Lees saam met ons die Ou Testament

Sefanja

Betekenis: Die Here het versteek of beskerm.

Skrywer: Sefanja

Doel: Om die volk Juda uit hul gemak-sone te haal en hulle te laat besef om na God toe terug te keer.

Tema:

  • Die Dag van die Here – Is God se oordeel. Om die oordeel vry te spring moet ons na God luister en doen wat Hy sê. Ons moet Jesus aanvaar as ons verlosser en ten volle op God vertrou in alles.
  • Onverskilligheid teenoor God – Die mense was voorspoedig, maar verwyderd van God. Moet nie toelaat dat materiële voorspoed en gemak en jou trots ‘n wig in dryf tussen jou en God nie. Rykdom kan ons nie red nie en gee ook nie voorsien soos net God kan nie.
  • Dag van Jubel – Die dag van oordeel sal ook die dag van jubeling wees vir die wat aan God getrou was. Wanneer ons vry (gelouter) is van sonde is die verligting en blydskap groot. Die dag wanneer ons finaal, algeheel herstel word in Christus, sal daar ook groot vreugde heers.

Inhoud:

A. Oordeel oor Juda (Sefanja1:1-2:3)

B. Oordeel oor die Nasies (Sefanja2:4-15)

C. Oordeel en Hoop oor Juda en die Nasies (Sefanja3:1-20)

Gehoor: Juda en die nasies rondom hulle.

Tydperk: Ongeveer 640-621 voor Christus in die tyd wat koning Josia aan bewind was.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *