(P007) Lewe van oorvloed
Jy is weergebore en ‘n kind van God maar jy het nie ‘n lewe in oorvloed nie. Wat beteken dit om ‘n lewe van oorvloed te hê.
Jou gesondheid is nie na wense nie, daar is min liefde, baie konflik en geen plesier in jou lewe nie, saam met altyd ‘n te kort aan geld.
Jy lewe nie ‘n lewe van oorvloed nie.
Jesus belowe ons lewe en ‘n lewe in oorvloed.
Joh 10:10 ANV ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Die ‘hulle’ waarna Jesus verwys, is ons wat weergebore is en al hier op die aarde die ewige lewe ontvang om in te lewe.
Joh 5:24 ANV Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.
Ons wat weergebore is, het alreeds die ewige lewe nou hier op die aarde, want ons het uit die dood in die sonde waarin ons was, oorgegaan na die lewe in Jesus.
Waarop dit neerkom is dat ons ‘n lewe van oorvloed nou hier op aarde al kan geniet, indien ons God se opdrag nakom, weet hoe om binne God se waardestelsel te lewe en wat se mag ons teen die duiwel en sy invloed het.
God se opdrag aan ons Sy weergebore kinders:
Ons word weergebore en kinders van God (Gal 3:26) wanneer ons Jesus as ons verlosser aanneem deur te glo in ons hart en te bely met ons mond dat Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het en dat God Hom uit die dood opgewek het.
God het dan ‘n opdrag aan ons wat ons sien in 1 Joh 3:23-24
NLV En dit is sy opdrag: Ons moet glo in die persoon van sy Seun, Jesus Christus, en ons moet mekaar liefhê, net soos Hy aan ons die opdrag gegee het. Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in ’n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.
Hier sien ons God se opdrag aan ons is, om te glo in Jesus Christus en om mekaar, mede gelowiges, lief te hê.
Wanneer ons dit doen, leef ons in ‘n hegte verhouding met God en dit is ook wat God verlang. Deur Jesus se offer word ons nie net gered van ons sonde nie, maar die verhouding tussen God en ons word herstel.
Wat is God se waardestelsel of geestelike wette?
God het alles, die mens en die natuur ontwerp. Die mens en natuur funksioneer binne sekere reëls en niemand kan dit verander nie. Voorbeelde:
- In die natuur is water nodig vir plante om te groei, mense en diere lewe van die plante as voedsel en het ook water nodig om te lewe. So water is nodig vir alles om te lewe, vat water weg en alles sterf of besoedel die water en alles word siek en sterf ook aan die einde. Teveel of te min water het ook ‘n invloed op die gesondheid van alles, daar is ‘n balans wat gehandhaaf moet word om suksesvol te funksioneer.
- Vir die mens en ook vir diere is daar ‘n balans nodig om suksesvol te lewe, wanneer hierdie balans versteur word begin daar probleme ontstaan.
- Fisiese balans by die mens is die liggaam wat fisies uitgeput word en dan moet rus. Jy kan nie onbeperk beweeg sonder rus nie, want jou liggaam gaan ingee en wanneer jy net rus sonder enige beweging dan kwyn jou spiere, daar is ‘n balans tussen beweging en rus.
- Geestelik is daar ook ‘n balans tussen die aanbidding van God en die geniet van die wêreldse dinge, soos om vis te vang, wanneer visvang meer aandag as God in jou lewe kry, dan word visvang jou afgod.
Watter mag het ons teen die duiwel en sy invloed op ons:
- Die duiwel is steeds besig om ons te mislei en aan te val waar ons vir hom ‘n opening gee, maar baie gelowiges weet baie min van die invloed wat die duiwel op ons het, omdat hulle dit nie geleer word deur geestelike leiers nie en self ook nie verstaan wat hulle oor die duiwel in die Skrif lees nie.
- Dan is daar die wat glo dat die duiwel nie regtig bestaan nie, hulle ken en verstaan glad nie die Woord van God nie, kan selfs sê hulle glo nie regtig die Bybel is God se Woord wat deur die Heilige Gees geïnspireer is nie en hulle verstaan ook nie dat daar ‘n geestelike dimensie is nie.
- Jesus het ons, die gelowiges wat weergebore is, mag oor die duiwel gegee want Hy het die duiwel oorwin met Sy dood aan die kruis en opstanding uit die dood.
- Ons lees wat Jesus gesê het in Mar 16:17-18
(ANV) Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”
en Joh 14:12
(ANV) Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
Baie gelowiges glo dit nie of beweer dat hierdie magte saam met die Apostels uitgesterf het, wat nie die waarheid is nie, dit staan nêrens in God se Woord dat hierdie magte gaan ophou solank ons op die aarde lewe nie.
Wie is reg, die hierdie gelowiges of die Woord van God? Ek glo die Woord van God en nie die van mense nie. Die Woord sê as ek glo, sal ek in die naam van Jesus dieselfde mag hê as wat Hy hier op die aarde gehad het en selfs meer.
- Indien ons hierdie mag wat Jesus ons gegee het nie gebruik nie, laat ons die duiwel toe om ons te beheer waar daar ‘n opening vir hom kom. Jesus het ons die mag gegee om die duiwel teen te staan en ons moet self besluit of ons daardie mag gaan gebruik of nie.
Wat is alles betrokke by ‘n lewe van oorvloed?
Kom ons kyk na praktiese dinge in ons lewe, wat ‘n lewe van oorvloed kan keer:
- Jou gesondheid, wanneer jy enige siekte of gebrek het,
- ‘n Gebrek aan liefde van of aan ander en eensaamheid,
- As daar geen of min vrede in jou lewe is,
- Geen of min plesier in jou lewe,
- Jy het ‘n tekort aan lewensmiddele.
In lesings wat op hierdie een volg sal daar in meer diepte na elkeen van hierdie 5 punte gekyk word.
Gebed:
- Dankie Vader vir U liefde,
- Dankie dat ons deur Jesus gered is van sonde,
- Dankie dat ons verhouding met U herstel is,
- Dankie dat ons deur U Woord weet, dat ons die ewige lewe saam met U ontvang het en dat dit al hier op die aarde begin terwyl ons nog hier lewe,
- Dankie dat U vir ons ‘n lewe van oorvloed gee,
- Dankie Vader,
- Amen