Lees saam met ons die Ou Testament

Haggai

Betekenis: Feestelik

Skrywer: Haggai

Doel: Om die mense aan te spoor om die tempel se herbouing te voltooi.

Tema:

  • God se Teenwoordigheid – In die Ou Testament was die tempel, simbool van God se teenwoordigheid en ‘n herhinnering vir die volk aan God. Daarom was dit belangrik dat hulle die tempel voltooi en weer gereeld offers bring aan God. Vandag het ons Sy Heilige Gees by en in ons. Ons gehoorsaamheid bring seëninge en Hy lei, beskerm en bewaar ons as Sy kinders van gevaar en bose dinge.
  • Prioriteite – Die Jode het teruggekeer uit ballingskap, begin om die tempel te herbou en dit toe laat vaar en aandag aan hulle eiehuise en landerye bestee. Dit was 15 jaar later wat Haggai se boodskap hulle aangespoor het om hulle waardestelsel reg te kry en God eerste te stel in hulle lewens. Ons moet dieselfde doen, God eerste en alles anders kom daarna.

Inhoud:

A. Eerste Boodskap: Verwaarlosing en nalaat om die Tweede Tempel te voltooi. (Haggai1:1-15)

B. Tweede Boodskap: Die Prag (Glorie) van die Tweede Tempel.

(Haggai2:1-9)

C. Derde Boodskap: Opoffering Sonder Gehoorsaamheid sal nie Bevredig nie. (heart attitude) (Haggai2:10-19)

D. Vierde Boodskap: Belofte van oorwinning aan Serubbabel. (Haggai2:20-23)

Gehoor: Die mense wat in Jerusalem bly en die wat terug gekom het uit ballingskap. (tydgenoot – Haggai is in die selfde tyd as Sagaria profeet.)

Tydperk: Ongeveer 520-516 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *