Maleagi
Betekenis: My boodskapper.
Skrywer: Maleagi
Doel: Om die mense van hulle sondes bewus te maak en hulle verhouding met God te herstel.
Tema:
- God se Liefde – God het Sy volk lief ongeag hulle optrede of gehoorsaamheid, Hy is getrou en sy liefde is konstant en vir ewig. (Mal3:6) God haat skynheiligheid en sorgelose lewenswyses, dit ontneem God van die verhouding wat Hy graag met ons wil hê en hoe Hy ons wil seën. Ons lewens, wys hoe toegewyd ons aan God is.
- Sonde van die Geestelike-leiers (priesters) – Hulle was halfhartig in hulle diens as priesters. Hulle het nie ag gegee aan God se vereistes van aanbidding nie. Moet nie toelaat dat gemak en luiheid bepaal hoe jy God aanbid en eer nie, self al is die leiers nie opreg en getrou nie.
- Die Mense se Sonde – Hulle het hulle getroue vroue verruil vir ongelowige vroue uit ander volke. Dit is ongehoorsaamheid aan God en verhinder ook dat die kinders opgevoed word in God se Woord.
- Die Here se Koms – God se liefde is bewys deur die Messias se koms en sterwe vir ons sondes. Jesus het die standaard kom herstel en die pad oop gemaak sodat ons weer in ‘n verhouding met God kan staan, met ‘n beter verbond (ooreenkoms).
Inhoud:
A. Teregwysing aan Opstandiges (Mal1:1-3:15)
- God het lief, maar mense betwyfel God se liefde (Mal1:1-5)
- Teregwysing van oneerlike priesters (Mal1:6-2:9)
- Wys sondes van die volk uit (Mal2:10-3:15)
B. Boodskap aan getroues (Mal3:16-4:6)
- Eer God en God sal seën
Gehoor: Die mense wat in Jerusalem en Juda was.
Tydperk: Begin bediening ongeveer 430 voor Christus.
