Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps23:6 ‘Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.’ AOV
Goedheid en guns volg my verseker en dit, al my dae! Boonop woon ek, vir altyd in die huis van die Here! (en Hy in My.) My God, my Vader, U is wonderlik, ek loof U!
