Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
PS13:6 ‘Maar ek maak self staat op u troue liefde. Ek wil juig omdat U my gered het. Ek wil sing tot eer van die Here omdat Hy vir my goed was’. NLV
Dankie Vader God, dat ek kan staatmaak op U getroue liefde. Dat ek U kan loof en prys en eer vir my redding. U is besonder goed vir my.
