Lees saam met ons die Ou Testament

Jona

Betekenis: Duif

Skrywer: Jona, volgens oorleweringe.

Doel: Om God se genade vir alle mense te bewys en die boodskap van redding weer te gee.

Tema:

  • God Gee Om – God het Jona ‘n opdrag gegee, Jona was onwillig en besluit om in ‘n ander rigting te gaan as waarheen God hom stuur. God bring hom terug om die mense van Nineve van hul sondige weë te laat wegdraai. Net so maak ons verlede nie saak nie, God gee steeds om en verwelkom elkeen wat na Hom toe kom.
  • God se Liefde vir alle Mense – Jona het nie van die mense van Nineve gehou nie, oor hulle wreedhede, maar God het almal lief en wou hulle waarsku. God wil dat ons Sy liefde uitdra na die wêreld. (Mat28:18-20)
  • Bekering – Nineve het berou getoon en weggedraai van hulle verkeerde lewenswyses. Hulle bekering het veroorsaak dat God afgesien het van die oordeel wat oor hulle sou kom. Ons sal wil weggedraai van sonde uit dankbaarheid vir God se genade en liefde.
  • God se Genade – en liefde is vir almal. God vergewe almal ongeag hulle verlede, net soos vir Nineve. Jona het teensinnig gedoen wat God hom beveel het om te doen en was omgekrap omdat God hulle genadig was. Wanneer ons Jesus aanneem as ons redder, sal ons liefde ook vir ander toeneem.

Inhoud:

A. Jona se Opdrag en Ongehoorsaamheid (Jona1:1-2:10)

B. Jona Handel sy Opdrag Onwillig Af (Jona3:1-4:11)

Gehoor: al die mense van Israel

Tydperk: Ongeveer 772–754 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *