ID in Christus 28/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

  • Ek is na God se beeld geskep, ek is eerstens gees, dan siel en ek het ‘n liggaam. – Gen1:27
  • U ken my, U lê U hande op my – dis te wonderlik om te begryp! – Ps139:5,6
  • Ek is wonderlik geskep, tot in die fynste detail beplan. Ek is U skeppingswerk! – Ps139:13-16
  • Ek het alles wat ek nodig het deur dit wat Jesus gedoen het op die kruis. – Ps23:1
  • Ek behoort aan God! Hy is my Herder en versorg my baie goed. – Ps100:3
  • U verlaat my nooit nie, U lei my – U Gees is in my!. – Deut31:8
  • God is met my, Hy beskerm my! – Jos1:5
  • God, is my God! Hy sal my nooit verlaat nie! – 1Kronieke28:20
  • Ek is nie alleen nie en ek sukkel nie – God is met my! – Hebr13:5

(Verklarings van die laaste paar weke)