Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Rom 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beƫindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (ANV)
My sondige-aard, my ou mens, is saam met Christus gekruisig, toe ek wedergebore is. My siel (denke, wil, emosies) leer nog. In my gees is ek nuut gemaak! My sondige-aard bestaan nie meer nie, want my gees is nuut en soos Christus se Gees.
