Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Opsomming:
Ps23:1 – Die Here is my Versorger, my Pa, My Koning! Ek benodig niks nie, want Hy sorg baie goed vir my.
Ps23:2 – My Vader, My Herder, hou my veilig en lei my na plekke waar daar rus is.
Ps23:3 – My hemelse Vader, gee my nuwe krag! Hy lei my op die regte paaie tot eer van Sy Naam. Dankie Vader God, vir U wonderlike voorsiening, U getroue beskerming, U krag en leiding.
