Amos
Betekenis: Las of draer, (burden, carrier)
Skrywer: Amos, ‘n skaapwagter en versorger (kweker) van vye bome. Hy het in Juda gewoon.
Doel: Om God se oordeel oor Israel bekend te maak in verband met hul selfvoldaanheid, afgodediens en onderdrukking van die armes.
Tema:
- Almal sal voor God verantwoording doen – elkeen sal verantwooring doen oor hul doen en late.
- Selfvoldaanheid – Eie geregtigheid en vals sekuriteit, lei tot ‘n rampspoedige toekoms. Erken God as jou Voorsiener en wees dankbaar vir jou seëninge.
- Verdrukking van die armes – Rykes en diè met mag het die armes onderdruk en was wreed teenoor armes. Ons moet ongeregtighede stop en die in nood help versorg. (Mat10:40, 25:40)
- Oppervlakkige Godsdiens – Die mense was nie meer godsdienstig nie, maar het voorgegee om in God te glo. God wil ware opregte geloof, gehoorsaamheid, toewyding en ‘n verhouding met ons hê, nie niksseggende rituele nie.
Inhoud:
A. Oordeel aangekondig oor Nasies. (Amos1:1-2:16)
B. Redes vir Oordeel. (Amos3:1-6:14)
C. Visies van Oordeel. (Amos7:1-9:15)
Amos spreek sonde met erns aan. Hy bots met vals godsdienstige leiers en word nie deur priester of koning geïntimideer (weerhou van) nie. Hy lewer die boodskap sonder huiwering. God eis eerlikheid, goedheid, geregtigheid en regverdigheid (integriteit). Ons benodig Amos se moed om sonde teen te staan.
Gehoor: Israel, die noordelike koninkryk.
Tydperk: Waarskynlik geskryf tydens Jerobiam ll se regering, ongeveer 760-750 voor Christus.
