Lees saam met ons die Ou Testament

Sagaria

Betekenis: God onthou

Skrywer: Sagaria – tree op tydens dieselfde tydperk as Haggai. Haggai was direk, Sagaria dra die boodskap oor deur visies en is meer simbolies.

Doel: Om hoop te gee aan die mense, deur God se verlossingsplan, aan die Messias bekend te maak.

Tema:

  • God se Oordeel – Die volk het nie na God of Sy profete geluister nie en hulle is in ballingskap weggevoer. Gehoorsaamheidaan God is altyd belangrik en daarom moet ons Sy woord ken en doen.
  • Bekering – Keer terug na God se woord en waarheid, wyk nie daarvan af nie. (Sag1:3) As jy weg dwaal, verander jou weë en keer terug na God toe.
  • Herbou die Tempel – Die volk was moedeloos want dinge het nie verloop soos hulle verwag het nie. Sagaria het hulle aangemoedig om die tempel te voltooi soos God hulle beveel het en dat God hulle sou beskerm. Soek eers die koninkryk van God en alles sal toegevoeg word.(Mat6:33)
  • Die Koning Kom – Sagaria het soos die ander profete ook gesê, dat God se Koninkryk kom. God is Koning en Hy regeer, Jesus Christus weer soos belowe.

Inhoud:

A. Simbolies: Sagaria se 8 Visies van Hoop. (Sagaria1-6)

B. Prakties: Aanmoediging tot gehoorsaamheid en godsdienssin. (Sagaria7-8)

C. Profeties: Beloftes van Heerlikheid deur verdrukking.

Gehoor: Die Jode in Jerusalem en die wat teruggekeer het uit ballingskap.

Tydperk: Sagaria1-8 is geskryf ongeveer520-518 voor Christus en Sagaria 9-14 is voltooi ongeveer 480 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *