ID in Christus 18/12/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:27, 28 ‘want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.’ (AOV)

Ek het Christus aangeneem, ek is nou verenig (een) met alle gelowiges in Christus. Dankie Vader vir eenheid in geloof en ons wonderlike geloofsfamilie.