Basis van Christenskap

Basis van Christenskap

Wanneer jy die dag ” met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het“( Rom 10:9 ), word jy wedergebore en dan begin jou pad as ‘n Christen / Kind van God / Navolger van Jesus. Jy gaan nie vir God leer ken, Sy karakter ken en verstaan of Sy wil vir jou bereik, as jy nie jou verstand hernu deur tyd in Sy Woord te spandeer nie. Jy moet die Bybel lees en leer ken en ook self daagliks dit lees nie. Hieronder volg die basis wat nodig is om God te verstaan en selfs die wat al lank kinders van God is kan dit lees en seker maak dat daar nie dwalinge ingekom het oor die tydperk nie.

Alles hieronder is gebasseer op die Dissipelskapkursus van Andrew Wommack.

Inhoud



Ewige lewe

Wat sê die woorde ‘ewige lewe’ vir jou?

Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  

Wat is die belangrike deel hier waaroor ons nou gesels? – Die ewige lewe sal hê’

1Joh 5:11-12  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

Joh 6:47-48  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe.

Die ewige lewe waaroor dit hier gaan is dit wat ons kry wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar en in Hom glo, maar wat beteken of is hierdie ‛ewige lewe’

Almal lewe vir ewig. Hoe gaan ons ewig lewe – fiesies of geestelik?

Ons bestaan uit gees, siel en liggaam. Die liggaam bly agter en vergaan hier op aarde, maar ons gees en siel gaan na God toe. (Lees meer hieroor in ‛My Identiteit in Christus’)

Daar bestaan ’n geestelike dimensie en dit is waar ons ewig gaan lewe

God soek egter ʼn intieme verhouding met elkeen van ons.

Jesus bid dat ons God en Hom intiem moet ken.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

U ken’ Engels ‘know’ – word gebruik as intieme verhouding. (Gen 4:1)

Kyk ook in die volgende verse dat God en Jesus ‘n verhouding met elkeen van ons verlang.

1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

Opn 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

God wil die middelput van ons lewe wees.

Verhouding met God is meer as net ons 5 sintuie – daar is ‘n geestelike kant waarmee ons met God en Jesus ‘n verhouding het.

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Elkeen kommunikeer deur sy eie gees met God.

Hierdie kommunikasie vat tyd om te ontwikkel en om dit te onwikkel is kennis nodig en dus moet die Woord bestudeer word en deur gebed (gesels met God soos jy gesels met enige ander persoon vir wie jy respek en ʼn goeie verhouding het)

2Pe 1:3-4  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Baie mense aanvaar en glo in Jesus en word weergebore maar lewe steeds daarna in ’n hel hier op aarde.

In armoede, met siektes van kanker – deppressie – ens, vrees, ongelukkig, ens.

Wanneer ons met God gekoppel is kan ons al ‘n beter lewe hier op aarde geniet.

Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Hierdie oorvloed begin al hier op aarde en dit is oorvloed in alles.

Rom 8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Ons hoef niks meer te vrees nie.

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Afsluiting – Bou ‘n verhouding met God deur kennis en geloof. Geniet al hier op aarde die ewige lewe wat ʼn lewe van vryheid in ʼn intieme verhouding met God is.

* Kopiereg voorbehou : Inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*




Redding deur Genade

Saamgestel deur Petrus vd Merwe

Wat beteken die woord ‛Redding’?

Waarvan word ons gered deur Jesus?

Die gelykenis van die Fariseër en die Tollenaar Lukas 18

Luk 18:10-14  (10)Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. (11) En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. (12) Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. (13) En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! (14) Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.

Fariseër se gebed gaan oor homself, hoe goed hy is, wat hy alles doen en beter is as ander. Daarom is hy veilig volgens hom in God se oë.

Tollenaar is nederig en vra God om hom te vergewe vir al sy sondes.

Vers 14 sê Jesus die een wat nederig was het God aanvaar en die een wat vol van homself was en neergekyk het op ander is deur God verwerp.

Wanneer is jy verlore of al is jy gered maar tog steeds verlore?

  1. Jy het ‘n skuldgevoelYou having guilt – verdeel in:
  2. Skuldbewustheid – sin consciencness – Alles wat jy doen of dink vra jy jouself is dit sonde of nie – hou jou fokus op die sonde.
  3. VeroordelingCondemnation – Jy veroordeel jouself en ander – jy is nie goed vir enige iets nie – al die ander mense doen alles verkeerd in jou oë.
  4. Vrees – Fear – Jy vrees alles en het ‘n vrees oor alles, jy vrees God wat jy sien as regter oor alles wat jy doen. Jy vra altyd doen jy ‘n ding reg, lewe jy reg, gaan God jou gestraf oor wat jy doen of gedoen het? – Jy vrees die lewe – jy gaan siek word, alles word duurder en jou geld gaan opraak, jy gaan deurloop onder misdaad, ens.
  5. Jy is selfvoldaan / eiegeregtig – die Fariseër – Jy werksingestel / works conscience om gered te kan word – jy lewe wetties / legalistic ʼn lewe volgens wette wat uit die Ou Testament kom en wat jy vir jouself opgelê het – jy is egosentries / egocentric ʼn lewe waar net vir jouself lewe en niemand anders belangrik is nie.
  6. Jy lewe die sondige wêrelds-lewe / living in your flesh – jy is of het weer so verhard teen die werking van die Heilige Gees dat jy net aangaan met jou wêreldse-lewe.

Terug na die vrae:

Wat beteken die woord redding?

Waarvan word ons gered deur Jesus?

God vergewe jou sonde en jy word gered van jou skuldgevoelens, selfvoldaanheid en venietigende wêreldse-lewe.

Wat is Genade? Grace

Efs 2:8-9  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Jy word gered deur genade wanneer jy glo Jesus het vir jou sonde gesterf en is weer uit die dood opgewek deur God. (Rom 10:9)

Dit is ‘n geskenk van God wat jy ontvang en jy aanvaar dit wanneer jy dit glo.

God gee jou die geskenk, en deur te glo maak jy die geskenk oop

Jy kan nie iets self doen om gered te word nie behalwe om in God te glo.

Rom 4:3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

Definisie van Genade

Grace is God’s provision for man’s need

Genade is God se voorsiening vir die mens se nood / behoefte.

Genade voorsien leering, versorging, gesongheid, geregtigheid, ens. maw vir elke behoefte wat die mens mag hê

In Jesaja 55:1 sien ons ‘n skadubleed van redding

Jes 55:1  o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!

Hierdie vergelyk met ons wat redding van God ontvang as ‘n geskenk (koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk) omdat ons niks kan aanbied nie (wie nie geld het nie).

In Opsomming – Wat is redding deur genade?

  • God het Jesus aarde toe gestuur om aan die kruis vir ons sonde te sterf en weer uit die dood op te staan.
  • God bied hierdie as ‘n geskenk vir ons aan wat ons net moet aanvaar deur te glo, want as mens kan ons niks verder doen om gered te word nie.



Geregtigheid deur Genade

Saamgestel deur Petrus vd Merwe

Wat is Geregtigheid / Righteousness?

Dit is belangrik dat jy presies verstaan wat geregtigheid deur genade is, want dan sal jy vry wees van baie laste wat ons in ons sondige aard saam met ons dra.

Daar is twee soorte geregtigheid:

  • Die menslike geregtigheid – jou heel beste poging om alles 100% reg te doen – Moseswette / 10 gebooie, kan jy dit nakom?

Jak 2:10  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Dit is onmoontlik om geregtig voor God te staan deur jou eie pogings.

  • God se geregtigheid – jy benodig geregtigheid wat gelyk is aan die geregtigheid van God, wat nodig is om voor God skoon te kan staan van enige sonde.

God is egter goed vir ons en daarom het hy Jesus gestuur om die wet namens ons op aarde na te kom en te sterf vir ons sonde.

Rom 3:21-24  Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, [22] die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; [23] want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, [24] en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Hoe kry ons God se geregtigheid?

Rom 3:24  deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is

Rom 5:17  Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Nou kom ons bietjie by die prakties.

Hou op om te probeer dink of uitwerk wat is sonde en wat is nie.

Dit gaan geen verskil maak of jy regverdig voor God staan of nie.

Tit 3:4-7  Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het— [5] nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees [6] wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; [7]  sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

God kyk nie hoe goed ons is nie. Hy het ons lief net soos ons is.

Joh 3:16-18  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [17] Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

God het elke persoon op aarde lief

Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad

Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

Joh 3:17-18  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. [18] Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

God het klaar die sonde van almal op aarde vergewe deur Jesus Christus.

Diè wat veroordeel word, word nie veroordeel oor hulle sonde nie, maar omdat hulle nie glo in Jesus Christus nie. Wat Jesus gedoen het, is soos om ‘n geskenk te ontvang, maar jy maak dit nie oop nie. Jy het geen nut daarvan tot jy dit oopmaak en gebruik nie. Jesus het die prys betaal, aanvaar wat Hy gedoen het vir jou dis ‘n keuse wat jy moet maak.

God leer ons om die wêreld teen te staan, maar dit maak ons nie geregtig voor God nie.

Tit 2:11-14  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn [12] en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, [13] terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, [14] wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Daar is egter goeie werke wat vanaf ons moet kom, nie werke om gered te word nie maar werke uit liefde en dankbaarheid wat Jesus vir ons gedoen het.

Jak 2:17  Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Jak 2:26  Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

1Tes 1:2-3  Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede [3] en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,

Christene of navolgers van Jesus Christus se werk wat hulle op aarde gedoen het, sal geoordeel word.

1Kor 3:10-15  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. [11]  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. [12] En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— [13] elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. [14] As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; [15] as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Afsluiting:

2Kor 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Deur Jesus staan ons geregverdig voor God.

Rom 5:1-2  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; [2]  deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

Ons is regverdig deur die genade van God.

Fil 4:6-7  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. [7]  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Ons ontvang die vrede van God wat ongeken is vir die mense.

Maak die volgende jou eie en gedenk dit elke keer wanneer jy nagmaal gebruik:

  • Na jy Jesus as jou verlosser aanvaar het, sien jouself as regverdig voor God ongeag van jou verlede of hede.
  • Vind die vrede van God.



Verhouding met God

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Julle sal saam stem, hoe beter jy iemand ken, hoe beter is julle verhouding en  hoe moeiliker sal jy ‘n leuen  oor die persoon glo.

Wat sê julle is nodig om ‘n verhouding te laat werk? Enige verhouding.

Verstaan, waardering, kennis, gemaklik wees, vertroue, liefde en tyd saam doen.

‘n Verhouding is dus die vrug of gevolg van wat jy weet van iemand, so jy het kennis van die persoon.

Kom ons kyk wat het in Gen3:1-5 gebeur

Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

Die duiwel toets ons kennis sodat hy kan weet hoe om ons te mislei

Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet 3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.

God het niks gesê van aanraak nie, maar die duiwel sien ‘n gaping/gebrek in Eva se kennis van God – dis ‘n ope uitnodiging vir hom om in te kom.

Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

Sy woorde veroorsaak twyfel (doubt) en twyfel is ‘n struikelblok, dit laat jou val – omdat jy nie met sekerheid weet nie en nie weet hoe om dit onmiddelik reg te stel nie.

Die Bybel sê nie hoeveel tyd Adam en Eva saam met God gehad het voor die sondeval nie, maar sy het nie ‘n volledige kennis van God gehad nie, daarom het sy gou getwyfel.

Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Die duiwel het voordeel getrek uit die situasie, hy het ‘n opening in die deur gesien en met goed gekose subtiele woorde (subtle words suggestions)  laat blyk dat God nie wil hê dat hulle soos Hy moet wees nie, dat God dinge van hulle weerhou.

Die waarheid is egter dat hulle reeds alles gekry het wat God vir hulle gehad het.

Die duiwel het ‘n begeerte (created lust) geskep vir dit wat hulle alreeds gehad het.

Hy het twyfel (doubt) gesaai teen die karakter (nature) van God en God ‘n leunaar gemaak.

Ons sien dus hoe belangrik dit is om die een te ken met wie jy in verhouding wil wees, twyfel verbreek vertroue en dit veroorsaak ‘n breek in verhoudings net soos in Adam en God se verhouding gebeur het.

Hoe bou ons ‘n verhouding?

Soos ons in die begin gesê: spandeer tyd saam, leer mekaar ken, deur gesprekke en saam doen. Verstaan mekaar en dan bring kennis waardeering, vertroue, gemak, daarmee saam  kom liefde. Maar dit neem tyd, dit gebeur nie oornag nie.

Hoe sal ons ‘n verhouding met God, Jesus en Heilige Gees bou?

Op presies dieselfde manier; spandeer tyd in God se Woord, deur die Woord te lees, daaroor te dink, dit te bestudeer, deur met God te praat deur gebed en in geestelike-tale (tongues) te praat en te luister as God praat. Hy praat deur Sy Woord, drome, visies, deur mense en om Hom te hoor praat.

God het dit vir ons makliker gemaak deur Jesus vir ons te gee en so ons te her-enig (reconsile) met Hom, Hy wil ons nie oordeel nie, Hy wil nie ons oortredeinge teen ons hou nie.

Rom5:17 Die oortreding van hierdie een mens, Adam, het veroorsaak dat die dood oor ons regeer, maar deur die een, Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genade-geskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer. (NLV)

God vra nie volmaaktheid nie, net ‘n ja en dankie Here.

‘n Goed ontwikkelde verhouding met God neem alle angs weg en ons het dan ‘n goddelike vrees / respek vir God wat ons versterk.

Dis positief, hierdie vrees is nie negatief nie.

Dis nie ‘n bewende angs nie. Nee, daardie vrees is van die duiwel, dis ongesond.

Vrees is marteling – ons het vrees vir mense, vir hoogtes, spinnekoppe, vliegtuie, hospitale, kos soorte …ens.     ….Fobies lê ons aan bande, dit beperk ons, hou ons terug. Dis van die duiwel.

Fear = false evidence appearing real

Maar God is liefde en wil ‘n verhouding met Sy kinders hê, ons is volmaak in Sy liefde.

1Joh 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.




Karakter van God

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Is God kwaad? Straf God ons?

Of is God liefde, lig, waarheid, seëninge?

Waarom dink ons God is kwaai?

Waarom het ons teenstellende beelde van God wat goed en kwaai is?

Ons is na God se beeld geskape wat gees is.

Nadat sonde in die wêreld gekom het, het die mens verander.

Die mens se karakter het verander, want hy het nie meer in God se liefdesomgewing geleef nie. Adam het die verhouding met God verloor.

Hulle kon God nog hoor, maar vertroue was geskok en die verhouding het gely.

Die mens het nou vanuit sy sintuie of vlees  (sense/flesh) gelewe, (sien, hoor, proe, voel, tas/aanraak), dit is vanaf sy ervaringskennis (experience knowledge) en nie meer uit sy gees nie.

In die Ou Testament het mense geen geestelike persepsie of insig gehad nie. Die Gees in ons oortuig ons van dit wat verkeerd is, maar ons leef in die Nuwe Verbond! (covenant)

Die wet was bedoel om ‘n standaard daar te stel sodat Israel kon weet wat reg is en dit is so deur Isreal aanvaar. En straf was die gevolg as dit nie gehoorsaam was  nie.

Dit het by ons ‘n vals persepsie gelaat dat God ons nie lief het nie. Die Woord vertel ons egter dat God omgee en ons lief het.

Rom 5:13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

In Genesis het God Adam en Eva uit die tuin gestuur sodat hulle  nie van die boom van lewe sou eet en ons almal dan vir ewig en ewig met ‘n sondige natuur sou bly voort leef nie. Hy was nie kwaad nie, Hy het hulle en ons beskerm.

Na die wet gegee is, het God die sondige-natuur hanteer deur seën en vervloeking, Deut 28:1-68  die eerste 14 verse is die seëninge en die res is vloeke (curses) en die Israeliete het daartoe ingestem om volgens die wet te leef.

Ex19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.

Num 15:32-36 vertel van die man wat op die Sabbat houtjies opgetel het en gestenig is daaroor, dit klink baie wreed en selfs onregverdig, maar sonde was baie erg in die wêreld en God het ‘n standaard daar gestel om Sy volk te beskerm teen die wêreld se geweld en sonde. Die wet is aan Israel gegee en soos bo genoem, het die Israeliete ingestem om daar volgens te leef. God was nie kwaad of wreed nie, Hy het hulle by die ooreenkoms se voorwaardes gehou.

Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

God het Sy belofte van Gen 3:15 gehou –

Hy is getrou en het Jesus gegee, om ons van ons sonde en die gevolge te verlos.

Jesus het herstel wat Adam verloor het, sodat ons weer in verhouding met God deur die Heilige Gees kan staan.

En ons het gesien dat ‘n gebrek aan kennis ons vertroue in verhoudings benadeel en  negatief beïnvloed, dieselfde met God.

Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Maar ons sukkel en kry swaar en is bygelowig want ons is onkundig en onverskillig, ons ken nie God se Woord soos ons moet nie.

Deut 11:18-19 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, 19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;

God is dieselfde – God verander nie.  Mal 3:6; Num 23:19;  

Neh 9 Lees ons hoe God Sy volk oor baie jare hanteer het en hoe sondig hulle gehandel het.

Neh 9:17b ….. Maar U is ‘n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.

Op verskeie plekke in die Bybel sien ons God se goedheid, veral in die Psalms.

Ef 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Ons wedergebore posisie  het ons verhouding verander na die van kinders van God.

Sien ook; Joh 1:12  1Joh 3:1

Rom8:16  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

God is lig en goed — en nie duisternis – sondige of verkeerde dinge nie

1Joh 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

God is Liefde

Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  

God is liefde en God se liefdes-aksie is om te gee –  Hy het Sy Seun gee.

Sy liefdes-houding (attitude) is om te vergewe – sodat ons nie verlore gaan nie maar die ewige lewe saam met Jesus kan kry.

Rom 5:6&8 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

God is Liefde  – dis Sy ware karakter. Ons sien baie van God se liefde in al die boeke van Johannes, maar veral in 1Joh 4

1Joh 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Die Nuwe verbond het die oue vervang en ons leef in die nuwe verbond met beter reëls!

God is good all the time All the time God is good!

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*




Bekering

Saamgestel deur Petrus vd Merwe

Jesus vertel die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15 om bekering te verduidelik.

Die gelykenis is hoofsaaklik oor ongelowiges wat tot God bekeer, maar kan ook verstaan word met gelowiges wat weggedwaal het van God af.

Luk 15:11  Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad. 12  En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13  En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.

  • Ek lewe die lekker lewe wat die duiwelaan ons opdis. Lewe vir ek en myself.

Luk 15:14  En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.

  • Die lekker gaan egter altyd verby en ʼn nood/behoefte ontstaan.

Luk 15:15  Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16  En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.

  • Dan begin die soeke na dit wat hierdie behoefte sal vul en niemand help ‘n ander in die normale wêreld nie.

Luk 15:17  Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!

  • Hier vind die erkening plaas dat die lewe wat gelewe word verkeerd is.

Luk 15:18  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19  en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.

  • Die volgende wat gebeur is om die besluit te neem om van rigting te verander.

Luk 15:20  En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.

  • Dit is egter net so belangrik dat die besluit uitgevoer word.

Luk 15:21  En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

  • As aardse Pa sou ons vir die kind goed geroskam het, maar God is liefde en maakons sy kinders sonder enige verwyt wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar.

Die drie punte van bekering:

  1. Erken fout – Recognition
  2. Maak die besluit om weg te draai – Make the decision
  3. Voer besluit uit – Take action

Definisie vir werklike bekering is die gewaarwording van die verkeerde om sonder Christus te lewe en ʼn drang om ʼn verhouding met God te vind soos Hy Homself in Jesus Christus vir ons openbaar.

Definition of true repentance is the awareness of the wrongness of living without Christ and a desire to found a vital relationship with God as He has revealed Himself to us in Jesus Christ.

Bekering kan in die volgende verdeel word:

  1. Bekering van ʼn ongelowige na ‘n Christen
  2. Bekering na ʼn Christen weggedwaal het van God en weer terugkeer na God toe.

Eerste – Die bekering van ‘n ongelowige:

Wanneer ons die lewe van die wêreld lewe, los van God, gaan daar ‘n tyd kom wanneer ons gaan begin soek na vervulling wat nie verstaan word en nie in die wêreldse lewe gevind kan word nie.

Die lewe is leeg, sinneloos en doelloos.

Saam met dit kom vertel die evolusioniste dat ons per ongeluk in die lewe is en geen doel het nie.

Ons gees soek egter na ‘n geestelike verhouding, want dit is soos God ons gemaak het.

Wat is die einde van hierdie soeke?

  • Ons gaan dit soek in drank, dwelmiddels ens. wat op die uiteinde gaan eindig in dood wat selfmoord kan insluit of ons gaan tot ons eendag doodgaan ʼn lewe voer van selfsug, onmin, eensaamheid, swaarmoedigheid, ens. wat ook moontlik armmoede en voortdurende siektes kan meebring. ʼn Lewe in duisternis, selfs al het die boodskap van Jesus by ons uitgekom, maar ons het dit nie aangeneem nie.
  • Ons gaan van God en Jesus vertel word deur iemand (saai saad) en die Heilige Gees gaan ons na Jesus lei om Hom te aanvaar as verlosser (die saad ontkiem en lewer vrug). ʼn Lewe in lig, wat vryheid gee en ʼn lewe van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. (Gal 5:22)

Die eerste uitkoms is vanselfsprekend, lewe in die duisternis en sterf in die duisternis – verwerp wetende of onwetende God se uitnodiging.

Die tweede uitkoms is ons ondervind die behoefte – need – en ons draai weg van ons huidige lewe na Jesus toe – ons bekeer ons – ons draai van die duisternis na die lig – met ons mond bely die Here Jesus en met ons hart glo ons dat God Hom uit die dode opgewek het.

Rom 10:9-10  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Die hoofsaak is Jesus en wat Hy vir ons gedoen het en ons erkening daarvan. Om “ die Here Jesus bely” is bekering.

Ons sondes wat vergewe word is outomaties en dit is nie nodig om elke sonde te onthou en vergewing daarvoor te vra nie.

Hand 3:19  Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

  • Ons sien dat Paulus in Hand 17:22-34 met die Atheners praat en glad nie oor sonde of wat hulle verkeerd doen praat nie, maar hy vertel van God en Jesus en brekering v30-31.
  • Mense gaan nie gered word, deur hulle te vertel hulle is sondig en gaan hel toe tensy hulle hulle bekeer nie, hulle gaan geafronteer word en hulle afsluit omdat gesê word hulle is sondig en doen sonde, maar vertel hulle van Jesus en bekering – draai weg van hierdie wêreld en sy probleme na Jesus om Sy verlosing van hierdie wêreld te ontvang en verder in die lig te lewe.
  • Wanneer ons ons bekeer is dit uiters belangrik dat ons verder geleer word uit God se Woord – dissipelskap – en ondersteun word tot ons gevestig is in Jesus, want anders gaan ons steeds in die duisternis lewe.

Tweede – Bekering na ‘n Christen weggedwaal het:

Solank ons hier op aarde is, gaan ons iewers droogmaak – gaan ʼn begeerte wen.

Jak 1:13-14  Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14  Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15  Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

1Joh 1:8-9  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Hierdie is nie noodwendig growe sonde soos moord en aanranding nie, maar die meer dag tot dag ‘menslike dinge’ soos angs, skinder, kwaad word, onvergewinsgesindheid, ens.

Wanneer die Heilige Gees jou aanspreek deur God se Woord of jou gewete, is dit nodig om dit te erken Luk15:17, die besluit te neem om daarvan weg te draai, terug na Jesus toe Luk 15:18 en dit doelbewus te doen deur ander te vergewe of op te hou om dit wat verkeerd is te doen Luk 15:20.

Ons benodig ʼn lewe van bekering om altyd na God toe te wil draai – weg van die duiwel af.

Afsluiting:

Die drie punte van bekering:

  1. Erken fout – Recognition
  2. Maak die besluit om weg te draai – Make the decision
  3. Voer besluit uit – Take action

Baie belangrik:

Lees die hele Hebrews 10

Net inkort want hierdie kom weer voor in ʼn ander lesing – moenie negatief lewe met ‘n sonde bewustheid ( sin consciousness) deur in alles wat jy doen te wonder of jy nou sonde doen nie, die Woord van God sal jou lei (2Tim3:16-17) en ook die Heilige Gees wanneer jy verkeerd doen. Vergeet van die sonde dan sal jy ook nie sommer verkeerd doen nie – jou gedagtes beheer jou – wat jy aan dink sal jou lei – as Jesus altyd in jou gedagtes is en jou ID in Hom verstaan, sal jy outomaties reg optree. Maar as jy die heeltyd aan sonde dink gaan jy versoek word en daarin trap.

Om die heeltyd te probeer bepaal wat is sonde en nie sonde nie, is nie die vryheid wat ons deur Jesus ontvang het nie.

Heb 10:1  Die wet van Moses is slegs ‘n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie ‘n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vry maak nie. 2  As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.

Jesus was die offer vir ons sonde – vir eens en altyd.

Luk 15:32  Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.

Moenie ongelukkig voel wanneer iemand, wat jou te-nagekom het, en Jesus aangeneem het en dus nou ook vergewe en gered is nie. Wees baie bly daaroor en ook oor ander wat gered word.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*




Vaste Verbindtenis

Saamgestel deur Alta vd Merwe

God is toegewyd aan ons. Hy hetnet na die
sondeval belowe om vir ons ‘n verlosser te gee. Jesus.

Gen 3:15  En Ek
sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy
sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Daarna het God ‘n verbond met Abraham en sy nageslag gemaak, Gen12. Die
mens moes net gehoorsaam wees en God het alles verder op Hom geneem en al Sy
beloftes getrou nagekom. Dus
ons kan sien dat God toegewy is aan ons.

Wat beteken ‘n vaste verbintenis of toewyding? In Engels is dit ‘commitment’. Dis moeilik om in
Afrikaans ‘n woord te kry wat reg verstaan word.

Die woordeboeke sê: ‘commitment’

seriousness – erns; sincerity –
opregtheid; allegiance – trou; loyalty – lojaliteit; dedication – toewyding;
entity – eenheid; engagement – verbindtenis; involvement – betrokke; oath –
eed; swearing – sweer (eed); assurance – versekering, gerusstelling; pledge –
pand, belofte; guarantee – waarborg; security – sekuriteit;

As ons dan al hierdie woorde moet saamvat om ‘commitment’ te omskryf sal dit:

Toewyding – dedication, oorgawe – surrender, vertroue
en getrou/ toevertrou –
faith +faithful – trust, vaste verbintenis – commitment.

Kom ons kyk wat Jesus vir
die skare wat Hom gevolg het sê oor toewyding:

Luk 14:25-26  En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en
Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: 26 
As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en
kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my
dissipel nie wees nie.
(AOV)

Dis baie kras gestel, Jesus het die mense geskok
met die stelling.

Wat het Jesus bedoel met die woorde?

Beteken dit ons moet almal haat?

Dis dan in kontras met wat Jesus deurentyd gesê
het!

Ons moet mekaar tog liefhê,
die Bybel sê dit dan op soveel plekke.

Jesus het gesê in Mat22:37-40  en dan
lees ek

Mar 12:33  en om Hom
lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en
uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die
brandoffers en die slagoffers. (AOV)

Sê Mat6:33 wat Jesus bedoel het?

Mat 6:33  Maar soek
eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal
vir julle bygevoeg word.

Jesus vra toewyding van ons, die eerste plek in ons lewens, soveel so,
dat alles in ons lewens, agter Jesus moet plek in neem en ver genoeg na
Jesus, sodat dit nie sal kan kompeteer vir Jesus se eerste plek nie.  Jesus wil dat ons Hom die belangrikste sal
maak in ons lewens en dan na Hom, kom al die ander mense en dinge.

Mat 6:21  want waar julle skat is, daar sal julle hart
ook wees.

Wat die belangrikste is in ons lewens is, is waar ons fokus is, en daarom is dit waar ons
harte is. Jesus wil ons alles hê, Hy
soek ons volle aandag en toewyding.

God se rangorde in verhoudings is:

Drie-eenheid (God, Jesus, HG) en daar na 
ons eggenoot (lewensmaat) , dan ons kinders, dan ons werk, dan
kleinkinders, dan ouers, daarna al die ander dinge.

Gen2:7-23;
Ef5:15-33 Mat6:21

In ons finansies moet God ook eerste wees, so ook in ons huwelike en in elke area van ons lewens. Dis totale oorgawe (surrender) en vertroue (trust) in elke area van ons
lewens.

Ons moet soos Joshua kan sê

Jos 24:15 ‘…
ek en my huis, ons sal die HERE dien.’

Hoe doen ons dit?

Kom ons kyk na ‘n stukkie van Abraham se geskiedenis.

Heb 11:17-19  Deur die
geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy
wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, 18 aan wie gesê is:
In Isak sal jou nageslag genoem word—want hy het gereken dat God mag het om
selfs uit die dode op te wek; 19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug
ontvang.

Abraham moes vir Isak gaan offer, hy het geensins getwyfel, dat God nie
‘n ander plan het nie! 

Deur wat was Abraham in staat om Isak te offer? Net deur geloof ! Hy het
gestaan op God se belofte dat sy nageslag uit Isak sou kom, hy het geweet en
geglo dat God Sy beloftes sal nakom. Hy het God geken en geweet uit sy
verhouding met God, dat hy Hom kan vertrou en Hom met toewyding gevolg, selfs
as hy nie verstaan het nie.

Vis
storie.

Daar was ‘n wetenskaplike wat ‘n vis wou teël
wat  buite die water kan leef. Hy het
jare aan die projek spandeer en toe hy dit eindelik reg kry, was hy baie
opgewonde en loop toe na ‘n kollega toe met die vis. Hy loop oor ‘n bruggie
en  struikel en daar trek die vis deur
die lug en beland in ‘n dammetjie. Die vis weet nie wat hom getref het nie, hy
ken nie water nie, maar toe hy asem haal in die water, kom hy agter dis waar hy
hoort, hy kan beter asemhaal, hy kan nou ook makliker beweeg, hy swem. Eindelik
is hy in die regte omgewing!

Die water is die regte omgewing waar hy hoort.

Waaraan is die vis nou toegeweid?

Aan water, hy is uitverkoop
aan die water, dis waar hy hoort! Water is die regte omgewing
of verhouding
vir hom.

Wat is die regte omgewing of verhouding vir jou? Waar hoort jy?

God is ons regte omgewing,
waar ons hoort. Hy het ons
geskape!

Is jy uitverkoop aan God?

Die wêreld en dit wat vir
ons voorgehou word is vals, dis soos die vis wat sonder water probeer leef het,
want dit was wat aan hom
voorgehou is.

Hand 17:27  God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou
hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af
nie, (ANV)

Ons was gemaak, geskape om ‘n verhouding met God te hê. Deur ‘n verhouding met God, leer ons Hom ken en vertrou, sodat ons soos
Abraham kan vertrou. Om te kan leef soos Paulus
en die apostels geleef het, naby God, deur dik en dun.

