Koninklike ID 26/11/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps8:6  ‘U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.’ AOV

God het ons net minder as engele (sien Engelse vertalings) gemaak en Hy kroon ons met eer en heerlikheid (glorie, roem). Dankie Vader God, dat U my so hoog ag en my kroon met eer en heerlikheid!