Lees saam met ons die Ou Testament
Hier volg ‘n oorsig van elke boek en bykomende inligting. Dit is ideaal om saam met jou Bybelleesprogam te gebruik want dit gee jou ‘n goeie idee waaroor elke boek handel.
Al die boeke is nog nie gedoen nie, maar sal geplaas word soos dit afgehandel word.
- Inleiding
- Genesis
- Eksodus
- Levitikus
- Numeri
- Deuteronomium
- Beloftes in die eerste 5 boeke
- Josua
- Rigters
- Rut
- 1 Samuel
- 2 Samuel
- 1 Konings
- 2 Konings
- 1 Kronieke
- 2 Kronieke
- Esra
- Nehemia
- Ester
- Job
- Psalms
- Spreuke
- Prediker
- Hooglied
- Jesaja
- Jeremia
- Klaagliedere
- Esegiël
- Daniël
- Hosea
- Joël
- Amos
- Obadja
- Jona
- Miga
- Nahum
- Habakuk
- Sefanja
- Haggai
- Sagaria
- Maleagi
Inleiding
Indeling van die Ou Testamentiese Boeke.
Die Ou Testament vertel ons die stories of geskiedenis van die begin van die skepping tot ongeveer 400 jaar voor Jesus gebore is.
Die 39 boeke is meestal in Hebreuws geskryf, met Aramees in ‘n paar hoofstukke van die profetiese boeke.
Vir ‘n boek om vir soveel jare te oorleef en bewaar te bly is ‘n wonderwerk van God! (1Tim3:16 en Mat5:18)
Ou Testament Indeling
- Pentateug-boeke: is die eerste 5 boeke van die Bybel en is almal deur Moses geskryf.
- Geskiedkundige-boeke: dit is die volgende 12 boeke, van Josua tot Ester.
- Digterlike-boeke: is die volgende 5 boeke van Job tot Spreuke.
- Groot Profetiese-boeke: is die volgende 5 boeke van Jesaja tot Daniël (Hulle word ‘groot’ genoem omdat hulle boeke langer is as die ander profete se boeke.)
- Klein Profetiese-boeke: Dit is die laaste 12 boek van die Ou Testament, van Hoséa tot Maleági.
Dis belangrik om te onthou:
- dat die mense van die Ou Testament nie Bybels gehad het nie en na dit opgeskryf is, dit nie vir almal beskikbaar was nie.
- die mense van die Ou Testamentiese tyd was ook nie bekeer nie en Heilige Gees was nie in hulle nie, dit het soms vir ‘n tyd op die mense van God gekom sodat ‘n spesifieke taak gedoen kon word.
Ons vind Christus in elke Ou Testament-boek van die Bybel.
- Genesis 3:15 – Die eerste belofte van Jesus die verlosser – Saad van die vrou
- Eksodus 12:3 – Lam vir die Pasga – Lam is ‘n simbool van Jesus
- Levitikus 17:11 – Hoë Priester – offers – Lewe is in die bloed en die bloed doen versoening vir ‘n mens se siel – Jesus se bloed het ons versoen met God.
- Numeri 20:8,11 – Die rots is Jesus. Moses het die Rots geslaan, in plaas van om met die rots te praat.
- Deuteronomium 18:18 – Jesus getroue profeet – soos Moses
- Josua 5:14,15 – Leërowerste van die Here (Aanvoerder van die hemelse leër) – soos Joshua na die beloofde land
- Rigters 2:18 – Regter en Verlosser (redder) – Jesus rig en verlos soos die rigters Israel gelei en verlos het.
- Rut 3:12 – Boas uit die geslag van Dawid was Rut se verlosser – Boas is ‘n skadubeeld van Jesus wat ons verlos van ons sonde.
- 1 Samuel 2:10 – Gesalfde Koning (Een) – Jesus is ons gesalfde Koning, Hy is verhef met God se krag.
- 2 Samuel 7:12–16 – Jesus – Seun van Dawid
- 1 en 2 Konings – Die Heerser – Koning wat kom (Jesus is die Koning van konings van Nuwe Testament)
- 1 en 2 Kronieke – Heerlikheid van die Tempel – heerlikheid (glorie), wysheid wat ons in en deur Jesus ervaar.
- Esra 7:10 – Getroue Skrywer – Esra was ‘n priester en het die wet (Geskrifte) geleer en bewaar en dit weer aan ander geleer soos Jesus ook gedoen het.
- Nehemia 2:4,5,17 – Hersteller van gebreekte mure van Jerusalem – (die mure was beskerming en het verlossing van aanvallers gebring). Jesus is ons verlossing, Hy herstel ons mure (siel – denke, wil, emosies) van seer en sonde.
- Ester 4:1 – Mordegai het meegevoel (empatie, medelye) met volksgenote gehad net soos Jesus meegevoel gewys het in genesing en verlossing.
- Job 19:25 – ten spyte van die lyding kom verlossing – Verlosser (Jesus) het gekom.
- Psalm23:1 – Herder – Die Herder (Jesus) versorg Sy skape. (John10)
- Spreuke 8:22,23 – Spreuke (veral hoofstuk 8) handel oor wysheid en ewigheid – Jesus is die Wysheid van God wat ewig is, van die begin af.
- Prediker 12:9 -11 – Groot Leermeester (Onderwyser) – Jesus het ook die mense geleer.
- Hooglied 2:1,2; 5:10 – ‘n Beeld van Bruidegom (God) se liefde – God se liefde vir Sy Kerk (ons) – Jesus se opofferende liefde aan die kruis vir ons.
- Jesaja 52:14: 53:1-5,10 – Lydende Dienaar en Verlosser – Jesus doen dit sodat ons verlos kan wees.
- Jeremia 31:31 – Insteller (Jesus) van ‘n Nuwe Verbond – Jesus voer dit uit. Verbond = ooreenkoms, kontrak
- Klaagliedere(van Jeremia) 3:28-30 – man van droefheid (leed) – Hoë Priester in rou vir volk se sondes – Jesus ons Hoë Priester wat intree vir ons sondeslas en vir ewig dit verwyder.
- Daniël 3:24,25 – 3 Hebreuwse mans en 1 man in die vuuroond – Jesus is die vierde man- die Man van verlossing.
- Hosea 3:1 – Liefhebber van die trouelose vrou en haar vrykoop – Beeld van God se liefde wat alles doen om Sy vrou (kerk) te red, vry te koop, deur Jesus.
- Joël 3:16 – Hoop van Israel (gelowiges) – Jesus is ons Hoop; Joël2:28-32 Heilige Gees sal kom. Belofte van hulp en leiding.
- Amos 8:9 – Lasdraer – Jesus het gesterf vir ons sondes en dit was donker in die middag. Mat 27:45-46. Jesus dra ons skuld/las en verlos ons.
- Obadja 1:17,21- Regverdige Regter – Vir die huis van Jakob sal daar uitkoms wees en hulle sal dit inbesit neem – Jesus die Verlosser
- Jona 2:7-10 – Jesus is opgewek – nes Jona na 3 dae lewend uit die vis uitgekom het, so het Jesus na 3 dae uit die dood opgestaan en die dood oorwin vir ons. Mat 12:40
- Miga 5:2 – Regeerder of Heerser – Daar sal Een kom as Heerser. Mat 2:1,2
- Nahum 1:2,3,7 – Toorn-draer (Straf-draer) – Jesus het die straf vir ons gedra – John 3:18
- Habakuk 3:2,18-19 – Vreugdevolle verlossing – Jesus verlos ons van ons sondelas en swaarkry.
- Safanja 3:15 – Koning van Israel beskerm – Jesus is ons Koning wat vir ons intree en ons beskerm.
- Haggai 2:6-9 – Heerlikheid van God sal gesien word in die tempel – Jesus is deur sy ouers na die tempel gebring en Sy heerlikheid was in die tempel. Luk 2:27-32
- Sagaria 3:8 – Die Geregtige Loot – belofte van Jesus se koms. Hebr8:1; Mat 21:6-9.
- Maleagi 4:2 – Son van redding (geregtigheid) met geneesing in sy vlerke – Jesus het vir ons nie net redding gebring nie, maar ook genesing! Jes 53:3-5
Genesis
Beteken: Begin
Skrywer: Moses
Doel: Om God se skepping van die aarde aan te teken en die mense af te sonder om Hom te aanbid.
Temas:
- Begin – van alles. Waarde vandag:Onsleer dat God alles goed gemaak het, dat mense spesiaal en uniek is vir God, dat God alles onderhou wat geskep is.
- Ongehoorsaamheid – Ons het keuses. Waarde vandag: Dit verduidelik waarom mense sleg is en swak keuse maak.
- Sonde – Verwoes lewens a.g.v. ongehoorsaamheid. Waarde vandag: God se weg maak ons lewe sinvol en produktief.
- Beloftes – God sluit verbonde (maak beloftes). Waarde vandag: God kom Sy beloftes na. Hy belowe om ons lief te hê, te aanvaar en te vergewe.
- Gehoorsaamheid – Herstel ons verhouding met God. Waarde vandag: Die enigste manier om die voordele van die beloftes te bekom.
- Voorspoed – Meer as welfaart. Waarde vandag: Gehoorsaamheid aan God bring vrede in verhoudings.
- Israel – God het die nasie gekies (1) om Sy weg vir die wêreld voor te hou (2) om te wys wie Hy werklik is, (3) die wêreld voor te berei vir die koms van Christus. Waarde vandag: Ons moet God se waarheid en liefde aan die wêreld uitleef (bewys).
Inhoud:
- Die Skeppingsverhaal (Gen1-2:3)God het gespreek en dit was!
- Adam se Verhaal, Sondeval en Belofte van Verlossing (Gen2:4-5:32)
- Noag se Verhaal en Babel (Gen6:1-11:32)
- Abraham se Verhaal (Gen12:1-25:18)
- Isak se Verhaal (Gen25:19-28:9)
- Jakob se Verhaal (Gen28:10-36:43)
- Josef se Verhaal (Gen37:1-50:26)
Gehoor: Oorspronklik vir die nasie Israel, maar ook vir elke kind van God.
Tydperk: Geskryf 1450-1410 voor Christus.
Genesis gee vir ons die geskiedenis en verhaal van die skepping tot by Josef, dit is ‘n tydperk van ongeveer 2315 jare.
Eksodus
Betekenis: Uittog, trek.
Skrywer: Moses
Doel: Om die verlossing van Israel uit slawerney in Egipte aan te teken en hulle ontwikkeling as ‘n nasie. – Proses van verlossing deur die Bloed.
Temas:
- Slawerny: Israel (Jacob) se nageslag 400 jaar in Egipte, is slawe, hulle bid tot God vir verlossing. Waarde vandag: God het ons bevry van slawerny en voorsien vandag nog in al ons behoeftes. Dink aan ander en prys God.
- Verlossing: God stuur Moses en deur kragtige wonderwerke kom redding en Pasga word ingestel as herinnering. Waarde vandag: God het ons bevry van slawerny aan sonde deur Jesus wat sonde vir ons geword het!
- Leiding: God lei Israel uit deur Moses. Waarde vandag: God is ‘n betroubare leier al gebruik Hy mense
- Wet: God gee 3 vlakke van wetgewing; (1)geestelik en morale wette, (2)burgerlike wette om daaglikse lewe te reguleer, (3)serimoniële wette vir bou van tabernakel en aanbidding. Waarde vandag:Gehoorsaamheid en goeie keuses bring seëninge, selfs al is die wet volbring.
- Die Nasie: Om ‘n voorbeeld van waarheid en verlossing vir die wêreld te wees, wat volgens God se instellings leef. Waarde vandag: God se Woord en Gees is steeds die beste riglyne vir ons lewens.
Inhoud:
- Israel in Egipte (Eks1-12:30)
- Slawerny in Egipte (Eks1-2)
- God kies Moses (Eks3-4)
- God stuur Moses na Farao toe (Eks5:1-7:13)
- Plae(Eks7:14-11:9)
- Pasga(Eks12:1-12:30)
- Israel in die Woestyn (Eks12:31-18:27)
- Die Uittog (Eks12:31-13:16)
- Deur die Rooisee(Eks13:17-15:21)
- Klagtes en in die woestyn (Eks15:22-18:27)
- Israel by Sinaï(Eks19:1-40:38)
- Die Wet (Eks19:1-24:18)
- Opdragte vir die Tabernakel (Eks25:1-31:18)
- Verbreking van die Wet – Goue Kalf (Eks32:1-34:35)
- Tabernakel konstruksie (Eks35:1-40:38)
Gehoor: Die mense van Israel
Tydperk: Ongeveer 1450-1410 voor Christus geskryf. Die tydperk wat in Eksodus beskryf word, was ongeveer 216jaar.
Levitikus
Betekenis: ‘En Hy Roep’ of ‘Die weg na God’
Skrywer: Moses
Doel: Riglyne vir die priesters en die Levite (familie-groep), hoe om hulle pligte in loof en prys tot God uit te leef (Lev1:1-17:16) en die Israelite te lei om heilige te lewe (Lev18:1-27:34).
Temas: Verhouding met God en mense.
- Offers: 5 verskillende soorte offers wys sondes uit en hoe nodig ons vergiffenis het. Lewe is in die bloed en elke dier wat geoffer is was ‘n heenwysing na Jesus se opoffering, lyde en dood vir al ons sondes vir ewig.
- Lofprysing en toewyding: 7 feeste het gereelde tye vir kontak met God bewerk om dankbaarheid en verering van God daar te stel.
- Gesondheid: Deur fisiese regulasies(reëls) in verband met voedsel-, siekte- en seksuele–sake is die volk beskerm. Hierdie reëls het ook morele en geestelike beginsels bevat, wat vir Israel ‘n gesonde omgewing geskep het, waar hulle liggaamlik gesond en in ‘n beskermde morele omgewing effektief kon leef tot eer van God.
- Heiligheid: Beteken ‘opsy gesit / uitsonder/ toewy vir God’ – Elke area van ons lewe moet tot eer van God wees. Ons volg nie meer elke reëling soos in die Ou Testament nie, want Jesus het ‘n Nuwe Verbond (ooreenkoms) vir ons gesluit. Ons moet egter steeds in geestelike toewyding, eer en heiligheid lewe.
- Levite: Die Levite was die bedieners (pastoor, predikant) wat aan die volk, God se ‘manier’ moes uitleef en net so moet ons, as navolgers van Jesus Christus aan die wêreld Jesus se liefde, opoffering en genade wys.
Inhoud:
- Lofprysing aan God (Lev1-17:16)
- Voorskrifte vir die Offers
- Voorskrifte vir die Priesters
- Voorskrifte vir die Nasie
- Voorskrifte vir die Altaar
- Leef Heilig (Lev18:1-27:34)
- Standaarde vir die mense
- Reëls vir die Priesters
- Seisoene en Feeste
- God se Seëninge
Gehoor: Die Israelite
Tydperk: Ongeveer 1445-1444 voor Christus geskryf. Moses het 1 jaar aan hierdie boek geskryf.
Numeri
Betekenis: Getalle (Volk is 2 keer in die boek getel.)
Skrywer: Moses
Doel: Om die verhaal te vertel van Israel se voorbereiding om die beloofde land binne te gaan, hulle sonde en straf (opstandigheid), en hoe hulle 40 jaar later weer voorberei om die beloofde land in te neem.
Temas:
- Sensus (telling van die volk) – Volk is getel om die weerbare manne te bereken en om die volk beter te organiseer en hulle beweeglikheid te vergemaklik. 603 550 mans is getel, dit was sonder vroue en kinders en die stam van Levi. Effektiwieteit in verhoudings is nodig om God se werk goed te doen.
- Opstandigheid – Kritiek teen God en Sy leiers is ongevraagd en bring straf. Hulle is deur God in die posissie geplaas.
- Swerfjare – Israel se straf wys vir ons hoe ernstig God oor gehoorsaamheid is en hoe dankbaar ons moet wees vir Jesus se lyding vir ons sondes.
- Kanaän – God se liefde is verstommend, ten spyte van herhaalde sondes , bring God hulle weer terug na die land wat Hy beloof het.
Inhoud:
- Voorbereiding vir die Reis (Num1:1-10:10)
- Eerste sensus
- Rol van die Levite
- Reinheid van die kamp
- Voorbereiding vir die trek van Sinai af
- Eerste poging om Beloofde Land Binne te Gaan (Num10:11-14:45)
- Klagtes
- Miriam en Aaron staan Moses teë.
- Spioene se verslag veroorsaak rebellie.
- Swerftog deur die Woestyn (Num15:1-21:35)
- Bykommende regulasies
- Opstand van sommige Leiers
- Pligte van Priesters en Liviete
- Tweede Poging om Beloofde Land Binne te Gaan (Num22:1-36:13)
- Bileam se Storie
- Die tweede Sensus
- Opdragte in verband met Offers
- Wraak op die Midianiete
- Die stamme oorkant die Jordaan
- Kamp in die Moab-vlaktes
Gehoor: Die Israelite
Tydperk: Ongeveer 1450-1410 (of 1490-1451 (bronne verskil)) voor Christus. ‘n Tydperk van 39-40 jaar in die woestyn van Sinaiberg, Kanaän, Kades-Barnea, Horberg tot by die vlakte van Moab.
Deuteronomium
Betekenis: Die is ‘n Griekse woord wat beteken kopieër of herhaal. (Dis die 2de keer wat die wet herhaal word en dit aan die nuwe generasie Israeliete).
Skrywer: Moses
Doel: Die boek herinner aan alles wat God al vir hulle gedoen het en bemoedig hulle om hulle lewens opnuut aan God te wy.
Temas: in kort: Onthou – Gehoorsaam – Gee Aandag (neem kennis).
- Geskiedenis – God se beloftes en dade in ons lewe gee ons hoop en moed vir die toekoms.
- Wette – Verbintenis tot God en Sy waarheid is nie outomaties nie, dis elke persoon se eie verantwoordelikheid om op God se oproep te reageer.
- Liefde – God se liefde is die fondasie van ons geloof in Hom. Hy bewys Sy trou deur Sy liefde.Dit bring verlossing en respek en eer vir God.
- Keuses – Om God te volg het voordele (seën) en bevorder ons verhoudings. Verwerping van God se weë bring nadele.
- Bely en leer – Dit is belangrik om ons kinders te leer van God se waarhede, dit moet harts-kennis word nie net kop-kennis en tradiesies bly nie.
Inhoud:
- Wat God vir gedoen het en gaan doen. Moses Spreek die volk toe, die eerste maal. (Deut 1:1-4:43)
- Terugblik van wat God gedoen het en Israel se optrede.
- Vermanings
- Riglyne om heilig (Goddelik) te lewe. Moses spreek die volk toe die tweede maal. (Deut4:44-28-68)
- Tien Gebooie
- Liefde tot die Here jou God.
- Voorskrifte vir loof en prys van God.
- Voorskrifte om die volk te regeer.
- Voorskrifte vir verhoudings tussen mense.
- Gevolge van gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid (BeloftesDeut25:1-14 en vloeke Deut28:15-68)
- Verbond herbevestig. Oproep tot verbintenis met God. Moses spreek die volk toe vir die derde maal. (Deut29:1-30:20)
- Moses het ‘n beroep op die volk gedoen om God lief te hê. En Jesus het dit herhaal in Mat22:37-39.
- Verandering in Leierskap. Moses se laaste dae. (Deut 31:1-34:12)
- Moses se lewe was nie sonder foute en sonde nie, maar hy was getrou aan God en het in integrieit (eerlik en opreg) gelewe.
Gehoor: Die nuwe generasie Israeliete wat die beloofde land sal binne gaan.
Tydperk: Geskryf 1407/8 voor Christus. Die boek is oor ‘n 2 maande tydperk op die Moab vlaktes geskryf.
Beloftes in die eerste 5 boeke van die Bybel.
Beloftes: Gen3:15; Gen12:1-3; Eks15:26; Levitikus 26:11,12; Num6:24-26 (ook gebruik as ‘n seën); Deut28:1-14; (Daar is baie meer)
God se beloftes het nie ‘n verval datum nie. Al die beloftes staan vas en kan nie herroep word nie, maar meeste beloftes is gekoppel aan die nakomimng van voorwaardes.
2Kor 1:20 ‘Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.’ (AOV) (Rom15:8; Hebr13:8)
Die woord wat in 2Kor1:20 as ‘ja’ vertaal is, beteken eintlik in die Grieks definitief en die woord wat met ‘amen’ vertaal is, beteken beslis of so sal dit wees. Dus anders gestel lees die vers so: ‘Want hoeveel beloftes …..,in Hom is hulle ‘definetief’ en in Hom ‘beslis’, tot heerlikheid van God deur ons.’
Josua
Betekenis: Die Here is my verlossing
Skrywer: Josua, behalwe die laaste gedeelte wat moontlik deur die Hoë Priester opgeteken is. Josua was 85 jaar toe hy die volk begin lei het vir 25 jaar en 110 toe hy dood is.
Doel: Om die besetting van Kanaän, die beloofde land weer te gee.
Temas: Oorwinning en besetting
- Sukses – word nie bepaal deur die gemeenskap om ons nie. Sukses kom deur aan te pas by God se denkwyse en standaard.
- Geloofsverbintenis – is om God in alles te ken en erken, om in noue verhouding met Hom te leef. Dit bring doel en sin in ons lewens.
- Leiding – soos Josua se sterk leierskap, kom uit gehoorsaamheid en vertroue in God. Volg God se leiding getrou en presies.
- Toewyding – bring oorwinning. Om God te gehoorsaam vra toewyding, entoesiasme en liefde. Ons moet elke aspek van ons lewe vir God gee en Hom vertou om ons te lei. (laat elke asemteug tot Sy eer wees.)
Inhoud:
A. Trek die beloofde land binne (Josua1:1-5:12)
- Josua lei die volk.
- Deurtog deur die Jordaan
B. Neem die land in besit (Josua5:13-12:24)
- Aanval op die Middel van die land – Jerigo, Ragab, Ai, altaar op Ebal en wet voorgelees.
- Aanval op die suide van die land
- Aanval op die noorde van die land
- Oorsig oor die oorwinnings behaal.
- Verdeeling van die land (Josua13:1-24:33)
- Die stamme ontvang hulle grond.
- Spesiale stede benoem.
- Stamme van oostelike deel keer terug na hulle huise.
- Josua se dood
Gehoor: Israeliete
Tydperk: Onseker, ongeveer 1451-1475 voor Christus. ‘n 25 jaar tydperk, van Moses se dood tot Josua se dood.
Interessante feit: Joshua en Kaleb was die enigste Israeliete wat Egipte verlaat het en die beloofde land binne gegaan het.
Rigters
Betekenis: Leier, regeerder.
Skrywer: Priesters het die gebeure opgeskryf. Samuel het moonlik van die geskiedenis opgeteken.
Doel: Ontrouheid aan God is sonde en dit lei tot ellende, maar vergiffenis is beskikbaar en verhoudings met God kan herstel word.
Temas: Aan wie jy jou onderwerp, dié sal jy dien. (Rom6:16) God straf nie met ellende nie, maar as jy sonde saai, sal jy ellende oes. Rig17:6 – geen leiding – almal doen wat hulle wil en dwaal so weg van God.
- Agteruitgang en Toegewings maak – Wanneer rigters sterf het die volk moreel verval. Die wêreld het baie tydelike pryse wanneer ons toegewings (compromise) in ons geloof maak. Volg God se voorskrifte getrou en Hy sal jou beloon.
- Verval en Afvalligheid – Verval en afvalligheid kom wanneer ons enige iets hoër ag as God. Hou jou oë op Jesus (Hebr12:2), Hy het eerste reg op ons lewens en begeertes.
- Neerlaag en Onderdrukking – Ongehoorsaamheid aan God lei tot rebellie en verwoesting (gemors) en ons oes wat ons gesaai het.
- Berou – Beteken, sien jou sonde (fout), besluit om dit reg te stel en draai weg van dit af, terug na God toe.
- Redding en Helde – Telkens wat Israel berou getoon het en die verkeerde weg afgelê het, het God ‘n verlosser (held) gestuur.
Inhoud:
A. Verowering van die land (Rig1:1-3:6)
- Verowering van die land is onvolledig (1:1-1:36)
- Bokin, ongehoorsaamheid en neerlaag (2:1-5 – 3:6)
B. Redding en Rigters (Rig3:7-16:31)
- Otniël (3:7-7:11)
- Ehud en Samgar (3:12-31)
- Debora en Barak (4:1-5:31)
- Gideon (6:1-8:35)
- Abimelek (9:1-57)
- Tola, Jaïr en Jafta (10:1-12:7)
- Ibsan, Elon en Abdon (12:8-15)
- Simson (13:1-16:31)
C. Morele Verval van Israel (Rig17:1-21:25)
- Miga se Afgode – Stam van Dan. (17:1-18:3)
- Gebeure in Gibea, Oorlog teen Benjamin (19:1-21:25)
Gehoor: Die volk Israel.
Tydperk: Van Joshua se dood tot Samuel begin optree. Dis ‘n tydperk van 450jaar. (Hand13:17-20)
Rut
Betekenis: Vriend. Geestelik betekenis – Rut is ‘n simbool van blywende lojaliteit, toewyding en liefde.
Skrywer: Onbekend, moontlik ‘n priester. Oorlewering en tradisionele stories sê dis Samuel.
Doel: Verlossings verhaal van Boas wat Rut se losser word, dis ‘n prentjie van ons verlossing deur Jesus. Die boek is die verhaal van drie mense wat getrou bly in karakter, aanmekaar en God, selfs wanneer die gemeenskap (wêreld) om hulle verval.
Temas: Genade en verlossing is vir almal. Rut, was nie ‘n Jood nie, tog is sy deel van Jesus se geslagsrigister.
- Getrouheid:- Rut se getrouheid aan Naomi is ‘n goeie voorbeeld van liefde, lojaliteit en getrouheid. Dis ‘n voorbeeld van God se getrouheid en liefde wat ons kan uitleef aan die om ons.
- Goedheid:- Rut was goed vir Naomi, Boas was goed vir Rut tot voordeel van hulle al drie. Christus se liefde en goedheid het vir ons die prys betaal, sodat ons die ewige lewe kan hê.
- Integriteit :- Rut se hoë morele waardes en lojaliteit aan Naomi, die aflê van haar land se gebruike en harde werk, getuig van haar integriteit. Boas se morele standaarde en eerlikheid en deurvoering op sy verbintenis, getuig ook van integriteit. Ons optrede behoort ook die integriteit van God se getrouheid en goedheid aan die wêreld te wys.
- Beskerming:- Ons sien God se omgee en beskerming in Naomi en Rut se lewens. God het hulle veilig terug gebring Juda toe, sodat Sy doel vir hulle vervul kon word. Ons hoop is in God, Sy bronne en planne is hoër as wat ons kan bedink.
- Seëninge:- Naomi en Rut was arm weduwees wat terug gegaan het na Betlehem toe. Hulle het nie net finansiële seëninge ervaar nie, maar ook in hulle verhoudings die seën van liefde en respek ontvang.
Inhoud:
- Rut bly getrou aan Naomi – Rut1:1-22
- Rut tel graan op van Boas se land – Rut2:1-23
- Rut volg Naomi se raad – Rut3:1-18
- Rut en Boas trou – Rut4:1-22
Gehoor: Die Israeliete
Tydperk: ‘n Tydperk van ongeveer 10 jaar, gedurende of na die tydperk van die rigters. Bronne verskill baie, met datums van 1375 tot 1035 voor Christus.
1 Samuel
Betekenis: God het gehoor, God hoor of van God gevra.
Skrywer: Waarskynlik Samuel of hy het die inligting gegee, maar die profete Natan en Gad volgens 1Kronieke29:29 het vanaf 1Sam25 geskryf.
Doel: Om die lewe van Samuel weer te gee – Israel se laaste rigter; Die heerskappy en val van Saul die eerste koning; Die verkiesing en voorbereiding van Dawid as opvolger van Saul.
Temas:
- Heerskappy – Priesters, rigters, koningskap – Israel se probleme kon nie deur menslike leiers opgelos word nie. God verlang opregte toewyding van elke persoon, hart en siel.
- God as leier – Israel was voorspoedig solank hulle op God vertrou het.
- Leierskap – God lei leiers, en hulle toegewydheid aan God bepaal hulle sukses in elke opsig van hulle lewens.
- Gehoorsaamheid – Gehoorsaamheid is beter as offerhande (1Sam15:22) – God verlang volkome toewyding in alles.
- God se getrouheid – God kom in liefde en genade al Sy beloftes aan Israel na, ook aan ons. Wanneer ons opstandig, rebels en ongehoorsaam is, nooi ons moeilikheid in ons lewens in.
Inhoud:
A. Eli en Samuel (1Sam1:1-7:17)
1.Samuel se geboorte, kinder jare en Eli se seuns.
B. Samuel en Saul (1Sam8:1-15:35)
- Saul word die koning van Israel
- God verwerp Saul se ongehoorsaamheid C. Saul en Dawid (1Sam16:1-31:13)
Gehoor: Die Israeliete.
Tydperk: Van Samuel se geboorte tot Saul se dood – ‘n tydperk van ongeveer 150 jaar. 1105 -1010 voor Christus.
2 Samuel
Betekenis: God het gehoor, God hoor of van God gevra.
Skrywer: Onbekend, vermoedelik Natan volgens 1Kon4:5, en ook Natan en Gad volgens 1Kronike29:29
Doel: 1) om die geskiedenis van Dawid se regering aan te teken. 2) om effektiewe leierskap onder God uit te wys. 3) om te bewys een persoon kan ‘n verskil maak. 4) om die karaktereienskappe wat God plesier te wys. 5) Dawid as ‘n goeie leier wat ook foute het.
Tema:
- Koninkryk Groei – Israel het vinnig gegroei onder Dawid se leierskap. God voorsien altyd aan die wat Hom liefhet en Sy beginsels eerste stel. God se werk gedoen op God se manier, sal nie ‘n tekort aan wysheid en energie ervaar nie.
- Persoonlike Sukses – Dawid se gewildheid en invloed in Israel het baie toegeneem. God se goedheid en guns was met hom en hy het dit gebruik om die volk op te lig en tot groot hoogtes te neem.
- Geregtigheid – Dawid se lewe getuig van sy geloof, regverdigheid, goedheid en optredes wat reg is, soos teenoor Saul se familie en sy vyande. Dawid was egter nie perfek nie, maar die goeie dinge het hoop geskep vir ‘n hemelse koninkryk in Christus wat ewig geregtigheid sal bring.
- Gevolge van Sonde – Dawid het sy plig as leier nie genoeg geag om saam met die manne te gaan veg nie. Dit het gelei tot verveeldheid en sonde. Versoekings is groter wanneer ons ons doel vergeet (fokus verloor). Sonde veroorsaak ‘n rippel-effek wat meer mense beinvloed as wat ons kan dink.
- Getrouheid op alle vlakke – Dawid se lewe wys sy getrouheid op sekere vlakke van sy lewe, maar ook swakheid in ander gevalle. Sonde kan nie goed gekeer word nie, maar die sondaar moet ons meelewendheid en liefde ervaar en terwyl die sonde afgekeur word.
Inhoud:
A. Dawid se Suksesse (2Sam1:1-10:19)
- Dawid koning oor Juda
- Dawid Koning oor Israel
- Dawid oorwin die buurlande
B. Dawid se Probleme (2Sam11:1-24:25)
Gehoor: Die kinders van Israel
Tydperk: Ongeveer 930 voor Christus, na David aan bewind was en in die tyd wat Salomo aanbewind was is die boek geskryf.
1 Konings
Betekenis: Die boek handel oor die konings wat Israel regeer het. (1 en 2 Konings was oorspronklik een boek.)
Skrywer: Onbekend, waarskynlik ‘n groep profete.
Doel: Die kontras van die lewens van die wat lewe vir God en die wat weier om so te lewe deur die geskiedenis van die konings van Israel en Juda.
Tema:
- Leiers – Wysheid, mag en prestasie is van God. Mense kan nie uitstaande wees sonder God nie. Effektiwe leiers maak staat op God en gehoorsaam Hom.
- Die Tempel – ‘n Pragtige plek van aanbidding, beteken nie dat diep aanbidding gewaarborg is nie. God wil in ons harte woon, nie in ‘n gebou nie.
- Afgode – Afgodery lei tot koue harte, magsbeheptheid, seksuele verval. Ons word wat ons aanhang, (slawe van word).
- Profetiese Woord – Die Bybel, profetiese woord en waarheid moet met respek hanteer word. Moet dit nie ignoreer, weerspreek of verwerp nie.
- Sonde en bekering – Leiers kan wegdraai en bekeer van verkeerde weë, God hoor en vergewe ons wanneer ons Hom opreg vertrou.
Inhoud:
A. Die Verenigde Kononkryk (1Konings1:1-11:43)
- Salomo word koning
- Salomo se wysheid
- Salomo bou die tempel
- Salomo se rykdom, mag en val.
B. Die Verdeelde Koninkryke (1Konings12:1-22:53)
- Skeuring
- Konings van Israel en Juda
- Elia
- Verdere konings van Israel en Juda
Gehoor: Die nasie, Israel.
Tydperk: Van die dood van Dawid. Die begin van Salomo tot Jerobeam 2. ‘n Tydperk van ongeveer 970 – 853 voor Christus. Saamgestel of opgeskryf ongeveer 560 tot 540 voor Christus.
2 Konings
Betekenis: Die boek handel oor die konings wat Israel regeer het. (1 en 2 Konings was oorspronklik een boek.)
Skrywer: Onbekend, waarskynlik ‘n groep profete.
Doel: Die boek wys die gevolge wanneer jy God nie jou ware leier maak nie.
Tema:
- Elisa – Die wonders wat deur Elisa gedoen is, is ‘n bewys van God se belangstelling in alles waarmee ons besig is.
- Afgoddery – Sonde moet vermy word, sonde lei ons weg van God af. Dit verskuif ons fokus en word gode wat meer tyd en aandag as God kry in ons lewens. Ons moet sulke versoekinge weerstaan.
- Goeie en Slegte konings – Geen konings van Israel en slegs ongeveer 20% van Juda se konings het gedoen wat reg was in God se oë. Die meerderheid is nie altyd reg nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid vir ons eie doen en late. Ons is self verantwoordelik om God en Sy woord te ken en te gehoorsaam.
- God se Geduld – God het die volk baie geleenthede gegee om te luister en weg te draai van die verkeerde pad en om in Hom te glo. Iewers raak ons geleenthede op en dra ons die gevolge van ons ongehoorsaamheid en onwilligheid.
- Oordeel – Die gevolge om God se riglyne en doel vir ons te verwerp is erenstig. Hy ignoreer nie verwerping (ongeloof) en rebellie nie. Ons moet glo in God en Jesus se opofferings en dood.
Inhoud:
A. Die Verdeelde Koninkryk (2Konings1:1-17:41)
- Elia en Elisa
- Konings van Israel en Juda
- Israel se ballingskap na Assirië
B. Die Oorlewende Koninkryk (2Konings18:1-25:30)
- Konings van Juda
- Juda se ballingskap na Babel
Gehoor: Die verdeelde koninkryk, Israel en Juda.
Tydperk: Saamgestel of opgeskryf ongeveer 560 tot 540 voor Christus.
Die jare waarin dit gebeur het, was ongeveer 753-586 voor Christus.
1 Kronieke
Betekenis: Om iets aan te teken, rekord hou, geskiedenis, storie.
Skrywer: Esra volgens Joodse oorlewering.
Agtergrond: Kronieke is geskryf met God se uitkyk op gebeure. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die boeke van Samuel, Konings en Kronieke want dit handel oor die selfde tydperk se gebeure, maar dis met ‘n ander uitkyk geskryf.
Doel: Om te leer dat ware aanbidding (worship) aan God die middelpunt van elkeen se lewe en ook van die volk moet wees. Om die volk te verenig deur hul verbintenis met Dawid en hul geslagsrigister.
Tema:
- Israel se Geskiedenis – Israel se geskiedenis word hervertel deur hulle geslagsrigister en hulle konings se stories. Die skrywer lê die ware geestelike fondasie vir die volk, om hulle op te bou, na die ballingskap. Hierdeur sien hulle en ons dat God getrou is en Sy beloftes nakom.
- God se Mense – Deur die geslagsrigister en verlede van Israel, lê God hulle ware erfenis neer. Van Adam, Abraham, priesters onder Levi en koningskap van Dawid, wys dat hulle ‘n nasie met ‘n geestelike eenheid is en waarop hulle kon bou na ballingskap. God was altyd daar vir hulle en sal ook altyd daar wees vir ons.
- Koning Dawid – Dawid se toewyding aan God, die wet, tempel, aanbidding, die volk en geregtigheid het ‘n standaard gestel vir die kinders van God se koninkryk. Jesus sal kom regeer as Koning oor die hele wêreld. Jesus is ons hoop. Ons kan reeds nou al God se koninkryk ervaar, deur Christus volle beheer oor ons lewens te gee.
- Ware Aanbidding (Worship) – Dawid het die Verbonds Ark terug gebring Tempel toe en sodoende die aanbidding van die volk aan God herstel. Vandag is ons harte, die tempel waarin God woon, wanneer ons God erken as ons Koning wat ons lewens regeer, dan vind daar ware aanbidding (worship) plaas.
- Die Priesters – Die priesters is deur God aangestel om aanbidding te lei. Ware aanbidding kan net gebeur as ons ‘n besliste standpunt in neem om God se Woord te volg. Ons dien nou – as mekaar se priesters en moet mekaar aanmoedig tot getrouheid aan God.
Inhoud:
A. Geneallogie (geslagsrigister) van Israel (1Kronieke1:1-9:44)
- Voorgeslagtevan Israel
- Die stamme van Israel
- Terugkeer uit Babilon
B. Dawid se Heerskappy. (1Kronieke10:1-29:30)
- Dawid word Koning oor die hele Israel.
- Dawid Bring die Ark Jerusalem toe.
- Dawid se Oorloë.
- Dawid se Voorbereidings vir die Bou van die Tempel.
Gehoor: Die Jode wat uit Babilon van ballingskap terug gekeer het.
Tydperk: 450-430 voor Christus geskryf. Dis die herskryf van gebeure met die volk Israel van die jare 1000-960 voor Christus.
2 Kronieke
Betekenis: Om iets aan te teken, rekord hou, geskiedenis, storie.
Skrywer: Esra volgens Joodse oorlewering.
Agtergrond: Kronieke is geskryf met God se uitkyk op gebeure. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die boeke van Samuel, Konings en Kronieke want dit handel oor die selfde tydperk se gebeure, maar dis met ‘n ander uitkyk geskryf.
Doel: Om die volk te herenig deur ware aanbidding (worship) van God. Die goeie konings se toewyding aan God is in hul hervormings te sien, maar die slegte konings se dade het tot hulle ballingskap gelei.
Tema:
- Tempel – Die tempel was dié geestelike plek waar God teenwoordig was en aanbid is. Vandag vergader ons in kerke om gemeenskap met die heiliges (gelowiges) te hê. Daar, saam met mede gelowiges, ervaar ons God se teenwoordigheid soos ons dit nie alleen kan ervaar nie. Ons is die liggaam van Christus wat God se tempel is (1Kor3:16; 1Kor6:19).
- Vrede – Vrede is die gevolg van die mense se eenheid en lojaliteit tot God. Israel se getroueheid aan God was die sleutel tot vrede en oorlewing as ‘n volk. Dis nog steeds ons gehoorsaamheid, as ‘n volk en enkelinge wat vrede bring.
- Gebed – Net soos in die jare van Israel se konings, antwoord God nog steeds gebede en kom Sy beloftes na, wanneer die volk Hom in nederigheid soek en weg draai van hulle sonde en tot God bid. Bid gedurig, stel God eerste in alles, en Hy sal ons lei en beskerm.
- Herlewing – Ons moet onsself gedurig daartoe verbind om God te gehoorsaam en te dien, ons kan nie op iemand anders se dade ry nie (veilig / gered wees nie). Ons is verantwoordelik vir onsself maar ook vir ons gemeenskap waarin ons leef. Herlewing sluit in die afbreek van afgode en ongehoorsaamheid aan God.
- Nationale Verval – Ons ongehoorsaamheid mag dalk nie dieselfde wees as Israel sin nie, maar ons verbintenis is nie altyd volledig en ernstig nie. Ons geestelike en morele verval is net so ernstig soos Israel sin, wanneer ons vergeet dat alles wat ons is en het, van God af kom. Wat ons het, is nie deur ons eie toedoen nie. (Deut8:18)
Inhoud:
A. Die Bewind van Salomo (2Kronieke1:1-9:31)
- Salomo Vra vir Wysheid
- Salomo Bou die Tempel
- Salomo se Toespraak en Gebed vir die Tempel
- Salomo se Rykdom en Wysheid
B. Koninkryk van Juda (2Kronieke10:1-36:23)
- Die Noordelike stamme (10 stamme – Israel) se Opstand
- Die Geskiedenis van Afvalligheid en Hervorming
- Juda se ballingskap na Babilon
Gehoor: Die Jode wat uit Babilon van ballingskap terug gekeer het.
Tydperk: 450-430 voor Christus geskryf. Dis die herskryf van gebeure met Israel van 970-586 voor Christus, van Salomo se heerskappy tot die ballingskap na Babilon begin het.
Esra
Betekenis: Help of helper.
Skrywer: Waarskynlik Esra. Die boek volg op 2 Kronieke waar ballingskap begin het en nou keer die Judeërs terug na Jerusalem na die ballingskap.
Doel: Om God se getrouheid te bewys en hoe God Sy beloftes na kom.
Tema:
- Jode keer terug – Dat die Jode teruggekeer het na Jerusalem wys dat hulle aan God glo. God is genadig en sal Sy mense herstel, maak nie saak wat jou ‘gevangenisskap’ behels nie. God is altyd naby ons.
- Toewyding hervat – Daaglikse offers en jaarlikse feeste is weer ingestel met die bou van die altaar en tempel. Net soos hulle, hulle verbind het tot aanbidding van God en geestelike groei, moet ons, ons ook verbind tot aanbidding en geestelike groei in Chtistus.
- Teenstand – Teenstand het gekom kort nadat die altaar en die fondasies vir die tempel gebou was. Die vyand sal altyd probeer om die werk van God te stop of te vertraag. Dit is dan die tyd om seker te wees van God se opdrag en nie te twyfel nie. God het altyd ‘n plan, ‘n weg, om sulke teenstand en sal jou lei met wysheid en krag om sy opdrag uit te voer.
- God se Woord – Met die terugkeer na Jerusalem, het die mense ook teruggekeer na God se woord toe, wat weer God en Sy woord en die invloed daarvan in hulle lewens gebring het. Hulle was bemoedig deur Haggai en Sagaria die profete en Esra se skifgebaseerde predeking het hulle opgebou in geloof. Hierdie dinge is die basis(fondasie) vir ons geloof, dit waartoe ons ons verbind.
- Geloof en Aksie – Israel se leiers het hulle aangemoedig om die temple te voltooi. Die sonde van huwelike met heidene en hul afgodediens, is verwyder en hul geloof herbevestig. Wanneer ons God vertrou met ons lewens en harte, vereis dit ook aksie, die uitleef van ons geloof binne God se riglynne.
Inhoud:
A. Die terugkeer gelei deur Serubbabel (Esra1:1-6:22)
- Die eerste groep bannelinge keer terug na Jerusalem.
- Die tempel word herbou.
B. Die terugkeer gelei deur Esra (Esra7:1-10:44)
- Die tweede groep bannelinge se terugkeer.
- Esra staan ondertrouery teen.
Gehoor: Die Judes-bannelinge wat na 70 jaar teruggekeer het na Jerusalem.
Tydperk: 475 voor Christus geskryf oor die gebeure van 538-450 voor Christus.
Nehemia
Laaste van die historiese boeke, en ‘n tydgenoot van Maleagi.
Betekenis: Troos van die Here
Skrywer: Moontlik Esra aangesien Esra en Nehemia oorspronklik een boek was . Nehemia kon ook geskryf het aangesien dit in die eerste persoon geskryf is.
Doel: Vertel die geskiedenis van die bou van die mure van Jerusalem na die derde groep terugkeer uit ballingskap.
Tema:
- Visie – Die tempel was reeds herbou, maar die mure van Jerusalem nie. God het dit in Nehemia se hart die begeerte en visie geplaas om die mure op te bou. God plaas nog steeds begeertes en visies in ons harte om Sy kinders te help.
- Gebed – Nehemia het die probleem geïdentifiseer, gebid en dan opgetree. Gebed is God se magtige krag om ons probleme op te los en Sy wil te doen.
- Leierskap – Nehemia is ‘n besonderse leier, ook geestelik. Hy het deeglik beplan, in spanne gewerk, probleme opgelos en mense bemoedig om vol te hou met die werk. Om ‘n leier te wees in God se koninkryk gaan nie oor jou nie. Luister na God en doen Sy opdragte.
- Probleme – Wanneer konflik, dreigemente en vrees kom is dit ons keuse of besluit om ontmoedig te word. Ons moet nie probleme vermy nie, maar met God se leiding dit uitsorteer.
- Belydenis – Om sonde te erken is nie genoeg nie, ons moet aksie neem en reg maak wat verkeerd is. Dit is nie net goed om te bekeer van sonde nie, God wil die middelpunt van jou lewe wees.
Inhoud:
A. Die Muur word Herbou (Nehemia1:1-7:72)
- Nehemia kom terug Jerusalem toe.
- Nehemia Lei die Mense
B. Hervorming van die Mense (Nehemia7:73 – 13:31)
- Die verbond word herbevestig
- Nehemia stel riglyne vas
Gehoor: Die wat teruggekeer het uit ballingskap uit Babelonië.
Tydperk: Geskryf 445-432 voor Christus. Handel oor die derde groep wat teruggekeer het in ongeveer 445 voor Christus.Dis ongeveer ‘n 25 jaar tydperk.
Ester
Ester is ‘n Persiese naam, in Hebreews was haar naam Hadassa.
Betekenis: Ster in Persies en mirte (plant) in Mediaans.
Interesantheid: Nêrens in die boek word God genoem nie. (ANV 83, NLV en Bybel in Praktyk, het God in, geen ander vertaling het dit nie. Hierdie 3 vertalings gee die begrip en nie die presiese woorde nie. Ester9:31)
Skrywer: Onseker, moontlik Mordegai (Ester9:29)
Doel: Om die Here se almag en Sy beheer oor wêreldgebeure uit te wys.
Tema:
- God is Soverein – Soverein (dit beteken God is van die hoogste orde of beheer, maar nie soos in ‘n diktator styl nie.) Ester vertel van die omstandighede van die Jode in die tydperk en hoe God mense gebruik om Sy volk te red. Ons kan met vertroue op God staatmaak om ons te help in alle omstandighede. God het altyd ‘n uitweg of plan wat werk vir Sy kinders.
- Haat – Haman se hooghartigheid en trots het hom gedryf om meer mag te bekom, ongeag wat en wie in die slag sal bly. Dit het haat geword teenoor Mordigai en die Jode. Elke mens is belangrik vir God, want Hy het almal geskape na Sy beeld. Jesus se liefde en opofferings op die kruis leer ons om almal te respekteer en te vergewe.
- Vrystelling – God het Ester gebruik om Sy volk te red. Hulle vier dit met die Purimfees. God word nie verras deur mense se aksies nie, Hy is altyd gereed met ‘n plan teen/rondom die booshede van die wêreld.
- Aksie – Toe dood vir hulle en hul mense bedreig, het Mordigai en Ester hulle eie vrese op sy gesit en manmoedig aksie geneem, ten spyte van die gevolge, soos hulle gedink het God hulle lei.
- Wysheid – Die Jode was in die minderheid in ‘n ongelowige omgewing, dit het wysheid geneem om reg op te tree in so ‘n omgewing en steeds met opregtheid en integriteit te leef. Wysheid hier beteken om in die omstandighede steeds met respek, opregtheid en nederigheid op te tree teenoor die leiers, selfs as jy moet staan teen verkeerde dinge.
Inhoud:
Ester word Koningin (Ester1:1-2:23)
Die Jode word Bedreig (Ester3:1-4:17)
Mordigai en Ester Tree In vir die Jode (Ester5:1-8:17)
Die Jode Verdedig Hulself (Ester9:1-10:3)
Gehoor: Die mense van Israel.
Tydperk: Ongeveer 470 voor Christus, Ester het koningin geword 479 voor Christus
Job
Betekenis: Vyand of vervolgde.
Skrywer: Onbekend, waarskynlik Elihu, geskryf in eerste persoon. Moses word ook genoem.
Interessant: Job was moontlik van die eerste boeke wat geskryf was. Dis ‘n digterlike boek en is die eerste van die digterlike boekgroep. Die boek bestaan hoofsaaklik uit mense se opinies. Ons moet dus versigtig wees wat ons uit die boek as God se mening gebruik. God praat slegs in 4 hoofstukke (Job38-41) en enkele verse in Job1.
Doel: Job spreek die probleem van swaar kry aan en gee ons insig in die werking van die geestelike realm en die vyand.
Tema:
- Lyding – Ons verstaan nie altyd waarom ons swaar kry nie, feit is ons leef in ‘n gevalle wêreld waar dinge nie, is soos ons dink dit behoort te wees nie. Goeie en slegte mense gaan almal een of ander tyd deur moeilike tye. Die wat God liefhet is nie uitgesluit van probleme nie. Probleme dryf ons nader aan God.
- Vyand se Aanvalle – In die boek, Job sien ons dat die vyand ‘n skeuring in Job se verhouding met God wil veroorsaak. Ons het Jesus wat vir ons ‘n Nuwe Verbond kom bevestig het, iets wat Job nie gehad het nie. Wanneer ons in ‘n verhouding met God staan, sal ons gou die aanslae van die vyand raak sien en kan teenstaan. Jesus het die vyand en die dood oorwin en ons is vrygekoop, die vyand het geen reg op ons nie.
- God se Goedheid – God het Jesus in ons plek laat lei en sterf. Ons is duur gekoop. Dit het vir ons sekere regte beskikbaar gemaak. Ons het outoriteit wat ons moet gebruik, maar as ons dit nie weet nie, kan ons dit nie gebruik nie.
- Hoogmoed – God spreek Job se vriende aan oor hul hoogmoed en arrogansie. Ons het nie volle insig en kennis nie. Ons moet versugtig wees om nie mense te oordeel, terwyl ons nie alles weet of verstaan nie, dit is hoogmoed.
- Vertroue – Ten spyte van wat alles met Job gebeur het, het hy sy fokus op God gehou en nie getwyfel in God nie. Dit is slegs moontlik as ons ‘n stewige fondasie het waarop ons geloof gebou is, ‘n seker wete dat God vir ons is en nie teen ons is nie. Rom8:31
Inhoud:
A. Job word getoets (Job1:1-2:13)
B. Drie vriende antwoord Job (Job3:1-31:40)
- Job begin die gesprek (Job3:1-26)
- Eerste gespreksiklus (Job4:1-14:22)
- Tweede gespreksiklus (Job15:1-21:34)
- Derde gespreksiklus (Job22:1-31:40)
C. ‘n Jong man antwoord Job (Job32:1-37:24)
E. Job se situasie word herstel (Job42:1-17)
Tydperk: Daar is meldings in die boek wat dit terug dateer na die tyd voor Abram, tussen Gen10 en 12, beslis voor Moses, want die wet word nie genoem nie. Waarskynlik tussen 2000 – 1800 voor Christus. Geskryf moontlik teen 1400 voor Christus.
Psalms
‘n Boek wat saamgestel is uit verskillende mense se werk
Betekenis: Heilige lied of psalm.
Skrywers: Skrywers en die aantal wat hulle geskryf het. Dawid 73; Asaf 12; Koragiete 9; Salomo 2; Herman (saam met Koragiete, Etan,en Moses 1 elk; Anoniem (onbekend) 51. In die Nuwe Testament word Ps2 en Ps95 aan Dawid as die skrywer gereken volgens Hand4:25 en Hebr4:7.
Doel: Om in digvorm uiting te gee aan aanbidding, lof en prys, en belydenis tot God.
Tema:
- Lofprysing – Psalms is om lofprysing aan God as ons Skepper, Onderhouer en Verlosser te bring. Lofprysing is om te erken, te waardeer en om dit uit te spreek en God te loof vir Sy goedheid en grootheid.
- God se Almag – God is almagtig en altyd betyds. God se mag is sigbaar in die skepping, geskiedenis en in Sy Woord. God is altyd gereed om ons te help, maar Hy kan nie iets doen wanneer ons dit nie oorgee nie. God is altyd by ons, ons het ‘n beter verbond (Jesus het ons kom verlos) as die mense in die Ou Testament (Verbond) gehad het met God.
- Vergiffenis – Baie Psalms is gebede wat handel oor vergifnis en hou niks terug nie. God ken ons en weet alles ivm ons lewens. Hy wil ‘n intieme verhouding met ons hê (net soos met Dawid, eerlik en opreg). Deur Jesus is ons vergewe! Om te vergewe is om te onthou wat Jesus vir ons gedoen het en is vir ons meer werd as vir die persoon wat deur ons vergewe word.
- Dankbaarheid – Ons is dankbaar teenoor God wat vir ons liefhet, omgee, help, versorg en genadig is. Hy lei beskerm en vergewe ons en voorsien ook in al ons behoeftes. Wanneer ons besef hoe voordelig ‘n verhouding met God is, hoe dankbaarder is ons teenoor Hom.
- Vertroue – God is getrou en regverdig, Hy gee ons vrede wanneer ons op Hom vertrou in alles en deur alles. Ons sien God se getrouheid deur die Bybel se geskiedenis, ons kan op Hom staatmaak in alles. (Ps146:3) God is teenwoordig in alles wat met ons en om ons gebeur.
Inhoud: Psalms is nie volgens onderwerpe gerangskik nie. Dit is interessant om die temas in elke deel van die boek met die 5 boeke wat Moses geskryf het te vergelyk.
Boek I: Psalms1-41:13 – Hierdie groep Psalms is hoofsaaklik deur Dawid geskryf en kom ooreen met Genesis. Die Psalms beskryf hoe die mens geskape is, in sonde verval het en die beloofde verlossing deur God.
Boek II: Psalms42:1-72:20 – Die groep Psalms is deur Dawid en die Koragiete geskryf en kom ooreen met Eksodus. Dit beskryf die verval en herstel van die volk.
Boek III: Psalms73:1-89:52 – Die groep is deur Asaf en afstammelinge geskryf en kom ooreen met Livietikus. Livietikus handel oor die tabernakel en God se heiligheid en die Psalms vertel van die tempel en God se heerlikheid in die tempel.
Boek IV: Psalms90:1-106:48 – Die groep is meestal geskryf deur onbekende skrywers en stem ooreen met Numeri en handel oor die verhouding tussen Israel en die nasies rondom Israel.
Boek V: Psalms107:1-150:6 – Die groep Psalms is ook meestal deur Dawid geskryf en kom ooreen met Deuteronomium. Dit handel oor God en Sy Woord en is aanbidding, lof en dank vir God en Sy Woord.
Gehoor: Die mense van Israel.
Tydperk: Geskryf tussen die tyd van Moses (ongeveer 1440 voor Christus) en die Babeloniese gevangeniskap (586 voor Christus).
Spreuke
Betekenis: Kort gesegde om Goddelike wysheid en moraliteit te leer.
Skrywer: Grootste deel is deur Salomo geskryf of saamgestel en Agur en Lemuel het van die latere dele geskryf.
Doel: Om mense te leer om ‘n lewe te leef wat getuig van moraliteit, wysheid, dissipline, regverdigheid en verstandigheid. Anders gestel, om ‘n lewe te lei wat goed is vir jou en ander, en God se goedkeuring sal hê.
Tema:
- Wysheid – Daar is 2 soorte mense; die wat dwaas, hardkoppig en sleg is en niks met God te doen wil hê nie en die wat wys is, soek God en is lief vir Hom. God gee wysheid aan die wat Hom soek en lei hulle om goeie besluite te neem.
- Verhoudings – Spreuke gee riglyne hoe om verhoudings te ontwikkel en vol te hou. Elke verhouding het liefde (Goddelik), toewyding en morele standaarde nodig om goed te ontwikkel en volgehou te word.
- Spraak – Wat ons sê en hoe ons dit sê, maak baie van ons bekend. Wat ons sê is belangrik (Spr18:21) en beïnvloed meer as net onsself, laat dit dus mooi en goed wees.
- Werk – Ons is verantwoordelik om ons werk deeglik en met toewyding te doen. (Kol3:23) Werk doelgerig, nie laks of net omdat dit ‘n opdrag is nie. Doen dit tot God se eer.
- Sukses – Alles wat ons is of het kom van God af. ‘n Verhouding met God en gehoorsaamheid, bring sukses op alle vlakke van ons lewens.
Inhoud:
A. Wysheid vir Jongmense (Spreuke1:1-9:18)
B. Wysheid vir Alle Mense (Spreuke10:1-24:34)
C. Wysheid vir Leiers (Spreuke25:1-31:31)
Gehoor: Die mense van Israel.
Tydperk: Die boek is in Salomo se tyd begin, 970-931voor Christus. Die voltooide boek, waarskynlik eers teen 400 tot 350 voor Christus.
Prediker
Skrywer: Salomo, volgens oorlewering. Kyk ook Predeker1:1
Doel: Om te verduidelik dat sonder God, alles nutteloos of sinneloos is.
Tema:
- Soeke – Ons almal is gebore met ‘n verlange (begeerte) na ons skepper. Dit is onmoontlik om sonder God geluk te vind. Soek God eerstens en die res sal aan jou gegee word. (Mat6:33)
- Leegheid – Leegheid is ‘n gevoel wat nie deur pret en plesier gevul word nie. Al wat die leë gevoel vul is om op God te fokus. Soek God in alles, elke asemteug, elke taak, elke gedagte. Alles wat eerstens tot God gerig word sal suksesvol en bevredigend wees.
- Talente en Werk – Ons ingesteldheid (attitude) is belangrik. Pak enige taak of opdrag aan asof dit direk van God af ontvang is. God gee ons insig, wysheid en die vermoë en geleenthede om dinge te kan doen. Gebruik die geleenthede goed en tot Sy eer.
- Dood – Ons aardse lewe is kort, ons liggaamlike dood is die gevolge van die sondeval in Eden. Wat ons hier op aarde gedoen het, sal oor geoordeel word. Deur ons geloof en vertroue in God, Jesus en Heilige Gees, het ons hoop op aarde en sekerheid waar ons geestelik sal wees na ons liggaamlike dood.
- Wysheid – Wanneer ons in God glo, rig en lei Hy ons. Hy het Sy Heilige Gees vir ons gegee wat in ons woon, ons moet net vra en gehoorsaam hoe om dinge te doen. (Jak1:5)
Inhoud:
- Aanloop (Prediker1:1-11)
- Versameling van algemene waarneming en praktiese raad (Pred1:12-8:17)
- Finale gevolgtrekking (Pred9:1-12:14)
Gehoor: Aan die tydgenote van die skrywer en almal wat dit lees.
Tydperk: 935 voor Christus, laat in Salomo se lewe.
Hooglied
Betekenis: Beste van die Liedere
Skrywer: Salomo.
Doel: Om te vertel van die liefde tussen ‘n bruidegom en sy bruid. Geestelike verwys die boek na die liefde van God vir Sy mense.
Tema:
- Seks – is God se geskenk en opdrag binne die huweliksverbinding wat deur God ingestel is. Kyk na Gen1:28 en Gen2:21-25. Die huwelik en huweliksgeskenk (seks) vra toegewyde verbinding. Dit het ‘n spesifieke doel en as dit nie verstaan word nie, word dit misbruik. Dis bedoel om binne die huwelik geniet te word en nie om wellus te bevredig nie.
- Liefde – is ‘n kragtige uitdrukking van gevoelens tussen ‘n man en ‘n vrou, en moet met die nodige erns benader word. Moet nie liefde voor die tyd ‘ryp druk nie’ (vorsseer).
- Toewyding (commitment) – Die krag van liefde het meer as gevoelens nodig om dit te beskerm. Die grense van ‘n huwelik bring daardie beskerming vir ons liefde. Romanse hou ‘n huwelik interessant, maar die toewyding aan mekaar maak die huwelik sterk. Die besluit om te trou, moet hierdie verbintenis in toewyding aanmekaar bevestig en die verhouding verstewig, reeds voor die huwelik.
- Skoonheid – is dieper as wat die oog kan sien. Liefde en lof moet oor meer as die uiterlike gaan, dit gaan oor die karakter-eienskappe van die persone betrokke – die toewyding, integriteit, morele waardes, erns en omgee, die dinge wat ewigheidswaarde het.
- Probleme – kom wanneer ons op onsself konsentreer eerder as op die geliefde. Hou God in die verhouding en hanteer probleme terwyl dit klein is en kommunikeer behoorlik.
Inhoud:
- Die Ontmoeting. (Hooglied1:1-2:7)
- Verhoudingbou. (Hooglied2:8-3:5)
- Verlowing. (Hooglied3:6-5:1)
- Haar Droom van haar geliefde. (Hooglied5:2-6:3)
- Hy prys sy bruid se skoonheid. (Hooglied6:4-7:9)
- Bruid se liefde. (Hooglied7:10-8:4)
- Krag van Liefde. (Hooglied8:5-14)
Tydperk: Ongeveer 971-931 voor Christus.
Jesaja
Betekenis: Verlossing van Jehova
Skrywer: Jesaja, die profeet. Die boek is geskryf in poësie (digterlik) en prosa (verhaal) vorm.
Doel: Om die nasie van Juda terug te bring na God toe en om te vertel van God se verlossingsplan deur die Messias.
Tema:
- Heiligheid – God is heilig, sonder sonde en daarom die enigste een wat ons van sonde kan verlos. Ons kan slegs heilig word deur in Jesus te glo en dit is in ons gees wat ons heilig is.
- Straf – Jesus het ons straf op Hom geneem, dit maak die wat in Jesus glo regverdig, vry voor God. (Rom5:6-10)
- Verlossing – kan sleg verkry word deur in Jesus te glo, niks wat ons doen sal ooit goed genoeg wees om ons vry te koop nie, sleg geloof (vertrou) in Jesus, sal vir ons verlossing verseker.
- Messias – is gestuur om te sterf vir ons sondes. Vertrou op Jesus Christus en laat Hy alleen in jou lewe heers.
- Hoop – Ons wegdraai van sonde en vertroue in Jesus bring hoop wat alle verstand te bowe gaan. (Filp4:6-7)
Inhoud:
A. Oordeel oor Israel en Juda (Jesaja 1-39)
- Profesië oor Juda en Jerusalem (Jes 1-12)
- Profesië van Oordeel oor die Nasies (Jes 13-23)
- Profesië van Wêreld Oordeel eindig in Israel se Verlossing. (Jes 24-27)
- Profesië van Oordeel en Genade (Jes 28-35)
- Inval en Verlossing van Juda (Jes 36-39)
B. Genade, Verlossing en Hoop (Jesaja 40-66)
- Isreal se vrylating deur Kores (Jes 40-48)
- Toekomstige Verlosser (Jes 49-57)
- Toekomstige Koninkryk (Jes 58-66)
Gehoor: Juda, Israel en die Nasies.
Tydperk: 700-681 voor Christus.
Interessantheid: In Jesaja kry ons ‘n interessante ooreenkoms met die Bybel, soos die Bybel 66 boeke het, het Jesaja 66 hoofstukke. Die eerste 39 boeke handel oor die Ou Testament en die OT het 39 boeke. Die volgende 27 boeke handel oor Jesus nes die Nuwe Testament wat ook 27 boeke het.
Jeremia
Betekenis: Sy naam beteken-Aangestel of begin deur God
Skrywer: Jeremia
Doel: Om te leer dat God se liefde onveranderd bly ten spyte van sonde en afvalligheid. God is die enigste God en om terug te keer na God is die oplossing vir probleme. (Jer2:19; Jer32:38,39)
Tema:
- Sonde – Sonde moet geheel en al verwyder word, gedeeltelik werk nie vir God nie. Wanneer sonde geïgnoreer word en nie na God se waarskuwings geluister word nie, nooi ons moeilikheid in. Sonde het steeds gevolge, dit verwyder ons van God en Sy seëninge vir ons. (Gal6:8 en Deut28:2)
- Straf – Sonde was die rede vir die ballingskap na Babilon, hulle het nie na God se waarskuwings geluister nie. Onder die nuwe verbond het Jesus ons straf vir ons gedra.
- God is Here van Almal – God is ons magtige skepper, wat ons lief het en net die beste vir ons het. Ons kan in onderdanigheid Sy liefde en outoriteit aanvaar.
- Veranderde Harte – God verander mense steeds deur hulle harte te verander. Sy liefde oorkom alle probleme, bely jou sonde en vertrou Christus se opofferings op die kruis vir jou. (Jer32:38-41)
- Getroue Diens – Jeremia was ongewild en sy boodskap was verwerp deur mense, maar hy was getrou aan God en was suksesvol omdat hy gedoen het wat God hom beveel het. Mense se goedkeuring moet nie ons standaard vir reg en verkeerd wees nie. Al staan ons alleen, maar ons weet ons is in God se wil en gehoorsaam aan God, dan is ons getrou aan God en suksesvol.
Inhoud:
A. God se Oordeel oor Juda (Jeremia1:1-45:5)
- Jeremia se Roeping
- Teregwysing van Juda se sondes.
- Profesië van Oordeel oor Juda
- Jeremia Blameer die Leiers van Juda
- Profesië van Herstel
- God se beloofde Oordeel
B. God se oordeel oor die Nasies (Jerimia46:1-52:34)
- Profesië oor die Nasies.
- Die val van Jerusalem
Gehoor: Juda en die wat terug gekeer het uit Babilon.
Tydperk: Tydens Jeremia se lewe, ongeveer 40 jaar in bediening, ongeveer 627-586 voor Christus.
Klaagliedere
(die Hebreeuse woord beteken ‘hoe’)
Betekenis: Rou-beklaag, of uitdrukking aan rou.
Skrywer: Jeremia
Doel: Om ongehoorsaam aan God te wees nooi moeilikheid in, maar God is altyd daar vir ons. Die boek is geskryf na Juda weggevoer is na Babilonië en Jeremia beskryf die hartseer oor die gebeure.
Tema:
- Ontnugtering – Alles is vernietig, afgebreek – alles is weg, hulle voel verlate, daar is geen toekoms nie. Volgehoue sonde bring verwydering van God. Erken en draai weg van sonde, terug na God toe. Hy wag vir ons met oop arms.
- God se Genade – God is getrou aan ons, al is ons nie. Hy is genadig vol liefde en gereed om te vergewe.
- Sonde se Gevolge – Sonde is die oorsaak van ellende en die vernietiging was die resultaat van hulle sonde. Vertrou op God, en nie op ons eie insigte nie. (Spr3:5,7)
- Hoop – God het uitkoms belowe en Jesus het gekom sodat ons ewige hoop kan hê. Jesus Christus se dood en opstanding en die belofte dat Hy weer kom, gee ons hoop vir die toekoms.
Inhoud:
- Jeremia treur oor Jerusalem. (Jer1:1-22)
- Die Here se woede oor sonde. (Jer2:1-22)
- Hoop in die verdrukking. (Jer3:1-66)
- Die Here se woede kom tot ‘n einde. (Jer4:1-22)
- Jeremia pleit vir herstel. (Jer5:1-22)
Gehoor: Die mense van Juda wat weggevoer was in ballingskap.
Tydperk: 586-587 voor Christus.
Interessantheid: Die boek is in akrostiese poësie (digterlike vorm) geskryf, wat met die letters van die alfabet (Hebreeuse) begin. Elke hoofstuk het 22 verse en die middelste, hoofstuk 3 het 66 verse (22×3).
Esegiël
Betekenis: Sy naam beteken – God maak Sterk
Skrywer: Esegiël. Hy was weggevoer na Babilon. Hy was ‘n priester en profeet, tydens die laaste deel van Jeremia se tyd.
Doel: Om God se oordeel aan te kondig oor Israel en ander nasies, en ook om die toekomstige verlossing van God se mense bekend te maak.
Tema:
- God is Heilig – God is moreel perfek. God skik nie vir iets minder as reg nie (verlaag nie standaard nie). Wanneer ons op God se grootheid fokus, gee Hy ons krag om sonde te oorkom en reflekteer ons Sy heiligheid.
- Sonde – Esegiël het die volk gewaarsku ivm hulle sonde as ‘n nasie maar ook elkeen ïndividueel. Ons is verantwoordelik teenoor God ivm ons sonde en die keuses wat ons maak. Ongehoorsaamheid is rebellie, kies eerder om God te volg.
- Herstel – Hulle was bemoedig deur die belofte wanneer hulle weg draai van sonde, dat God hulle Koning en Herder sal wees. Uit liefde is ons getrou aan God, nie oor wat ons van God kan kry nie.
- Leiers – Esegiël het die leiers aangespreek wat die mense verkeerd gelei het. Jesus is die perfekte leier. As ons wil hê dat Hy ons moet lei, dan moet ons toegewyd aan Hom leef. En in getrouheid, die lei wat aan ons gegee word om te lei, soos Hy opgeoffer het vir ons.
- Lofprysing – Die getroue volgelinge van God sal herstel word tot ‘n perfekte verhouding met God en mekaar.
Inhoud:
A. Boodskap van Ondergang (Esegiël1:1-24:27)
- Esegiël se roeping en opdrag
- Visies van sonde en oordeel.
- Straf is seker.
B. Boodskap teen die Nasies (Esegiël25:1-32:32)
C. Boodskap van Hoop (Esegiël33:1-48:35)
- Herstel van God se Mense
- Herstel van Lofprysing aan God
Gehoor: Jode in ballingskap.
Tydperk: Geskryf ongeveer 571 voor Christus.
Daniël
Betekenis: Sy naam beteken -God is my regter.
Skrywer: Daniël, ‘n uitstaande mens wat onberispelik (opreg) gelewe het in wysheid en kennis van God en in die Babiloniese regering diens gedoen het.
Doel: Om ‘n geskiedkundige verslag te gee van die getroue Jode wat in ballingskap was en te wys hoe God omgee vir Sy mense.
Tema:
- God is in beheer – God is alwetend en in beheer van wêreld gebeure. God sal goddelose leiers en koninkryke verwyder, maar sal die getroues wat Hom kies red. Christus se Koninkryk, sal die wêreldse konikryke vervang. Mat6:33
- Doel van die lewe – Daniël en sy vriende is voorbeelde van toewyding en vasstaan in hulle geloof ongeag die gevolge en druk. Dit is wys om slegs op God te vertrou en aan Hom gehoorsaam te wees. Dit is die ware doel van ons lewe en ons sal rigting en vrede ervaar ten spyte van omstandighede. Ons eerste verbintenis is aan God.
- Volharding – Daniël het nooit sy geloof in God verlaat of toegegee aan druk van die ongelowige regering wat hy vir 70 jaar moes bedien nie. Hy was deurentyd eerstens getrou aan God. Moet nie toelaat dat jou besondere Christen-karakter dof word nie. Bid aanhoudend, behou jou integriteit (eerlikheid, opregtheid) en dien God getrou waar jy is.
- God is Getrou – Daniël se lewe getuig van God se getrouheid in moeilike omstandighede. Vertrou God in alle omstandighede, Hy is getrou en sal ons nooit verlaat nie. Hebr13:5
Inhoud:
A. Daniël en sy vriende (Daniël1:1-6:28)
- Daniël in die Paleis
- Daniël verklaar Nebukadnesar se Droom.
- Daniël se Vriende en in die Vuuroond
- Nebukadnesar se droom van die Boom
- Skrif teen die Muur – Belsasar
- Daniel in die Leeukuil
B. Daniël se Visione (Daniël7-12:13)
- Diere wat uit die See kom.
- Skaapram en Bokram.
- Daniël se Gebed
- Profesië oor die Verbondsvolk en Eindtye
Gehoor: Die wat gevange was in Babilon, saam met Daniël.
Tydperk: Geskryf 536 voor Christus. Die boek dek die ballingskap van 73 jaar.
Hosea
Die gehoorsame profeet. (Eerste boek van die klein profete – korter boeke, nie minder belangrik nie)
Betekenis: Verlossing, redding of helper.
Skrywer: Hosea – Sy lewe en huwelik met ‘n ontroue vrou was ‘n beeld of getuie van God se getrouheid aan ‘n ongetroue volk.
Doel: Om God se troue liefde vir sondige mense uit te wys.
Tema:
- Israel se Sonde – Israel se afvalligheid was soos Gomer se ontrou aan haar man. Sy het ander liefdes na gejaag. Soek ons liefde in mag, geld, plesier, sport of erkenning. Die temptasies van die wêreld is baie verleidelik. Is ons lojaal en getrou aan God?
- God se Oordeel – Sonde het gevolge. Ondankbaarheid en opstandigheid lei tot rampe. God is die enigste ware toevlug en Sy arms is altyd oop vir ons, ongeag wat ons gedoen het. Jesus het ons sonde-skuldbetaal. God oordeel nie.(Joh5:22,27)
- God se Liefde – Soos Hosea sy vrou telkens terug gebring het so, wil God ons ook terugbring na Hom toe. God se liefde is getrou, lojaal, onverandered en ewig.
- Herstel – Ware belydenis van sonde open die pad na ‘n nuwe begin en vergiffenis. Daar is hoop, aanvaarding en herstel vir die wat terugkeer na God toe.
Inhoud:
A. Hosea se lewe illustreer God se verhouding met Israel. (Hosea1-3)
- Hosea se vrou is ontrou aan hom, soos Israel ontrou is aan God. (1-2)
- Hosea bring sy vrou terug, soos God Israel sal terug bring. (Hosea3)
B. Hosea verduidelik God se plan vir Israel. (Hosea4-14)
- Israel se afvalligheid (afgodediens) teen God. (Hosea4-7)
- Israel se straf. (Hosea8-10)
- God se liefdevolle dissiplinne. (Hosea11-13)
- God se belofte vir herstel. (Hosea14)
Gehoor: Eerstens vir Israel, die 10 stamme, ook vir Juda en vir alle tye.
Tydperk: 715 voor Christus geskryf. Dek die tydperk 753-715 ongeveer ‘n 60 jaar tydperk. Die langste van al die profete.
Joël
Betekenis: Jehova is God
Skrywer: Joël is die skrywer.
Doel: Om Juda te waarsku teen hulle sonde en om na God terug te keer voor die oordeel kom.
Tema:
- Straf – In die Ou Testament was God se straf soos ‘n sprinkaanplaag, alles was weggeneem van hulle, want hulle wou nie na die profete luister nie. Dank Vader God, dat Hy Jesus gestuur het om ons te kom verlos van ons sondige natuur. Ons is nou onder ‘n beter verbond.
- Vergiffenis – God was nog altyd lief vir die mense wat Hy geskape het en wil ‘n verhouding met ons hê. Hy wil dat ons moet weg draai van sonde en terug keer na Hom toe. Hy is lief vir ons en gereed om ons alles te vergewe.
- Belofte van Heilige Gees – In Joël2:28-29 word die Heilige Gees beloof. In die Ou Testament het Heilige Gees net in ‘n situasie ingekom vir die tyd wat dit nodig was. Eers na Jesus opgevaar het, is die Heilige Gees uitgestort in Handelinge2 op die gelowiges. Ons is in ‘n nuwe bedeling (verbond) waar die Heilige Gees in ons woon.
Inhoud:
A. God oordeel Juda (Joël1:1-2:27)
- Sprinkaanplaag gestuur. (Joël1:1-2:11)
- God roep Juda tot bekeering (Joël2:12-17)
- God belowe herstel na die sprinkaanplaag (Joël2:18-27)
B. Die dag van die Here (Joël2:28-3:21)
- God beloof die Heilige Gees (Joël2:28-29)
- Geleentheid tot bekeering (Joël2:30-32)
- God oordeel die Nasies (Joël3)
Gehoor: Juda, was die suidelike koninkryk.
Tydperk: Ongeveer 835-796 voor Christus.
Amos
Betekenis: Las of draer, (burden, carrier)
Skrywer: Amos, ‘n skaapwagter en versorger (kweker) van vye bome. Hy het in Juda gewoon.
Doel: Om God se oordeel oor Israel bekend te maak in verband met hul selfvoldaanheid, afgodediens en onderdrukking van die armes.
Tema:
- Almal sal voor God verantwoording doen – elkeen sal verantwooring doen oor hul doen en late.
- Selfvoldaanheid – Eie geregtigheid en vals sekuriteit, lei tot ‘n rampspoedige toekoms. Erken God as jou Voorsiener en wees dankbaar vir jou seëninge.
- Verdrukking van die armes – Rykes en diè met mag het die armes onderdruk en was wreed teenoor armes. Ons moet ongeregtighede stop en die in nood help versorg. (Mat10:40, 25:40)
- Oppervlakkige Godsdiens – Die mense was nie meer godsdienstig nie, maar het voorgegee om in God te glo. God wil ware opregte geloof, gehoorsaamheid, toewyding en ‘n verhouding met ons hê, nie niksseggende rituele nie.
Inhoud:
A. Oordeel aangekondig oor Nasies. (Amos1:1-2:16)
B. Redes vir Oordeel. (Amos3:1-6:14)
C. Visies van Oordeel. (Amos7:1-9:15)
Amos spreek sonde met erns aan. Hy bots met vals godsdienstige leiers en word nie deur priester of koning geïntimideer (weerhou van) nie. Hy lewer die boodskap sonder huiwering. God eis eerlikheid, goedheid, geregtigheid en regverdigheid (integriteit). Ons benodig Amos se moed om sonde teen te staan.
Gehoor: Israel, die noordelike koninkryk.
Tydperk: Waarskynlik geskryf tydens Jerobiam ll se regering, ongeveer 760-750 voor Christus.
Obadja
Kortste boek van die Ou Testament
Betekenis: Dienaar of aanbidder van die Here (Jehova)
Skrywer: Obadja
Doel: Om te wys dat God dié straf, wat Sy mense te nakom. Die Edomiete het telkens Israel (voor verdeling in 10 stamme, Israel, en 2 stamme, Juda) en later, Juda teen gestaan en beroof. (1Kon11:14; 2Kon8:22)
Tema:
- Geregtigheid – In die boek word oordeel oor Edom uitgespreek, maar ook seën oor Juda. Ons kan op God vertrou om geregtigheid te laat seevier.
- Hoogmoed – die Edomiete was selfvoldaan en hoogmoedig, maar het tot ‘n val gekom en as nasie verdwyn. Vertrou op God en nie in jou eie vermoens nie. (Spr3:5)
Inhoud:
A. Oordeel oor Edom (Obaja1:1-16)
B. Israel se Herstel (Obadia1:17-21)
Gehoor: Edom en Juda.
Tydperk: Waarskynlik gedurende Jeremia se bediening, 627-586 voor Christus.
Jer49:7-22 Jeremia het ‘n profesie aan Edom gelewer wat op dieselfde neer gekom het.
Jona
Betekenis: Duif
Skrywer: Jona, volgens oorleweringe.
Doel: Om God se genade vir alle mense te bewys en die boodskap van redding weer te gee.
Tema:
- God Gee Om – God het Jona ‘n opdrag gegee, Jona was onwillig en besluit om in ‘n ander rigting te gaan as waarheen God hom stuur. God bring hom terug om die mense van Nineve van hul sondige weë te laat wegdraai. Net so maak ons verlede nie saak nie, God gee steeds om en verwelkom elkeen wat na Hom toe kom.
- God se Liefde vir alle Mense – Jona het nie van die mense van Nineve gehou nie, oor hulle wreedhede, maar God het almal lief en wou hulle waarsku. God wil dat ons Sy liefde uitdra na die wêreld. (Mat28:18-20)
- Bekering – Nineve het berou getoon en weggedraai van hulle verkeerde lewenswyses. Hulle bekering het veroorsaak dat God afgesien het van die oordeel wat oor hulle sou kom. Ons sal wil weggedraai van sonde uit dankbaarheid vir God se genade en liefde.
- God se Genade – en liefde is vir almal. God vergewe almal ongeag hulle verlede, net soos vir Nineve. Jona het teensinnig gedoen wat God hom beveel het om te doen en was omgekrap omdat God hulle genadig was. Wanneer ons Jesus aanneem as ons redder, sal ons liefde ook vir ander toeneem.
Inhoud:
A. Jona se Opdrag en Ongehoorsaamheid (Jona1:1-2:10)
B. Jona Handel sy Opdrag Onwillig Af (Jona3:1-4:11)
Gehoor: al die mense van Israel
Tydperk: Ongeveer 772–754 voor Christus.
Miga
Betekenis: Wie is soos God? (Yahweh)
Skrywer: Miga , dis in klassieke Hebreuwse dig vorm geskryf. Drie dele wat elk met ‘Hoor’ of ‘Luister’ begin. (1:2; 3:1; 6:1)
Doel: God se waarskuwing en oordeel oor Israel en Juda word gegee, omdat hulle nie getrou aan God is nie.
Tema:
- Verdraaide Geloof – God sal vals profete, oneerlike en selfsugtige leiers oordeel. Om te probeer om jou eie selfsugtige begeertes met geloof te meng, is om jou eie verdraaide vals-geloof te vorm. Niks kan lojaliteit aan God vervang nie.
- Verdrukking – Miga het die val van alle nasies en leiers wat ander onderdruk profiteer. Niemand het daarteen gepraat of iets gedoen om die mense te help nie. God duld nie sulke onreg nie.
- Die Messias – Koning van Vrede – God het ‘n Verlosser belowe, eeue voor Christus gebore is om Sy mense te herstel. Elkeen van ons kan deel in God se plan. Jesus Christus het gekom soos belowe en Hy lei ons en het Sy outoriteit (mag) vir ons gegee sodat ons reeds nou God se vrede kan ervaar wanneer ons Hom aanvaar as ons Verlosser.
- Gee God Plesier – God begeer nie offergawes nie, Hy wil eerder liefde vir mekaar en gehoorsaamheid aan Hom sien. Opregte geloof in God bring vrugte van goedheid, omgee, geregtigheid en nederigheid aan almal om ons.
Inhoud:
A. Straf en Belofte (Miga1:2-2:13)
- Oordeel en die Oorsaak.
- Belofte van redding.
B. Hoop na Beproewing (Miga3:1-5:14)
- Oordeel oor Jerusalem.
- Hoop op hestel.
C. Genade en Liefde Oorkom Sonde (Miga6:1-7:20)
- Teregwysings.
- Hoop herstel.
Gehoor: Israel en Juda
Tydperk: 742-687 voor Christus. Hy het dieselfde tyd as Jesaia geprofeteer.
Nahum
Betekenis: Trooster, bemoediger.
Skrywer: Nahum
Doel: God se oordeel oor Assirië (Nineve) word aangekondig en Juda word bemoedig in hul verdrukking deur die Assiriës.
Tema:
- God oordeel – Arrogansie, teenstand en verwerping van God se mag (outoriteit). Vertrou God met alles en jy sal Sy beskerming geniet.
- God Heers – oor die aarde en almal daarop, of hulle Hom erken of nie. Slegs God kan ons red van enige vrese of onderdrukking.
Inhoud:
A. Die Here oordeel Nineve. (Nahum1)
B. Nineve Val. (Nahum2)
C. Geen herstel vir Assirië nie. (Nahum3)
Gehoor: Die mense van Assirië (Nineve) en Juda. Nineve het na Jona geluister en was gered van God se oordeel, maar het weer verval in hul ou gewoontes.
Tydperk: Ongeveer 663 tot 612 voor Christus
Habakuk
Betekenis: Omhels
Skrywer: Habakuk
Doel: Om God se oordeel aan te kondig en om mense aan te spoor om op God te vertrou.
Tema:
- Stryd en Twyfel – Habakuk sukkel om te verstaan waarom God klaarblyklik dinge toelaat en nie sonde straf nie. God antwoord sy vrae. God wil dat ons met Hom praat oor dit wat ons pla. Vertroue in God bring hoop.
- God se Sovereiniteit – Habakuk het gevra waarom God die Babaloniërs gebruik om Juda te straf, God sê dat Hy ook die Babaloniërs sal straf wanneer hulle Sy doel afgehandel het. God regeer en is regverdig.
- Hoop – God is almagtig en het ‘n plan en toekoms vir almal. Hy het ons lief, is ons sterkte en veilige plek vir ewig. Kennis van God bring hoop, vertroue, geluk en voorspoed reeds hier op die aarde.
Inhoud:
A. Habakuk se Vrae aan God en die Antwoorde. (Habakuk1-2)
B. Habakuk se Gebed. (Habakuk3)
Gehoor: Die mense van Juda, die suidelike Koninkryk.
Tydperk: Ongeveer 612-599 voor Christus geskryf.
Sefanja
Betekenis: Die Here het versteek of beskerm.
Skrywer: Sefanja
Doel: Om die volk Juda uit hul gemak-sone te haal en hulle te laat besef om na God toe terug te keer.
Tema:
- Die Dag van die Here – Is God se oordeel. Om die oordeel vry te spring moet ons na God luister en doen wat Hy sê. Ons moet Jesus aanvaar as ons verlosser en ten volle op God vertrou in alles.
- Onverskilligheid teenoor God – Die mense was voorspoedig, maar verwyderd van God. Moet nie toelaat dat materiële voorspoed en gemak en jou trots ‘n wig in dryf tussen jou en God nie. Rykdom kan ons nie red nie en gee ook nie voorsien soos net God kan nie.
- Dag van Jubel – Die dag van oordeel sal ook die dag van jubeling wees vir die wat aan God getrou was. Wanneer ons vry (gelouter) is van sonde is die verligting en blydskap groot. Die dag wanneer ons finaal, algeheel herstel word in Christus, sal daar ook groot vreugde heers.
Inhoud:
A. Oordeel oor Juda (Sefanja1:1-2:3)
B. Oordeel oor die Nasies (Sefanja2:4-15)
C. Oordeel en Hoop oor Juda en die Nasies (Sefanja3:1-20)
Gehoor: Juda en die nasies rondom hulle.
Tydperk: Ongeveer 640-621 voor Christus in die tyd wat koning Josia aan bewind was.
Haggai
Betekenis: Feestelik
Skrywer: Haggai
Doel: Om die mense aan te spoor om die tempel se herbouing te voltooi.
Tema:
- God se Teenwoordigheid – In die Ou Testament was die tempel, simbool van God se teenwoordigheid en ‘n herhinnering vir die volk aan God. Daarom was dit belangrik dat hulle die tempel voltooi en weer gereeld offers bring aan God. Vandag het ons Sy Heilige Gees by en in ons. Ons gehoorsaamheid bring seëninge en Hy lei, beskerm en bewaar ons as Sy kinders van gevaar en bose dinge.
- Prioriteite – Die Jode het teruggekeer uit ballingskap, begin om die tempel te herbou en dit toe laat vaar en aandag aan hulle eiehuise en landerye bestee. Dit was 15 jaar later wat Haggai se boodskap hulle aangespoor het om hulle waardestelsel reg te kry en God eerste te stel in hulle lewens. Ons moet dieselfde doen, God eerste en alles anders kom daarna.
Inhoud:
A. Eerste Boodskap: Verwaarlosing en nalaat om die Tweede Tempel te voltooi. (Haggai1:1-15)
B. Tweede Boodskap: Die Prag (Glorie) van die Tweede Tempel.
(Haggai2:1-9)
C. Derde Boodskap: Opoffering Sonder Gehoorsaamheid sal nie Bevredig nie. (heart attitude) (Haggai2:10-19)
D. Vierde Boodskap: Belofte van oorwinning aan Serubbabel. (Haggai2:20-23)
Gehoor: Die mense wat in Jerusalem bly en die wat terug gekom het uit ballingskap. (tydgenoot – Haggai is in die selfde tyd as Sagaria profeet.)
Tydperk: Ongeveer 520-516 voor Christus.
Sagaria
Betekenis: God onthou
Skrywer: Sagaria – tree op tydens dieselfde tydperk as Haggai. Haggai was direk, Sagaria dra die boodskap oor deur visies en is meer simbolies.
Doel: Om hoop te gee aan die mense, deur God se verlossingsplan, aan die Messias bekend te maak.
Tema:
- God se Oordeel – Die volk het nie na God of Sy profete geluister nie en hulle is in ballingskap weggevoer. Gehoorsaamheidaan God is altyd belangrik en daarom moet ons Sy woord ken en doen.
- Bekering – Keer terug na God se woord en waarheid, wyk nie daarvan af nie. (Sag1:3) As jy weg dwaal, verander jou weë en keer terug na God toe.
- Herbou die Tempel – Die volk was moedeloos want dinge het nie verloop soos hulle verwag het nie. Sagaria het hulle aangemoedig om die tempel te voltooi soos God hulle beveel het en dat God hulle sou beskerm. Soek eers die koninkryk van God en alles sal toegevoeg word.(Mat6:33)
- Die Koning Kom – Sagaria het soos die ander profete ook gesê, dat God se Koninkryk kom. God is Koning en Hy regeer, Jesus Christus weer soos belowe.
Inhoud:
A. Simbolies: Sagaria se 8 Visies van Hoop. (Sagaria1-6)
B. Prakties: Aanmoediging tot gehoorsaamheid en godsdienssin. (Sagaria7-8)
C. Profeties: Beloftes van Heerlikheid deur verdrukking.
Gehoor: Die Jode in Jerusalem en die wat teruggekeer het uit ballingskap.
Tydperk: Sagaria1-8 is geskryf ongeveer520-518 voor Christus en Sagaria 9-14 is voltooi ongeveer 480 voor Christus.
Maleagi
Betekenis: My boodskapper.
Skrywer: Maleagi
Doel: Om die mense van hulle sondes bewus te maak en hulle verhouding met God te herstel.
Tema:
- God se Liefde – God het Sy volk lief ongeag hulle optrede of gehoorsaamheid, Hy is getrou en sy liefde is konstant en vir ewig. (Mal3:6) God haat skynheiligheid en sorgelose lewenswyses, dit ontneem God van die verhouding wat Hy graag met ons wil hê en hoe Hy ons wil seën. Ons lewens, wys hoe toegewyd ons aan God is.
- Sonde van die Geestelike-leiers (priesters) – Hulle was halfhartig in hulle diens as priesters. Hulle het nie ag gegee aan God se vereistes van aanbidding nie. Moet nie toelaat dat gemak en luiheid bepaal hoe jy God aanbid en eer nie, self al is die leiers nie opreg en getrou nie.
- Die Mense se Sonde – Hulle het hulle getroue vroue verruil vir ongelowige vroue uit ander volke. Dit is ongehoorsaamheid aan God en verhinder ook dat die kinders opgevoed word in God se Woord.
- Die Here se Koms – God se liefde is bewys deur die Messias se koms en sterwe vir ons sondes. Jesus het die standaard kom herstel en die pad oop gemaak sodat ons weer in ‘n verhouding met God kan staan, met ‘n beter verbond (ooreenkoms).
Inhoud:
A. Teregwysing aan Opstandiges (Mal1:1-3:15)
- God het lief, maar mense betwyfel God se liefde (Mal1:1-5)
- Teregwysing van oneerlike priesters (Mal1:6-2:9)
- Wys sondes van die volk uit (Mal2:10-3:15)
B. Boodskap aan getroues (Mal3:16-4:6)
- Eer God en God sal seën
Gehoor: Die mense wat in Jerusalem en Juda was.
Tydperk: Begin bediening ongeveer 430 voor Christus.