyd in die huis van die Here! (en Hy in My.)
Dankie Vader, ek kan altyd op U nabyheid staatmaak en U oorvloedige seëninge! My God, my Vader, U is wonderlik, ek loof U!
