Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps23:5 ‘U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.’ AOV
Vader, U bederf my met ‘n feesmaal, terwyl my vyande toekyk. U salf my kop met olie, my beker loop oor. Dankie Vader, vir U oorvloedige seëninge!
