ID in Christus 8/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 4:6‭-‬7 ‘En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. 7 Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as sy kind het God jou sy erfgenaam gemaak!’ (NLV)

Ek is kind en erfgenaam deur Christus, nie ‘n slaaf (van die sonde) nie! Ek het ‘n Pa wat my liefhet en my bemagtig.