Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Samevatting: God is getrou!
Ex19:6
Ek is deel van die koninkryk van priesters en die heilige nasie van God deur Jesus Christus. Dankie, Vader God, dat U beloftes altyd (ewig) waar is vir U kinders. (2Kor1:20)
Deut7:9
Dankie Vader God, dat U my Here en God is, wat getrou is en U ooreenkoms nakom en dat U ons vir altyd lief het.
