ID in Christus 20/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:9 ‘Dit is dus dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word.’ (ANV ’83)

Ek is geseënd, soos Abraham, omdat ek glo in Jesus! Dankie Vader!