Koninklike Identiteit 14/01/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps23:1 ‘‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.’ AOV

Die Here is my Versorger, my Pa, My Koning! Ek benodig niks nie, want Hy sorg baie goed vir my. Dankie Vader God, vir U wonderlike voorsiening.