Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Gen 1:31 ‘Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.’ (AOV)
God het alles baie goed gemaak. God het nie gemors gemaak nie! Inteendeel dit was baie goed. Dankie Vader, dat U vir my en alle mense baie goed gemaak het!
