Lees saam met ons die Nuwe Testament

Inleiding

Hier volg ‘n kort oorsig van elke boek. Dit is ideaal om saam met jou Bybelleesprogam te gebruik want dit gee jou ‘n goeie idee waaroor elke boek handel.

Matthëus

Skrywer: Matthëus is geskryf in Grieks aan die Jode deur Levi die tollenaar of ook bekend as Matthëus

Tydperk: ongeveer 50 jaar na Christus geskryf.

Tema: Geskryf aan die Jode wat die Messias gesoek het.

Gehoor: Die boek bevat meer verwysings na die Ou Testament as enige van die ander boeke. Die Joodse tradiesies was bekend aan die lesers, dus is daar min verduidelikings in verband met Joodse tradiesies en gebruike.

Markus

Skrywer: Markus is deur Markus ‘n volgeling van Jesus geskryf, maar hy was nie een van die twaalf dissipels nie.

Tydperk: ongeveer 57-59 jaar na Christus geskryf.

Tema: Stel Jesus voor as die oorwinnaar oor sonde, siekte, duiwel en dood. Die boek demonstreer Jesus se krag (wonderwerke) meer as die ander evangelies.

Gehoor: Markus het hoofsaaklik vir die Romeine geskryf wat op daardie stadium die grootste gedeelte van die wêreld beset het en vir wie fisiese krag die fokus was.

Lukas

Skrywer: Lukas was ‘n mediese dokter en ‘n Griek. Hy was nie een van die twaalf dissipels nie.

Tydperk: Ongeveer 58-65 jaar na Christus geskryf.

Tema: Stel Jesus voor as die perfekte man en redder, wat groei in wysheid en statuur. Hy hou Jesus voor as die Messias.

Gehoor: Lukas skryf vir die Grieke, intelektuëles van die tyd, wat gefokus was om die perfekte man uit te bring in elkeen deur opvoeding. Hy stel Jesus Christus voor as die perfekte mens en redder.

Johannes

Skrywer: Johannes is die broer van Jakobus wat ook ‘n dissipel van Jesus was. Hulle was die seuns van Sebedeus.

Tydperk: ongeveer 85-90 jaar na Christus.

Tema: Johannes gee vir ons dieper insig in die waarhede van die goeie nuus van die evangelie van Jesus en Heilige Gees. Hy getuig van die Seun van die lewende God.

Gehoor: Johannes het geskryf vir die gelowiges in die kerke, wat op daardie stadium vervolg was.

Handelinge

Handelinge bring ons in ‘n nuwe bedeling. Dis ‘n oorgang van die Ou Testament na die Nuwe Testamentiese bedeling, waar God deur die Kerk homself aan mense openbaar in die wêreld.

Deur die Bybel openbaar God wie Hy is; deur Israel die nasie; deur Jesus as die perfekte openbaring van liefde (Joh3:16); sien ons Sy Kerk se uitbreiding deur die opdrag om die Kerk uit te brei volgens die Groot Kommissie of Opdrag. Deur die uitvoer van hierdie Groot Opdrag word God aan die wêreld openbaar en die wêreld word op geroep tot bekering en aanvaarding van Sy verlossende liefde. (Mat28:18-20).

Ons is steeds in hierdie “Kerk tydperk” – hemelvaart tot Jesus se wederkoms.

Tema: Geskiedenis van die vestiging en groei van die Kerk en die uitdra van die opdrag om God aan die wêreld bekend te stel deur Jesus se Hemelvaart, uitstorting van die Heilige Gees (Hand2) en die verspreiding van die Evangelie (Gospel of ook GoeieNuus)

Die inhoud van die geskiedenis in Handelinge kan ons opdeel in: 1) die Kerk in Jerusalem Hand 1-8:4; 2) Oorgangstyd Hand 8:15-12:3; 3) Kerk van die Nie-Jode Hand 12:4-21:17; 4) Einde van Paulus se lewe Hand 21:18-28:31.

Skrywer: Lukas

Gehoor: Die Kerk (die Kerk is ek en jy – dis nie ‘n gebou of ‘n plek nie)

Tydperk: 62-68 na Christus (daar is verskil in mening oor die tydperk sommiges sê tot 90 NC)


Romeine

Skrywer: Paulus is die skrywer. Hy het die brief geskryf aan die gelowiges in Rome tydens sy laaste besoek aan Korinte, met die doel om hom aan hulle bekend te stel voordat hy in Rome sou arriveer.

Tema: Paulus gee in Romeine ‘n volledige, logiese en geïnspireerde antwoord op vrae van die tydperk en ook ‘n vraag wat Job gevra het.

Job 9:2 ‘….. en hoe kan ‘n mens regverdig wees by God?’ (AOV)

Paulus antwoord deur drie punte;

1)Wat word benodig om die sondige man geregverdig (vry van sondelas) te maak?;

2)Hoe word die geregverdige heilig (uitgesonder, ‘set apart’) gemaak?;

3)Die teenwoordigheid (manifestering) van God wat deur die lewe van die geregverdige vloei.

Hoofstuk 1-8: Leer in verband met geregtigmaking (vrymaking) deur geloof

Hoofstuk 9-11: Is gerig aan die Israeliete – hulle was verwerp weens hulle ongeloof, dit was hulle eie keuse en fout, maar hulle is nie finaal verwerp nie.

Hoofstuk 12-16: Prakiese aanmaning aan Christene.

Gehoor: Christene in Rome

Tydperk: 57 Jaar na Christus


1 Korintiërs

Skrywer: Paulus is die skrywer.

Doel: Hy skryf aan die kerk in Korinte om probleme te identifiseer en om oplossings te verskaf. Die gelowiges van Korinte het nog na die vlees gelewe, hulle denke was nog nie vernuwe nie. (1Kor5:17 en Rom12:2) Hy leer die gelowiges hoe om vir Christus te leef in ‘n ongelowige en korrupte wêreld.

Tema: Regstelling van wanorde en die instel van gedragskodes vir wedergebore en geesvervulde Christene.

  1. Regstelling van wanorde en verskille wat verdeling veroorsaak, onsedelikheid, geskille tussen die heiliges (gelowiges), wanorde tydens nagmaal.
  2. Beantwoord vrae en gee riglyne in verband met huwelike, die eet van vleis wat aan afgode geoffer was en Gawes van die Heilige Gees.

Hoofstuk 1-8: Herstel van sosiale en morele wanorde, sonder veroordeling. Herstel baba Christene deur leiers wat wys en geestelik volwasse is en in liefde die woord oordra aan die wat hulself skade aandoen deur sonde. (vb. Hoofstuk 6 ‘n Geestelike wete (openbaring) dat God in jou leef sal tot gevolg hê dat jy nie na die vlees en wêreldse voorbeeld leef nie.)

Hoofstuk 9: Apostoliese geregtigheid. (Wat gee Paulus die reg of outoriteit).

Hoofstuk 10-14: Orde in die Kerk en tydens Nagmaal. Nagmaal is ‘n onthou en besef van wat Jesus alles vir ons gedoen het. Die volheid van Sy verlossings werk is; vergiffenis van sonde, gesondheid, voorspoed, welvaart ens. dis ingeheel, in totaliteit – gees, siel (denke, wil, emosie) en liggaam.

Hoofstuk 15: Opstanding, Jesus het die dood en graf oorwin en opgestaan en ons het dit in Hom oorwin.

Hoofstuk 16: Afsluiting.

Gehoor: Oorspronklik die Kerk in Korinte, maar ook aan die Kerk van vandag. (Alle Christene, afskrifte van Paulus se briewe was tussen die gemeentes versprei.)

Tydperk: Die brief is geskryf aan die einde van ‘n 3 jaar tydperk wat Paulus in Effese was. (Hand 20:31). 55 Jaar na Christus


2 Korintiërs

Skrywer: Paulus is die skrywer.

Tema: 2 Korintiërs is Paulus se mees persoonlike brief en nie presies georden nie. Die brief gee ons ‘n kyk in sy hart, sy diepste gevoelens en motiewe om

  1. die bekeerdes te bemoedig van die kerk,
  2. die rebelse minderheid te waarsku,
  3. te waarsku teen valse leeraars,
  4. hy waarsku teen die aanslae teen sy bediening en leer, deur valse leerraars wat hulle leer en bediening promiveer deur Paulus se bediening te kritiseer en af te breek.

Hoofstuk 1 – 2:13: Terug blik

Hoofstuk 2:14 – 7:16: Waardigheid en effektiwiteit van sy bediening

Hoofstuk 7:17 – 9:15: Insameling vir behoeftes van heiliges (gelowiges) in Juda

Hoofstuk 10:1 – 13:14: Regverdiging van Paulus se apostelskap (sy outoriteit)

Gehoor: Oorspronklik die Kerk in Korinte, maar ook aan die Kerk van vandag. (Alle Christene, afskrifte van Paulus se briewe was tussen die gemeentes versprei)

Tydperk: Geskryf tydens Paulus se besoek aan Filippi. 55 – 57 Jaar na Christus.


Galasiërs

Skrywer: Paulus is die skrywer.

Doel: Hy skryf aan die nie-Joodse gemeente om die invloed van die Judaïeste leraars reg te stel en die volgende verkeerde leeringe van hulle te weerlê: 1) Gehoorsaamheid aan die Wet gemeng met geloof is nodig,+ 2) gelowiges kan perfek gemaak word deur die Wet te volg. 3) Om die Galasiërs wat weg beweeg het van God se genade, terug te bring onder die genade dat hulle nie op eie optrede of krag staat maak om God se goedkeuring te probeer bekom nie. Hulle het nie hul verlossing verloor nie, maar het begin om werke te doen om aanvaaring deur God te bekom. (‘fallen from grace’ = depending on performance to receive God’s approval)

Tema: Om vas te lê dat regverdiging en heiligmaking nie deur werke van die Wet bekom kan word nie, maar slegs deur geloof in Jesus.

Inhoud:

Apostel van Vryheid: Gal 1-2

A. Geroep deur mense of God?

Hoofstuk 1:1-7: 1) Nie almal is geroep om ‘n evangelis, apostel of in een van die 5 ampte te dien nie. 2) Paulus bewys, God het hom geroep. a) Dit is nie selfverhogend om te weet wat jou roeping is nie. b) hanteer jou bediening met sekerheid.

B. Glo net die een leerstelling Hoofstuk 1:8-9:, geen verkeerde byvoegings of vereistes nie.

C. Bevestiging dat Paulus se leerstelling direk van God af is en dat Hy ‘n apostel is.

Hoofstuk 1:11-24: 1) Die genade-boodskap – verstaan dit korrek, nie die verdraaide weergawe van die boodskap nie. 2) Gal1:12 – Jesus se leeringe is vandag nog geldig.

D. Leering van Vryheid: Gal 3-4

Ou Testament verbonde:

Hoofstuk 3:6 – 12: Ou Verbond – Die Wet se doel was om aan ons te bewys dat ons genade en geloof nodig het.

Hoofstuk 3:19 – 14: 1) Die Wet was vir die Jode 2) geloof is vir die wêreld.

E. Lewe van Vryheid: Gal 5-6 Gal is nie, Wet teenoor Genade nie. 1) Mense het die Wet met geregtigheid gemeng. Die Wet was nie bedoel om mense te regverdig nie. Die Jode was reeds geregverdig deur geloof toe die Wet aan hulle gegee is. 2)Wat is genade? Genade is nie ‘n verskoning om ‘n wilde lewe nie te lei nie. Genade, bemagtig ons om die lewe te leef waarvoor God ons geroep het. 3) Wat is geloof? Geloof is nie die krag om God se arm te draai nie.

Gehoor: Oorspronklik die Kerk in Galasië maar ook aan die Kerk van vandag. (Alle Christene, afskrifte van Paulus se briewe was tussen die gemeentes versprei)

Tydperk: Geskryf tydens Paulus se derde sendingsreis. Ongeveer 49 Jaar na Christus.


Efesiërs

Skrywer: Paulus is die skrywer tydens sy gevangeskap in Rome.

Doel:

  1. Daar was 2 gevare wat die kerk in Efese bedreig het
    • Die versoeking om terug in die leefstyle van die nasies te verval a) weens die misverstaan van genade en b) die kontras uit te wys tussen ‘n heilig leefwyse en vorige lewenswyses.
    • Die gebrek aan eenheid tussen die Jode en nie-Joodse gelowiges.
  2. Hou Jesus voor as die antwoord wat verskille sal laat verdwyn.

Tema:

  1. Eenheid van heelal in Christus.
  2. Eenheid in Jesus tussen Jode en nie-Jode
  3. God se doel vir die Kerk vir tyd en ewigheid.
  4. Bestaan uit 2 dele nl.
    1. Doktrine- of Leerstelling = Ef1-3 – die heerlikheid om deur God geroep te wees en
    2. Praktiese toepassing van die leerstellings = Ef 4-6 – ons uitleef en houding is ‘n gevolg van die roeping.

Leerstelling – Die Kerk se Roeping (Ef1-3)

  1. Drievoudige bron of oorsprong van verlossing (Ef1:1-18).
    1. Vooruitbestemming deur die Vader Ef1:4-6.
      1. Vooruitbestemming is God se plan vir elkeen, van voor die grondlegging van die wêreld.
      2. Ons is ten volle aanvaar deur God, wat ons versekering gee.
    2. Verlossing deur die Seun (Jesus) (Ef1:7-12)
    3. Verseëling deur Heilige Gees (Ef1:13-14) (Gebed Ef3:15-21)
  2. Drievoudige Manifesteering (openbaring) van God se Krag (Ef1:19-23).
  1. Sy opstanding
  2. Sy Hemelvaart
  3. Sy verheffing
  4. Vir die wat wil ontvang as, God manifesteer (Ef2:1-22)
    1. ‘n Geestelike opstanding (Ef2:1-6)
    2. ‘n Geestelike hemelvaart (Ef2:7-10)
    3. Homself vir die hele mensdom gee:
      • Nie-Jodse (Ef2:11-13).
      • Jode Ef2:14-18).
      • Kerk (Ef2:19-22).
  5. Verklaring in ver band met Paulus (Ef3)

(Gebed Ef3:14-21).

Praktiese Toepassing – Die Kerk se Leefwyse (Wandel)

  1. Drievoudige waarskuwing en aanmoediging vir die hele Kerk.
    1. Eenheid (Ef4:1-16)
    2. Leef die nuwe Lewe (Ef4:17-32)
    3. Die nuwe wandel (leefwyse)
      • in liefde.
      • in die Lig.
      • om versigtig te leef (wandel).
  2. Drievoudige waarskuwing en aanmoediging vir die Familie (Ef5:22-6:9)
    1. Mans en vroue in ‘n huwelik (Ef5:21-33).
    2. Kinders en ouers (Ef6:1-4).
    3. Slawe (werkers) en meesters (werkgewers) (Ef6:5-9).
  3. Drievoudige uitdrukking van die Geestelike Lewe. (Ef6:10-24)
    1. Krag (Ef6:19-17).
    2. Gebed (Ef6:18-19).
    3. Vrede (Ef6:20-24).

Gehoor:

Oorspronklik die Kerk in Efesiërs maar ook aan die Kerk van vandag. (Alle Christene, afskrifte van Paulus se briewe was tussen die gemeentes versprei)

Tydperk:

Geskryf tydens Paulus se gevangeneskap in Rome. Ongeveer 60 Jaar na Christus.

Ietsie meer oor Efesiërs

Efesiërs is ‘n ryk brief met baie inligting in verband met ons geloof en lewe as Christene.

Bou en bevestig jou Identiteit in Christus uit veral die eerste drie hoofstukke. Skryf neer al die ‘Ek is’ en ‘Ek het’ verklarings en sê dit daagliks tot dit so deel van jou is dat jy nie anders oortuig sal word nie, vb.

Ef 1:1 Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus: (AOV)

Paulus se groet sê hier: “Ek is ‘n heilige en ‘n gelowige.” (As jy Jesus as jou verlosser aanvaar het)

Ef 1:2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus! (AOV)

Paulus spreek hier genade en vrede oor die in Christus uit. Dus ons kan verklaar: Ons het God se genade en vrede.” (kyk ook PS23:6)

Gebede in Efesiërs

Paulus het dit oor die gelowiges gebid:

Eph 1:16- 21 hou ek ook nie op om vir julle te dank

(1. Bid in dankbaarheid vir die vas staan van geloof vir gelowiges en

2.dat hulle voluit vir Christus sal lewe)

as ek aan julle in my gebede dink nie,dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

(3. Bid vir ‘n Gees van wysheid en kennis van Hom)

18 verligte oë van julle verstand,

(4. bid dat jou geestelike oë verlig sal word sodat jy kan verstaan)

sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping

(5. Bid vir hoop van jou roeping, dit is, bid in afwagting vir die doel of rede (purpose) vir lewe)

en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is

(6. Bid vir insig in wat die rykdom van die erfenis se heerlikheid vir die heiliges (gelowiges) is);

19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van Sy sterkte 20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemele,

(7. Bid dat die mag en krag gesien sal word in die kruisiging, dood, oorwinning van die dood, hel en opstanding van Christus en dat dit verstaan sal word)

21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. (AOV)

Jy kan dit verpersoonlik vir jouself en dit ook oor ander Christene bid.

Doen dieselfde met die volgende gebed:

Eph 3:14-21


Filippense

Skrywer: Paulus is die skrywer. Hy skryf die brief tydens ‘n besoek van Epaphroditus wat ‘n geskenk gebring het en by hom herstel het na die reis tot by Paulus. Paulus was in huis-arres (gevange in sy huis) in Rome.

Doel en Tema: Paulus bedank die Filippense gemeente vir ‘n geskenk wat hulle gestuur het saam met Epaphroditus. Hy deel ook die ware vreugde van ‘n Christelike lewe en diens in Jesus Christus in alle omstandighede in die brief. Hierdie brief hanteer geen geskille, teregwysings of probleme nie.

Inhoud:

Hoofstuk 1: Paulus se omstandighede en werk in Rome.

  1. Vreugde ten spyte van sy boeie. (verse12-14)
  2. Vreugde dat die Woord verkondig word ten spyte van verkeerde motiewe. (verse 15-18)
  3. Vreugde ten spyte van die swaard van dood wat oor hom hang. (verse 19-21)

Hoofstuk 2: Drie voorbeelde van onselfsugtigheid.

  1. Christus – (verse 5-16 ) Jesus het Sy lewe geleef deur ander in ag te neem en om God te eer.
  2. Timotius – (verse 17-24) Dink soos Jesus en offer vir ander op.
  3. Ephahroditus – (verse 25-30) Hy was amper dood vir die evangelie – kyk goed na julleself.

Hoofstuk 3: Waarskuwing teen foute.

  1. Waarskuwing teen Wettisisme (verse 15-16) Die Jode wou vashou aan die wet wat Moses gegee het in die nuwe testamentiese kerk, maar Jesus het dit reeds volbring.
  2. Aanmaning om in eenheid te bly glo in dit wat hulle weet reg is. (verse 15-16)
  3. Waarskuwing teen wetteloosheid (verse 17-19) – bly weg van mense wat slegte invloed (gewoontes) het.
  4. Aanmoediging om heilig te lewe. (verse 20-21)

Hoofstuk 4: Finale Aanmoediging

  1. Standvastigheid. (vers 1)
  2. Eensgesindheid. (vers 2)
  3. Samewerking met Christelike werkers. (vers3)
  4. Blydskap. (Juig) (vers 4)
  5. Verdraagsaamheid (geduld) en vriendelikheid. (vers 5)
  6. Vry van bekommernis. ( wees in vrede nie angs nie) (vers 6-7)
  7. Aanmaning om positief (heilig) te dink. (vers 8)
  8. Praktiese Christenskap. (vers 9)
  9. Dankbaarheid vir versorging. (vers 10)
  10. Groet. (vers 21-23)

Gehoor: Oorspronklik aan die Filippense, maar ook aan al dieChristene in die Kerk.

Tydperk: 61-64 jaar na Christus.


Kolossense

Skrywer: Paulus is die skrywer tydens sy gevangeneskap in Rome.

Doel: Paulus gebruik die geleentheid om korreksie na die kerk te bring teen infiltrasie van verskeie elemente van heidense en wêreldse filosofiese leringe (wysbegeerte, teorië) wat met Christen leringe (doktrine, dogma) vermeng word en die Christenlering dus afwater (verswak).

Tema:

Voortreflikheid of uitnemendheid van Christus

  1. Eerste in karakter.
  2. Eerste in kerk.
  3. Eerste in hemelvaart.
  4. Eerste in verheerliking.
  5. Hy is die enigste bemiddelaar.
  6. Hy is die enigste redder.
  7. Hy is die enigste bron van Lig.

Bekendstelling en Groet

  1. Groete aan die kerk. (Kol1:1-2)
  2. Dank God vir die gelowiges. (Kol1:3-8)
  3. Bid vir dir gelowiges. (Kol1:9-12)

Wareleer Verklaar en Verduidelik. (Kol 1:13-2:3)

  1. Persoon en possisie van die Here Jesus Christus: a. Jesus verlos die mens weer tot die regte verhouding met God. b. Christus se voortreflikheid.
  2. Christus se werk was om te versoen, te verenig.

Die Weerlê van Vals Leeringe. (Kol 2:4-23)

  1. Aanspreek van Gnostisme. (Kol2:8-10) (gnosis = Grieks vir kennis) (Amplfied Bible praat van vals intelektuële babbel)
  2. Aanspreek van Wetsverering. (Kol2:11-17)
  3. Aanspreek van Geheimsinighede (Mysticism). (Kol2:18-19)
  4. Aangespreek van streng onthouding en selfkastyding. (Kol2:20-23)

Aanmaning tot Heilige Lewenswyses. (Kol3:1-4:6)

  1. Vereiste verandering in lewenswandel om in oorstemming met Christus te kom.
  2. Die ou mens (ou lewenswyse voor bekering) is gekruisig.
  3. Lewe nou volgens die nuwe mens (nuwe gees wat met bekering ontvang is – trek hom aan – vernuwe denke).

