Koninklike ID 3/09/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Deuteronomium7:9 ’ Verstaan daarom dat die Here jou God inderdaad God is. Hy is die getroue God wat sy verbond vir duisend geslagte hou. Hy hou nie op om dié mense lief te hê wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam nie.’ NLV

Dankie Vader God, dat U my Here en God is, wat getrou is en U ooreenkoms nakom en dat U ons vir altyd lief het.