ID in Christus 14/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kronieke28:20 ‘Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk en volmoed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. …’ (NLV)

Wanneer jy God, jou eie God maak, sal Hy jou nie verlaat of in die steek laat nie. Dankie Vader dat U my God is en altyd by my is!