Samevatting en Groet. (Kol4:8-18)

Gehoor: Oorspronklik aan die Kolossense, maar ook aan al dieChristene in die Kerk.

Tydperk: 60 jaar na Christus.


1 Tessalonisense

Skrywer: Paulus is die skrywer vanaf Korinte kort na sy vertrek uit Tessalonika. Doel: 1.Om die gelowiges te bemoedig tydens vervolging.

  1. Om hulle te bemoedig aangaande die dood van medegelowiges.
  2. Hulle houding aan te spreek, want in die afwagting van Christus se spoedige koms, het sommiges gedink dis onnodig om te werk.

Tema: Die tweede wederkoms van Christus in verhouding tot die gelowige se bemoediging, vertroosting, waaksaamheid en heiligmaking (uitgesonder vir God – santification). Dit is interessant dat daar ‘n verwysing aan die einde van elke hoofstuk na die wederkoms van Christus is. Paulus handel met die waarheid op ‘n meer praktiese manier as op ‘n leerstelling (doktrine) basis. Hy bring dit direk na die houding en leefwyse van die gelowige.

Inhoud:

1Tess 1 – ‘n Inspirerende hoop vir die jong bekeerling.

1Tess 2 – ‘n Bemoedigende hoop vir die getroue dienaar.

1Tess 3:1-4:12 – ‘n Reinigende hoop vir die gelowige.

1 Tess 4:13-18 – ‘n Bemoedigende hoop vir die treurendes wat ‘n geliefde verloor het en die wederkoms van Jesus.

1 Tess 5 – ‘n Aansporing vir die lou gelowiges. Dag van God se toorn.

Gehoor: Oorspronklik aan die Tessalonisense, maar ook aan al dieChristene in die Kerk.

Tydperk: 51 jaar na Christus.


2 Tessalonisense

Skrywer: Paulus is die skrywer vanaf Korinte, kort na die eerste brief aan Tessalonika.

Doel:

  1. Bemoediging gedurende ‘n hernude aanslag van vervolging van die Christene.
  2. Om ‘n vals leering dat die Dag van die Here reeds gekom het regte stel.
  3. Om die mense te waarsku wat in wanorde, verwarring en opstandigheid gelewe het.

Tema: Die uiteensetting van gebeure wat die tweede koms van Jesus vooraf gaan, in verhouding met vervolgde gelowiges, onboetvaardige sondaars en afvallige kerk.

Inhoud: Gesentreerd rondom die tweede koms van die Here in verhouding met:

2Tess 1:1-7 – Vervolgde gelowiges.

2Tess 1:8-12 – Onboetvaardigheid (geen berou oor sondes).

2Tessalonisense 2 handel oor die “Dag van die Here”. Sommige vals leeraars het geleer dat dit reeds gebeur het.

2Tess 2:1-12 – Afvalligheid

2Tess 2:13-3:18 – Diens

Gehoor: Oorspronklik aan die Tessalonisense, maar ook aan al dieChristene in die Kerk.

Tydperk: 51-52 jaar na Christus.


1Timoteus

Skrywer: Paulus is dieskrywer. Hy was met die skryf van die brief waarskynlik in Masedonië en dit was in die tyd tussen die twee inhegtenesnemings.

Doel: Om Timoteus leiding te gee in sy werk, om hom te bemoedig en ook om hom teen vals leerstellinge te waarsku.

Tema: Om jong en nuwe leiers leiding te gee in die hanteering van Nuwe Testamentiese kerk bestuur. Dit is kwalifikasies en verpligtinge van die leier en sy verhouding met die Kerk, sy huis en die wêreld. ‘n Handboek in Kerk Administrasie en Dissepline.

Inhoud:

1Tim1 – Getroue en korrekte Leering

1Tim2 – Openbare gebed en lofprysing

1Tim3:1-13 Kerk leierskap kwalifikasies

1Tim3:14-4:11 – Valse leeringe

1Tim4:12-6:2 – Pastorale (Herderlike) instruksies

1Tim6:3-21 – Samevattend – vermanings en bemoedigings.

Gehoor: Oorspronklik Timoteus, maar ook elke bedienaar van die Woord.

Tydperk: 64 jaar na Christus.


2Timoteus

Skrywer: Paulus is dieskrywer, kort voor sy martel dood in Rome.

Doel: Om aan Timoteus riglynne te gee en te bemoedig in sy pastorale bediening in Efese:

  1. Paulus versoek Timoteus se teenwoordigheid in Rome,
  2. waarskuwing teen vals leerraars,
  3. bemoediging in sy verpligtinge en werk,
  4. bemoediging aan Timoteus in verband met toekomstige vervolgings.

Tema: Lojaliteit aan die Here en Sy waarheid in die lig van vervolgings en afvalligheid.

Inhoud:

2Tim1:1-5 – Inleiding en groet.

2Tim1:6-2:13 – Bemoediging in die lig van toekomstige lyding en vervolging.

2Tim2:14-26 – Bemoediging in die lig van die huidige afvalligheid.

2Tim3:1-4:8 – Bemoediging in die lig van toekomstige afvalligheid.

2Tim4:9-22 – Persoonlike opmerkings en groet.

Gehoor: Oorspronklik Timoteus, maar ook elke bedienaar van die Woord.

Tydperk: 66 of 67 na Christus.