Hierdie verhouding met God en die toewyding is sonder moeite, as ons dit
vanuit ons ware kennis van God en in verhouding met God doen. Dit kom
natuurlik, want ons is geskape met ‘n hunkering na ons skepper. Dis moeite vry,
dis ‘effortless’.

As ons uitverkoop is aan God, is die verhouding nie werk of moeite nie,
dit kom natuurlik.

Kom ons vra onsself;

Dit wat ons as belangrik beskou in die lewe, dit wat al ons aandag
opeis, dit waaraan ons uitverkoop is, gaan dit nog saak maak as ons dood is?

Met ander woorde; het dit waarmee ons besig is, ewigheidswaarde?

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*




Waterdoop

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Water se hoof doel is om te
verfris en skoon te maak.

En die Woord sê
dat, ‘Die Woord ons skoon was’; dis ons denke en ons word gewas met die bloed
van Jesus van ons sondes.

Jesus het ook gesê
dat Hy die Lewende Water is.

Doop kom van
baptiso, dis ʼn Griekse woord en beteken – dompel,  toe
onder, – baptise;   means plunge,
immerse.

Die oorspronklike
woord gebruik vir doop beteken nie besprinkeling nie. Ons het oor jare dit deel gemaak van doop.

Wat
is die rede vir doop?
En wanneer word dit
gedoen?

Om gedoop te word
moet ‘n mens in Jesus glo. In Sy lyding en sterwe en opstanding en dit wat Hy
vir ons op die kruis gedoen het, moet ons glo. Met ander woorde jy moet Jesus
as jou verlosser aanvaar en Hom in jou lewe in nooi. Doop is ‘n natuurlike
uitvloeisel, daad, van jou geloof in Christus. Om te glo is ‘n besluit
wat jy moet neem. Babas kan nie
besluite neem nie en ook nie uitspreek of verklaar wat hulle glo nie. Jesus het
beveel dat gelowiges gedoop moet word. Doop is ‘n
opdrag van Jesus.

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die
nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige
Gees
; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Is
doop ‘n voorwaarde vir redding?

Nee, doop is ‘n erkenning, verklarende aksie dat jy glo. Wedergeboorte
vind plaas voordat jy gedoop word. Doop is ‘n aksie van jou
geloof – ‘n verklaring van jou geloof. Geloof in Jesus bring genade en daarom
word  jou 
sondes vergewe, want Jesus het klaar die prys betaal, en dan volg die doop
uit gehoorsaamheid.

Wat
is Waterdoop?

Rom 6:3-10  Of weet julle nie dat ons almal wat in
Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom
begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek
is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5
Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal
ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat
ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak
sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7 Want hy wat gesterf het, is
geregverdig van die sonde. 8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons
dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy
opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer
nie. 10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir
altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

Jy het jou lewe
vir Jesus gegee. Jou gees is nou nuut. Die doop is die einde van jou ou lewe en die vestiging van jou nuwe lewe.

(Sien die prentjie
van doop in jou verbeelding; Jy gaan onder die water in, die sonde gaan dood en
jy staan op uit die water skoon gewas van die sonde, jy is vry van sonde se
houvas op jou en jy leef in Christus.)

Rom6:3-7 Ons is gedoop in Christus se
dood.

Rom6:4 Ons het saam met Hom opgestaan uit die dood.

Rom6:6,7 Ons dien nie meer die sonde nie. Ons is vry van
sonde.

Rom6:4,8 Ons leef in Christus.

Rom6:9,10 Dood heers nie meer nie, maar
lewe.

Ons
is met Christus verenig, ons is deel van Christus:

Gal
3:27  want
julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel
van
Christus geword.(ANV)

Kol
3:3
  Want
julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge
in God.

Die ou lewe is afgelê, ou gewoontes is
agtergelaat.

Die nuwe lewe in Christus is opgeneem of
aangetrek.

1Pe
3:21
  waarvan
die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid
van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die
opstanding van Jesus Christus

Paulus se doop

Na Paulus se Damaskus ondervinding, is Ananías  na hom toe gestuur
en hy het hom bygestaan en hy het weer gesien, en toe sê Ananías vir hom:

Hand 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas,
terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

En Paulus het ‘n kragtige bediening gehad, wat ons nog steeds beïnvloed
en krag gee.

Jesus se doop

Mat 3:13-17 Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom
gedoop te word. 14  Maar Johannes het Hom
ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na
my toe? 15  Maar Jesus het geantwoord en
vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te
vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. 16 
En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en
meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif
neerdaal en op Hom kom. 17  En daar kom
‘n stem uit die hemele wat sê:
Dit is my geliefde
Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Waarom is Jesus gedoop?

Hy was nie sondig nie!

Jesus het ‘n moeilike opdrag aanvaar waarop Sy
Vader Hom gestuur het. Sy doop was ‘n sigbare
aanduiding van Sy radikale toewyding, van sy diensbaarheid. Jesus se
gehoorsaamheid, Sy bereidheid om onderdanig te wees en om Sy lewe neer te lê
vir die wil van Sy Vader, is waarom Hy gedoop is. Johannes het dit bevraagteken
en Jesus se antwoord sien ons in:

Mat 3:15  Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want
pas dit ons om alle geregtigheid te vervul
. Daarna het hy Hom toegelaat.

Jesus het die regte ding gedoen en God se
seëning, is ‘n bewys dat God tevrede was met Sy Seun, Jesus.

Agter elke gelowige se doop, is die doop van
Jesus. Gehoorsaamheid is die sleutel!  Hy
is ons rede om gedoop te word.

Jesus se doop! was Sy vrystelling in Sy
bediening, en met ons doop vind  ons, ons
vrystelling in die opdrag van die kerk.  Mat28:19

Opsomming:

  1. Doop is ‘n opdrag van Jesus wanneer ons Hom aanneem as
    ons verlosser. Mat 28:19
  2. Ons moet self die besluit
    neem, niemand kan dit namens ons doen nie.
  3. Doop is die agterlaat van
    die sondige natuur.
  4. Doop is die
    begin van jou nuwe lewe saam met Jesus.
  5. Daar is seëninge wat saam
    met die doop kom.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*




My Identiteit (ID) in Christus

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Hierdie is
baie, baie belangrik, dit het soveel krag in ons lewens en
‘n persoonlike onthulling of openbaring (personal revelation)
is nodig om dit ten volle te verstaan, om dit hartskennis (heart
knowlegde)
te maak.

Wat is Identiteit?

Dis wie jy
is. In die meeste lande in die wêreld, het elke burger
(citizen) ‘n ID dokument om te bevestig wie die persoon is.

Omdat ons Jesus as ons
verlosser aangeneem het, het ons nie net ‘n ID in die land waar ons woon nie,
maar ook in die Koninkryk van God.

In
Christus,
verwys na ‘n verbondsverhouding (covenant relationship)
met God – dis lewensnoodsaaklik vir ‘n lewe in ewigheid saam met God.

Dis vir my
besonders, dat soos God ‘n 3 eenheid is, en Hy ons ook so geskape het, 3 dele
wat saam werk. En ons lees daarvan in

1Tess 5:23  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Gees, siel en liggaam

Hoe was ons voordat ons Jesus aanvaar het as ons
verlosser en waarom?

Ons was verlore en soekend. (lost & seeking)

Verlore as gevolg van die sondeval wat in die begin van die
mens se bestaan plaas gevind het, toe Adam en Eva geval het vir die duiwel se
slinkshede. Daar het geestelike
skeiding of geestelike dood ingetree. (Spiritual
separation) Ons geestelike kontak
of verbinding, – bron van geestelike lewe is verbreek. (we are separated from our source
of spiritual life) Daar
het skeiding tussen God en die mens gekom agv die sonde – ons is onderwerp aan
verval, korrupsie en dood. (we are subject to decay,
corruption and death)

Ons is geskape om in ‘n verhouding met God te wees,
ons gees bly soek na daardie verbindtenis. (connection) Ons siel word
verlei en dwaal (soul side tract) al verder weg van God af,  wanneer ons nie met Godskennis gevoed word nie en
ons onderdruk ons gees, dan kwyn (verdroog of verdor / wither) ons gees. Die
mens vul sy siel, sy denke met allerhande wêreldse goed, sorge en bekommernisse van die dag (dwelms, okultiese, onsedelikhede,…) om hierdie soeke na ons geestelike bron (source) te bevredig (satisfy)— totdat ons
eindelik  terug kom by Jesus en Hom Heer
en Meester van ons lewens maak.

Ef 2:1-5  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—

Wat het gebeur met wedergeboorte (re-born, re-birth)?

Ons gees het nuut geword.

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 

Wat sê dit regtig?

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is (die persoon – wat Jesus as verlosser aangeneem het), is hy ‘n nuwe skepsel (nuut gemaak, nie verander nie, maar nuut geskape in die gees, dis nie fisies of in die liggaam nie – dis wedergeboorte); die ou dinge het verby- gegaan (ou dinge is afgelê, of agtergelaat), kyk (Fokus, sien), dit het alles nuut geword (dis anders, nie oud nie, nie bekend nie, dis nuut).

Kom ons kyk nou eers na hoe God ons geskape het
en hoe elke deel van ons beïvloed
word.

Liggaam:     body

Dis die uiterlike deel wat ons kan sien en aan
kan vat. Jy kan jouself in ‘n spieël sien. Die liggaam bly onverandered met wedergeboorte.
As jy lank is, bly jy lank, as jy kort is, bly jy kort.

God het ons liggame nodig
om te help in Sy Koninkryk, ons is Sy hande en voete hier op die aarde.

Siel:  (AOV = gemoed of gees vd gemoed) soul

Wat is ons siel? Dis ons
verstand of denke, ons wil en ons emosies. Dit wat binne-in ons koppe aangaan.

Al kan ons dit nie sien nie, weet ons dis daar!
Woorde raak ons aan. Mense se kommentaar kan ons bemoedig en opbou of selfs
seermaak en afbreek – ons voel hier, dis ons emosies. Dis waar ons vreugde en
pyn ervaar. Dis waar ons besluite neem en keuses maak, waar ons besluit waarvan
ons hou of nie hou nie.  Dis waar ons ons
kennis opbou en uitbrei.

Met verloop van tyd sal mens hier ‘n verskil
sien, soos jou denke vernuwe word. Daar mag by sommiges ‘n onmiddelike
verandering wees. Ons hoor dit veral by mense wat dwelms gebruik het en
onmiddelik verlos word van die verslawing. Die denke verandering is ‘n proses.

God het ons siele (verstand, denke) nodig om te
help in Sy Koninkryk.

Gees:     spirit

Dis die ware jy, wat volgens God se beeld
geskape is en ons gees sal vir ewig bestaan, in die hel of by God. En dis hier
waar wedergeboorte plaas vind.

1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

Wat gebeur in my gees met wedergeboorte?

Jou gees word nuut gemaak. Dis ‘n onmiddelike
transformasie, dis volkome en vir ewig, (daar is enkele uitsonderings waar
mense God later verwerp). Jou nuwe gees is nou 100% perfek – daar is geen gebrek of tekortkoming nie. Selfs al het jy niks gevoel in jou siel
of emosies nie, die transformasie is in jou gees, wat nou een is met God. En die HG kom woon in jou van die oomblik af dat
jy, ja gesê het vir Jesus. Jou gees is ook nou geregtig, sonder sonde
voor God.

Ef 1:13  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

Jou gees is nou geseël met God se seël. Jy is
‘tamper free’  peuter vry. Soos bv.
ingelegde vrugte, konfyt, chutney – ‘n bottel wat geseël is, om goed te bly.

Transformasie:– moet ook in die siel plaas vind. Hierdie is ‘n
voortdurendeproses.

Ef 4:23-24  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (denke) 24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Ons gees is nou vernuwe maar ons siel (verstand
en emosies en wil) moet nou by ons nuwe gees aanpas, dit moet in lyn kom. Dis soos ‘n kar se wiele,
die wheel alignment is nou uit. Ons moet leer om nie meer
te leef vanuit ons siel nie, maar vanuit ons gees. Ons moet ‘n deurvloei van
ons gees toelaat, na ons siel toe. Soos ‘n kraan wat oop gedraai word, dat die
water kan deur vloei. Anders gestel kyk in God se woord – laat die Woord jou
spieël wees van wat God van jou sê en glo die Woord.

Praktiese voorbeld:

Jy word genooi na ‘n partytjie, Jou liggaam sê– aa
lekker kos, drank ens.

Jou siel sê– lekker kuier saam met maats

Jou gees sê– jy hoort nie meer daar nie, en jy weet
dit.

Daar is konflik, ‘n stryery in jou, oor wat is die
regte ding om te doen, jy moet leer om die regte keuse te maak en besluit of jy
gaan luister na daai stemmetjie wat jou gewete is, uit jou gees …of na die
siel en liggaam se pluk om te doen of reageer soos jy altyd gedoen het.

Hoe doen mens dit?

Deur God se woord en nie met wêreldse wysheid of
slimmighede en gewoontes nie.

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (siel, denke), sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Efesiërs sê dit so – al 3 vertalings – ANV is
baie verwarrend

Ef 4:23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (denke) (AOV)

Ef 4:23  Julle gees (nie gees nie, siel en denke sal beter vertaling wees) en gedagtes moet nuut word; (ANV)

Ef 4:23 Julle moet op ‘n nuwe, geestelike manier leer
dink. (NLV)

Dié hernuwing van ons denke, moet hartskennis
word vir die transformasie om inpak te hê, dit moet nie net kop-kennis bly nie.
Jy moet weet wat God alles in jou en vir jou gedoen het en dit glo. Jy is
regverdig en heilig.

Geregtigheid:– 2 soorte (Righteousness)

Horisontale geregtigheid = eie geregtigheid – waar
jy goed doen in verhoudings met mense, dit maak jou lewe makliker en jy pas in,
in die gemeenskap. Dit hou jou uit die moeilikheid; by jou baas en ook by jou
ouers, tussen man of vrou. Dit is goeie maniere. Dit beteken egter niks vir jou saligheid of
redding by God nie. (totally useless and achieve nothing with God.)

Angus Buckhum says: ‘Good people
don’t go to heaven, only  believers go to
heaven.’

Vertikale geregtigheid = God se genade – (nuwer vertalings =
Vrygespreek)– jy kan niks doen om dit te bekom nie. Jou beste poging 
om geregtig te wees is onaanvaarbaar vir God.
(Your very best attempt to be righteous
achieves nothing with God.) Dit is wat God vir ons
gedoen het! (it is all about what God did for us!)

2Kor 5:21  Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.(ANV)

2Kor 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. (AOV)

Ons is volkome geregtig by God vanaf
wedergeboorte deur geloof in Jesus. God se behae (tevredenheid, plesier)(happy,
pleased) in ons is agv. Jesus Christus. Ons is in
geregtigheid en ware heiligheid nuut geskep.

Almal van ons gaan na ons wedergeboorte weer
gesondig,

1Joh 1:8  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.  

dis egter in jou siel wat jy sondig, nie in jou
gees nie. Jou gees is geseël, HG woon nou in jou en sonde kan nie saam met die
HG leef nie. Leef vanuit wie jy in jou gees is, glo dit, glo wat God se Woord
oor jou sê en nie wat die duiwel jou wil laat glo nie. Glo jou geestelike
spieël.

Verhouding: (relationship)

Jou verhouding of lewe met God het nie te doen
met dit wat in jou kop/verstand aangaan nie, en ook nie met dit wat gebaseer is
op wat in die wêreld se spieël sê nie. Jou verhouding met God is gegrond op wie jy in
die gees is, op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Die verhouding is gebaseer op die voltooide werk
van Christus, waardeur ons geregtig gemaak word. Ons moet omgaan met God in
gees en waarheid. Staan op jou geestelike Identiteit – kyk in die geestelike
spieël van die Woord en aanvaar jou ID in Christus.

Wat sê die Woord wie is ons:

Gal 3:26  Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God,

Ons
is God se kinders!

1Tim 6:15  Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.

God
is ons Koning en ons is Sy kinders, daarom is ons prinse en prinsesse.

Ek is wedergebore in:

Oorwinning, outoriteit,
welvaart, gesondheid, geregtigheid, wysheid, die nuwe verbond en die familie
van God.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*




Wat gebeur wanneer ‘n Christen sondig

Kom ons kyk eers na ʼn geheelbeeld van sonde.

Adam het gesondig in Eden deur van die boom van kennis van goed en kwaad te eet.

As gevolg daarvan het daar skeiding tussen God en die mens gekom

Jes 59:2 Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.

Wat het God egter oor die mens se sonde gedoen om hierdie skeiding te verwyder?

God het Sy Seun Jesus aarde toegestuur om vir die mens se sonde te sterf.

Jes 53:4-6  Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5  Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 6  Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

Jesus is vir ons almal se sonde verbruisel

Jes 53:10-11  Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik 11  Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.

Jesus het God se straf oor die sonde namens ons gedra en ons geregverdig voor God gemaak.

Heb 10:10  Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.

Deur Jesus se offer is ons heilig gemaak vir altyd.

Heb 13:12  Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.

Almal in die wêreld se sondes is vergewe.

2Ko 5:19  Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

Joh 3:17-18  God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18  Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

1Jn 2:2  En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

God wil almal deur Sy goedheid tot bekering lei – glo dat Jesus vir ons gelei het en dus gered is.

Rom 2:4  God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?

So God het die mens weer met Homself versoen deur Jesus aarde toe te stuur.

Nou wat van elkeen van ons individueel?

Soos verduidelik met bekering, die wat nie Jesus aanneem as verlosser nie gaan hulle lewe in duisternis voer, maar die wat bekeer en Jesus aanneem se gees word weergebore, verseël deur die Heilige Gees.

God gee die weergeborene ‘n nuwe natuur wat nie meer wil sondig nie en doen net wat reg is.

God skryf Sy wette op ons harte – gees en siel.

Heb 10:16-17  “Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skrywe.” 17  Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”

Almal se sondes is vergewe – verlede, huidig en toekomstig.

Ons gees is verseël en kan nie weer verwyder word van God nie, maar aan ons siel moet nog gewerk word.

Van ons siel volg ons denke / gedagtes na ons liggaam wat gewoonlik lei.

Rom 6:12  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

Al is ons gered en wil nie droogmaak nie, gaan elkeen van ons iewers droogmaak, want die siel en liggaam is steeds oop vir sonde.

1Jo 1:8  As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

Hoe moet ons hierdie sonde hanteer?

Wanneer die Woord van God dit aan jou duidelik maak of die Heilige Gees jou deur jou gewete waarsku, bekeer/bely soos verduidelik met bekering en stop die verkeerde optrede.

Herken probleem, maak besluit om weg te draai en voer besluit uit.

1Jo 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Wat gebeur as ons hierdie sonde nie erken, bely en daarvan wegdraai nie?

Rom 6:16  Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.

Heb 3:12-13  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie

Wanneer jou verkeerde optrede nie eindig nie gaan jou hart verhard en later gaan jy dink jou optrede is reg en moet so wees. Hierdie kan lei tot ‘n vroë dood op aarde en/of ‘n baie ongelukkig lewe op aarde.

Voorbeeld: Hou nie behoorlik stil by stop of ry vinniger as die snelheidsgrens – gewoonte – word op keer gevang dan is jy kwaad vir beampte.

Saam met dit kom die waarskuwing –

Gal 6:7-8  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Onthou die ewige lewe begin al hier op aarde met ‘n verhouding met God.

Watter invloed het sonde op die mens?

Jesus se vermaning aan die man wat Hy gesond gemaak het by die bad van Betesda –

Joh 5:14  Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

Sondige optrede bring nie altyd siekte nie en ‘n siekte is nie altyd agv sonde nie.

Van watter sonde praat ons?

  1. Jy volg nie die God se sedewette nie en kuier rond wat eindig dat jy HIV positief is – jou lewe verander in pyn en die skaduwee van jou dood op aarde, hang oor jou.
  2. Geld is alles in jou lewe en jy gebruik alle metodes om meer te kry – dan word jy siek van al jou stress en die geld kan nie jou lewenskwaliteit terug koop nie of jy sterf aan ‘n hartaanval en jou baie geld beteken niks nie.
  3. Jy soek uitkoms in dwelms wat eindig in jou dood hier op aarde.

Hierdie is voorbeelde van wat oortredings/sondes aan die liggaam kan doen.

Dr MK Strydom is ‘n mediese dokter wat ondersoek gedoen het na siektes en wat die Bybel sê. Sy het ook gebruik gemaak van Dr Caroline Leaf se inligting oor die brein en Ps Henry Wright se navorsing oor oorsake van siektes oor ‘n tydperk met sy genesing bediening.

Navorsing sê 87-95% van alle siektes is terug gevolg na wat in die gedagtes van mense aangaan.

Die onderstaande is ‘n aanhaling uit ‘n boek van Dr MK Strydom met die titel Healing begins with Sanctification of the Heart

Stress:

  1. The devil knows that if he can control your thought life, he can control your body chemistry and cause disease. One of the tools he uses is fear, anxiety and stress.
  2. Definition of stress: Stress is the mind and body’s response to any pressure that disrupts a normal peaceful state. It is your brain converting the thought into a physical reality via the electrical impulses in your nerves and specific biochemicals. Stress is a global term for the extreme strain on your body and its organ systems as a result of toxic thinking
  3. There are three stages of stress. The first stage is a temporary stress which you experience for example when you have to stand up in front of an audience and give a speech
  4. Stage 2 of stress. This is where your body has been in stage 1 for too long or when the stress reaction is triggered by a negative toxic thought such as fear, anxiety, anger, rage, unforgiveness and bitterness. This is when stress starts becoming harmful to your body.
  5. In stage 2 of stress for a long time, you shift into stage 3 of stress. This is chronic stress which is also called the exhaustion stage. …….. your organ systems begin to breakdown and serious illnesses develop. These stages of stress are a very good example of how toxic thinking can cause extreme physical reactions that damage almost every organ system in your body.

Wat gebeur met voortdurende hoë vlakke van spanning?

When the high levels of stress chemicals are flowing through your body in stage 2 and 3 of stress, …… they don’t move randomly through your body causing damage just anywhere – they move in a very specific sequence of attack:

  1. CARDIOVASCULAR SYSTEM – the heart and blood vessels are where the destructive stress chemicals go first.
  2. The next area these harmful stress hormones attack is the DEFENSE SYSTEM i.e. THE IMMUNE SYSTEM – the immune system is an army of cells that defend you from harmful things such as viruses, bacteria and cancer cells.
  3. After weakening the heart and breaking down your defense system, the stress hormones attack the brain. Fatigue, lethargy, exhaustion, insomnia (inability to sleep), lack of peace, phobias and panic attacks, poor memory and fogged thinking set in.  By this stage you are really feeling sick
  4. The next area to be hit is your digestive system – indigestion, constipation, diarrhea, vomiting, nausea, cramping, stomach ulcers, reflux (heart burn), irritable bowel syndrome, ulcerative colitis and malabsorption.
  5. Fertility problems and amenorrhoea (absence of menstrual periods) or irregular menstrual periods.
  6. Affects growth of children – stress can reduce the growth hormone by 87%
  7. Muscular tension –  for example a tension headache, sore neck and muscle contraction backache
  8. The common cold (caused by the Rhinovirus virus). The cold virus can’t get in unless you’ve caused damage to the receptors.
  9. High levels of the stress hormone cortisol delays healing of wounds, causes inflammation and decreases bone formation.
  10. The list goes on and on – almost every system in your body is affected by unresolved fear, anxiety and stress.