Titus

Skrywer: Paulus is die skrywer. Die brief is geskryf kort nadat 1Timoteus geskryf is.

Doel: Om Titus te lei in die organisering van die kerk in Kreta en hoe om met die mense met van verskillende agtergronde te werk.

Tema: Die organiseering van ‘n ware Kerk van Christus en ‘n aanmaning aan die kerk om getrou aan Christus te wees.

Inhoud:

Titus 1 – Orde en leerstellings van die kerk. Die vereistes en take waaraan ouderlinge moet voldoen (1:5-16). (1:14 ) Bly weg van Joodse tradisies en leringe wat afgedwaal het van die ware goeie nuus (gospel – evangelie).

Titus 2-3 Bestuur en optrede van die Kerk

a) Ten opsigte van mekaar – Titus2:1-15 Ouer lede en leiers moet die andere en jonges oplei.

b) Ten opsigte van die buite wêreld – Titus3:1-18

Gehoor: Titus en die Kerk in Kreta was die oorspronklike gehoor, maar dit geld nog steeds vir vandag se Nuwe Testamentiese ware kerke.

Tydperk: 64 jaar na Christus.


Filemon

Skrywer: Paulus skryf die brief tydens sy eerste tydperk van gevangenisskap in Rome. Die brief is moontlik saam met die briewe aan Efese en Kolesense uitgestuur.

Doel: Om Filemon te inspireer en te oortuig om Onesimus, wat weggeloop het, te vergewe en as broer in geloof te aanvaar.

Tema: Die krag van die evangelie is die oplossing vir sosiale probleme.

Inhoud:

Philemon 1:1-3 – Inleiding en groet.

Philemon 1:4-7 – Lof aan Filemon.

Philemon 1:8-21 – In die bres tree (opstaan namens) vir Onesimus.

Philemon 1:22-25 – Oplossing en eervolle groet.

Waarde van die brief (Rede om in Bybel te wees):

  1. Bied insig in Paulus se karakter – sy liefde, nederigheid, beleefdheid (goeie maniere), onselfsugtigheid en takt (bedagsaamheid).
  2. Voorsieningswaarde – Vers 15 – God stel belang in allerhande situasies.
  3. Praktiese waarde – Staan op vir die wat dit nie vir hulleself kan doen nie.
  4. Sosiale Waarde – Christen-leringe hervorm deur liefde, nie met vors of geweld nie – meester en slaaf word herenig deur die Gees van Christus.

Geestelike waarde van die brief – voorbeelde van ons verlossing:

  1. Onesimus vesaak (verlaat) sy meester (eienaar) – Ons versaak God
  2. Paulus vind hom – Jesus vind ons
  3. Paulus tree-in vir hom – Jesus tree-in vir ons
  4. Paulus identifiseer met hom – Jesus identifiseer met ons, deur aarde toe te kom vir ons.
  5. Paulus bied aan om sy skuld te betaal – Jesus het ons skuld op die kruis betaal.
  6. Filemon ontvang Onesimus op Paulus se rekening – God ontvang ons op Jesus se rekening
  7. Die slaaf se restorasie tot die meester se guns (voordeel) – Ons word herstel (ontvang) tot God se guns in liefde.

Gehoor: Dit was oorspronklik ‘n persoonlike brief aan Filemon, waarskynlik ‘n ryk lid van die Kolesense gemeente, in verband met, Onesimus, ‘n slaaf wat weggeloop het.

Tydperk: 60 jaar na Christus.


Hebreërs

Skrywer: Die skrywer is nie vasgestel nie, waarskynlik Paulus of medewerkers of dissiples van Paulus of self nog van Jesus. Ander moontlikhede is Lukas, Barnabas, Appollos, Silas, Filipus. Die brief is moontlik in Italië geskryf. (Hebr 13:24)

Doel: Om die waarde van Christus se voltooide werk op die kruis vas te lê en te vestig en die terugval van Joodse Christene na Judaïsme (terug keer na Joodse tradiesies en wette) teen te staan.

Tema:

  1. Om die verhouding van die wettiese stelsel (Moses wette) tot die Christendom en die wettiese stelsel se simboliese en kortstondige (tydelike) karakter aan te toon.
  2. Om die hoër waarde te bevestig van: Jesus Christus teenoor die Ou Testamentiese bemiddelaars; die Nuwe Testament teenoor die Ou Testament; die werklike teenoor simboliese (skadubeelde) en realiteit (werklikheid) tot simbole (skadubeelde) uit te wys.
  3. Die leerstelling van Jesus Christus is verhewe bo Judaïsme want dit het ‘n beter verbond (ooreenkoms), naamlik Hoë Priester (Hoofpriester) en een offer vir almal. (Hebr10:1, Kol2:16-17)

Inhoud:

  1. Die hoër waarde van Jesus oor die Ou Testamentiese bemiddelaars en leiers. (Hebr1:1-8:6)
    1. Aan die profete want: a. Openbarings aan die profete was gedeeltelik (Hebr1:1) b. Openbarings deur Jesus was perfek (Hebr1:2-3)
    2. Aan die engele want: (Hebr1:4-14) a. Geen engel was aangespreek as Seun nie (Hebr1:5) b. Die Seun is die onderwerp van die engele se aanbidding (loof en prys) (Hebr1:6) c. Die engele dien en die Seun regeer. (Hebr1:7-9) d. Die engele is geskape en die Seun is die Skepper. (Hebr1:13-14)
    3. Jesus was verhoog bo die engele – waarom was Jesus verneder (minder gemaak)? (Hebr2:5-18) a. God het mens geword vir ons. (Hebr2:5-8) b. Vervul God se plan deur vir alle mense (elkeen van ons) te sterf.(Hebr2:9) c. Dat die Verlosser en verlostes een kan word. (Hebr2:11-15) d. Om aan alle voorwaardes van priesters te voldoen. (Hebr2:16-18)
    4. Groter as Moses (Hebr3:1-6)
    5. Groter as Joshua (Hebr4:6-13)
    6. Jesus as Hoofpriester (Hebr4:14-5:10)
  2. Die hoër waarde van die Nuwe Testamement oor die Ou Testament (Hebr8:7-10:18)
  3. Bemoedigings en waarskuwings (Hebr10:19-13:25)

Gehoor: Hebreuwse Christene (moontlik tweede generasie Christene Hebr2:3) wat die moontlikheid om na Joodse tradisies terug te keer ondersoek het. Dit was moontlik as gevolg van geestelike onvolwassenheid en ‘n te kort aan insig en kennis van Geestelike waarhede.

Tydperk: Voor die tempel in Jerusalem vernietig is. Daar is geen verwysing daarna in die boek nie, dus voor 70 ste jaar na Christus.


Jakobus

Skrywer: Jakobus, die halfbroer (selfde ma, maar nie dieselfde pa nie), van Jesus. Hy was ook die leier van die kerk in Jerusalem.

Doel: Om Joodse Christene te bemoedig wat deur moeilike omstandighede gaan en om verkeerde praktyke en ‘n geneigdheid om werke en geloof te skei.

Tema:

  • ‘n Praktiese boek van die Nuwe Testament, soos Spreuke in die Ou Testament.
  • Praktiese Christenskap – hanteer die teorie van die wat net op genade steun, maar nie die nodigheid erken om tegelykertyd ‘n rein lewe te lei nie.

Inhoud:

Jak1:1-21: Beproewing as toets van geloof.

Jak1:22-2:26: Werke as bewys van ware geloof.

Jak3:1-12: Woorde se Krag.

Jak3:13-4:17: Ware en vals wysheid.

Jak5:1-12: Geduld in verdrukking en getrouheid van geloof.

Jak5:13-20: Gebed.

Gehoor: Joodse Christene oorspronklik van Jerusalem, wat toe in heidense lande gewoon het. Dit is steeds ‘n praktiese handleiding vir ‘n Christelike leefwyse vandag.

Tydperk: Geskryf ongeveer 50-60 jaar na Christus.


1 Petrus

Skrywer: Petrus, ‘n dissiple van Jesus, is die skrywer, waarskynlik vanaf Rome.

Doel: Om gelowiges te bemoedig tydens moeilike tye en hulle aan te moedig om heilig te lewe. (Eerste brief is vir bemoediging, tweede is ‘n waarskuwing)

Tema: God se genade is voldoende en om die genade prakties uit te leef tydens beproewings en swaarkry. Petrus het sy opdrag wat Christus aan hom gegee het vervul. (Luk22:32)

Inhoud:

A. Weens redding kan ons juig tydens moeilike tye (lyding). 1Pet1:1-12

  1. Bron van redding (1Pet1:2) (a) Vader kies (b) Heilige Gees maak heilig (c) Jesus se bloed was skoon.
  2. Gevolge van redding – wedergeboorte (1Pet1:3)
  3. Resultaat van redding (1Pet1:4-5)
  4. Vreugde van redding (1Pet1:6-8)
  5. Geheim van redding (1Pet1:9-12) a. Profete het nie verstaan nie. b. Engele wou ook weet

B. Lyding terwille van geregtigheid (1Pet1:13-3:22)

C. Lyding met Christus (1Pet4)

D. Bemoedigings en groet.

Gehoor: Joodse Christene wat uit Jerusalem verdryf is en oor Klein Asië versprei was.

Tydperk: Ongeveer 60-64 jaar na Christus


2 Petrus

Skrywer: Petrus

Doel: Profetiese prentjie van die afvalligheid in die laaste dae en ‘n erenstige versoek aan Christene om gereed te wees.

Tema: Gevaar van vals leeringe in die Kerk – ‘n volledige ervaring en kennis van Christus is die vaste staanplek teen vals leeringe en onheiligheid.

Inhoud:

A. Bemoediging om te groei in genade en kennis (2Pet1)

B. Waarskuwing teen vals leeraars (2Pet2)

C. Belofte van Jesus se koms (2Pet3)

Gehoor: Die groter Kerk

Tydperk: Ongeveer 66-67 jaar na Christus, 3 jaar na eerste brief


1 Johannes

1 Johannes ‘n Oorsig

Skrywer: Johannes, vanaf Efese, waarskynlik op die stadium die enigste oorlewende dissipel van Jesus.

Doel: Christen sekerheid lê in die verhouding met die Vader en die bloot stelling van valshede.

Tema: Die kind van God kan:

  1. ‘n Verhouding hê met die Vader en Seun en met mekaar (1Joh1:3).
  2. Volkome vreudge hê (1Joh1:4).
  3. Mag nie sondig nie (1Joh2:1).
  4. Weet dat jy reeds nou met sekerheid die ewige lewe kan ervaar. (1Joh5:13).

Inhoud:

1 Joh1:1-14 – Bekendstelling.

1 Joh1:5-2:28 – Samesyn of verhouding met God.

1 Joh2:29-3:24 – Goddelike seunskap (kindskap)

1 Joh4:1-6 – Gees van waarheid en gees van misleiding

1 Joh4:7-21 – God is Liefde

1 Joh5:1-12 – Geloof

1 Joh5:13-21 – Afsluiting: Christen sekerheid

Gehoor: Die brief is nie spesifiek geadresseer nie. Dit was as ‘n pastoralebrief aan verskeie gemeentes gestuur.

Tydperk: ongeveer 90 jaar na Christus.


2 Johannes

Skrywer: Dieselfde Johannes as 1 Johannes.

Doel: Om ‘n gasvrye Christen dame te waarsku om nie vals leeraars te onthaal nie. Basise Christenskap in waarheid en liefde. (2Joh1:10-11)

Tema: Die Christen se plig en gehoorsaamheid aan die Waarheid en die vermyding van die vyande van die Waarheid.

Tydperk: ongeveer 90 jaar na Christus.


3 Johannes

Skrywer: Dieselfde Johannes as 1 en 2 Johannes.

Doel: Om Gaius te bedank vir sy gasvryheid en bemoediging in sy Christen lewenswandel.

Tema: Die diens van gasvryheid in die bediening en die gevaar van domineerende leierskap.

Tydperk: ongeveer 90 jaar na Christus.


Judas

Skrywer: Judas, ‘n broer van Jakobus en half-broer van Jesus.

Doel: Om die kerk te herhinner om gedurig sterk te staan in geloof en om vals leeringe teen te staan en nie afvallig te word nie.

Tema: Dis die plig van Christene om hulleself skoon en onbevlek te hou in hulle daaglikse leefwyse en om afvalligheid van die Waarheid teen te staan.

Inhoud:

Judas1:1-2 – Groet en erkenning.

Judas1:3-4 – Waarskuwing aan gelowiges – stry vir waarheid.

Judas1:5-19 – Voorbeelde van oordeel oor afvalliges.

Judas1:20-21 – Kontras van gelowiges se leefwyse.

Judas1:22-23 – Deernis met die swakker in geloof.

Judas1:24-25 – Prys die Een wat magtig is om jou van val te bewaar.

Gehoor: Joodse Christene en ook hedendaagse Christene.

Tydperk: Ongeveer 65-90 jaar na Christus. (Daar is groot meningsverskille tussen kenners, meeste sê 70-80 jaar na Christus)

Wat is afvallig word van die waarheid? (vals-leeringe)

In meeste van die briewe in die Nuwe Testament is daar waarskuwings om by die waarheid van die Woord en evangelie te bly en nie afvallig te word nie.

Hoe staan mens vas teen hierdie vals-leeringe?

1. Deur die Woord van God te ken.

2. Om te sê wanneer jy oor iets twyfel en dit dan weer te gaan lees in die Bybel en klaarheid daaroor te kry.

Vals-leringe is nie groot liegstories nie, dis ‘n baie klein afwyking van die waarheid wat maklik ongesiens deur sluip wanneer ons nie met aandag en kennis luister nie.

Voorbeeld:

Goeie werke dra by tot redding. Nee, dis nie waar nie. Goeie werk is die resultaat van dankbaarheid omdat ons gered is. (Sien ook Hand15:22-30 & Jak2:14-26)

Gal 2:16 “terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.” (AOV)


Openbaring

(Openbaar beteken duidelik word, soos wanneer iets onduidelik is en dan verduidelik on verstaanbaar te maak.)

Skrywer: Johannes die dissipel van Jesus. Die boek is in ‘n tipe Joodse letterkunde geskryf wat simbole en verbeelding gebruik om dinge weer te gee sodat die Jode dit verstaan en die ander nie.

Doel: ‘n Profesie vir die kerk-bedeling. (Hemelvaart van Jesus tot die wederkoms van Jesus om Sy bruid te kom haal, is die Kerk-dedeling.)

Tema: Die bekendstelling van die volle identiteit van wie Jesus Christus is, om tydig te waarsku en ter selfder tyd hoop te gee.

Inhoud:

  1. Aangaande (handel oor of in verband met) Christus
    1. Open1:1-3 – Bekendstelling
    2. Open1:4-5 – Groet
    3. Open1:5-6 – Lofprysing
    4. Open1:7-8 – Aankondiging
    5. Open1:9-20 – Die Profeet
  2. Aan elke gemeente – Open2-3
    1. Aanbeveelings – werk, geduld, veragting van vals leeraars.
    2. Teregwysings – geestelike agteruitgang
    3. Simboliese titel van Christus wat by elke gemeente pas – Die Een (Jesus) wat rond loop tussen die kandelare (Kerke) – hulle werke en motiewe beoordeel
    4. Beloftes aan die wat oorwin – vb. Boom van die Lewe ens.
    5. Historiese verwysing wat ligwerp op die boodskap – vb. Die Kerk in Efese Open2:1-7 wat ‘n welgestelde, ontwikkelde, korrupte en owerspelige stad was – middelpunt van die kult van Diana en haar tempel.
  3. Aangaande (handel oor )die Koninkryk – “Dinge wat hierna moet gebeur” Open4-22
    1. Visie van God se troon. Open4
    2. Visie van boekrol en die Lam. Open5
    3. Die 7 Seëls. Open6:1-8:1
    4. Engel, die klein boekrol. Open10
    5. Die Twee Getuies Open11
    6. Die Vrou en die draak. Open12-13
    7. Twee beelde van Christus (Lam en Oes-insamellaar). Open14
    8. Babilon. Open17-18
    9. Tweede koms van Jesus. Open19
    10. Duisend jaar heerskappy. Open20
    11. Nuwe hemel en nuwe aarde. Open21-22.

    Gehoor: Oorspronklik aan die sewe kerke in Asië en ook aan alle gelowiges.

    Tydperk: 90-95 van af Patmos ‘n eiland waar Johannes heen verban was.