Strife:

Strife also causes stage 2 and 3 physical stress reactions.

Strife includes bickering, arguing, fighting, gossiping, heated disagreements and angry undercurrents.

Unforgiveness and Bitterness:

Unforgiveness, bitterness, anger, rage and resentment will also put your body into Stage 2 and 3 of stress, leading to the development of diseases such as cancer, cardiovascular disease, pain disorders and stomach ulcers.

Inadequate Rest:

Other ways that we put our bodies into a toxic state of stage 2 and 3 of stress is overworking where we do not get enough rest.

Sondes  – strife/twis, unforgiveness/onvergewinsgesindheid, bitternis/verbittering en fear/vrees.

Ek sê weer siekte is nie altyd weens sondige optrede nie.

Wat sê die Woord vir ons?

Jak 5:14-16  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. 15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. 16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Afsluiting:

Wanneer ons droogmaak/sondig dan beweeg ons weg van God se beskerming en maak ons onself oop vir die duiwel.

Ons sonde na wedergeboorte vat ons lewe oorvloed weg.




Die Eie Ek: Die bron van al ons ongelukkigheid.

Anders gestel, Selfgesentreerdheid, die bron van alle ongelukkigheid.

Definiesie van selfgesentreerdheid

Selfverheffing of hoogmoed is selfgesentreedheid; maw alles draai om jou en jou belangrikheid in jou wêreld.

Nou meeste van ons, sal sê dat ons glad nie hoogmoedig is nie, eerder die teenoorgestelde, dat ons ‘n lae selfbeeld het. Maar as ons mooi daaroor dink, dan is ons ‘nederigheid’ of skaamheid eintlik inherente selfsug. Wat ons motiveer, is ons vrees vir ‘wat gaan hulle van my dink?’. So, ons kruip weg agter ons  terug-getrokkenheid en ‘dis nie mooi om jouself te verhef nie’. Maw, jy dink ook maar net aan jouself.

Watter woorde beskryf Selfgesentreedheid in gewone taal?  

Stel jou voor selfgesentreerdheid is ‘n stok, aan die eenkant is; Hoogmoed, arrogansie, selfpromosie, dink meer van jouself as wat jy moet, dink jy is beter as ander, wil middelpunt van geselskap wees, eie geregtigheid.

Aan die ander kant van die selfgesentreerdheid-stok is; lae selfbeeld, ek is nie goed genoeg nie, skaam, inkennig, teruggetrokke, ek is te sleg, ek sal nooit kan nie, ek glo nie in myself nie, ens.

Waarom word ons kwaad of is geirriteerd?

As ons eerlik is, is dit omdat my idee, my sienning nie aanvaar word nie, of die waardeering kry wat ek dink dit verdien nie.

Jak 4:1-3  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3  As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. (ANV)

Wat is selfgesentreedheid?

Selfgesentreedheid is die verkeerde fokus. Ons fokus op ons veronderstelde behoeftes en begeertes, op ons eie klein wêreldjie. ‘I, me, myself’, ons is toegewikkel in ons self, ons leef vanuit ons vlees , ons 5 sintuie,  ons is oor sensitief, ons emosies neem oor, ons leef vanuit ons siel ipv ons gees.

Waar kom selfgesentreerdheid vandaan?

Gen 3:6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet (AOV)

Die duiwel het ‘n lus geskep en ‘n  behoefte het ontstaan vir beter en meer kennis.

Dit het alles begin by die sien van die vrug, haar fokus was nie meer op God nie, maar op haar behoefte en dit kan ontwikkel in ‘n persoonlike krisis.

Hierdie behoefte (wil hê), het ‘n ‘moet hê’ geword. En as ons dit nie kry nie is ons ongelukkig. Ons lewens word dit waarop ons fokus!

Joyce Meyer sê: ‘You can not be selfish and happy’ ‘Jy kan nie selfsugtig en gelukkig wees nie.’

Waaraan herken ons Selfgesentreerdheid? 

  1. Hoogmoed: = ego, eie geregtigheid, arrogansie, self-afhanklikheid, self regverdiging, woede, boosheid,

Psa 10:4  Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes!(AOV)

Psa 10:4 The wicked in his proud countenance does not seek God; God is in none of his thoughts.(NKJV)

God is nie in die gedagtes van ‘n selfsugtige nie, sy fokus is nie op God nie!

Pro 8:13  Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ‘n verkeerde lewe en slinkse woorde. (AOV)

Pro 8:13 The fear of the LORD is to hate evil; Pride and arrogance and the evil way And the perverse mouth I hate.(NKJV)

Hoogmoed is die vrug van vrees.

  • Vrees:  Jy het geen vertroue in die verbond wat God met jou het nie. Jy is bevrees oor wat ander van jou dink, jy is bang vir mense en hulle opinies. Jy leef met ‘n gees van angs.

In Deuteronomium lees ons wat God vir Israel gesê het as hulle Sy voorwaardes nie nakom nie.

Deu 28:66  Jou lewe sal aan ‘n draadjie hang, jy sal dag en nag in vrees lewe, jy sal jou lewe lank onveilig wees.

Ons leef in twyfel wanneer ons God nie goed genoeg ken, om Hom ten volle te vertrou nie. Vrees is die gevolge van ons sondes in ons lewens hier op aarde.

3. ‘Grief’:Treur en rou (Afrikaans se betekkenis oorvleul te veel, dus ek gaan die Engels gebruik) = hurt, heartache, heartbroken – Grieve = sorrow, suffer, agonize – In die rou proses is dit normaal om vir ‘n rukkie in die tydperk te wees, maar mens moet oor gaan in die ‘mourning’ fase.  Om vas te steek in die ‘Griving” fase is self-gesentreerd, want dan gaan dit nie meer oor die persoon nie, maar oor jou eie onvermoë om die verlies te hanteer en daarmee saam te leef. ‘Hoe kan ek sonder … leef? ‘

Mat 5:4  Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

‘To mourn’ is die volgende stap. Die volgende fase van ‘grief’ is  ‘mourn’ en dis om waardeering te hê en die persoon se lewe te vier (celebrate). Om God te dank vir die tydperk wat julle saam gehad het, en met die lewe aan te gaan, elke dag, dis ‘n prosess. Om op Jesus en HG te fokus vir troos.

  • Twis   

Spr 13:10  Selfverheffing(hoogmoed) lei altyd tot twis; dié wat goeie raad aanneem, het wysheid. (AOV)

Pro 13:10 By pride comes nothing but strife, But with the well-advised is wisdom.(NKJV)

Twis volg op ‘n houding van arrogansie, woede, ontevredenheid, ondankbaarheid en kla. Twis dui aan, dat jou fokus nie op Jesus is nie, jy is die middelpunt van jou bestaan en alles moet na jou sin wees.

  • Depressie – gevangeneskap

Depressie is diep gewortel in selfgesendtreerdheid;  dis self-fokus, daar is geen visie nie,  geen rede vir bestaan nie en niks wat motiveer nie.

Luk 4:18,19 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; 19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Luk 4:18 “THE SPIRIT OF THE LORD IS UPON ME, BECAUSE HE HAS ANOINTED ME TO PREACH THE GOSPEL TO THE POOR; HE HAS SENT ME TO HEAL THE BROKENHEARTED, TO PROCLAIM LIBERTY TO THE CAPTIVES AND RECOVERY OF SIGHT TO THE BLIND, TO SET AT LIBERTY THOSE WHO ARE OPPRESSED;

Vers 19 se betekenis;- Watter nut is dit om aan mense in tronke vrylating te verkondig? Sal jy vrylating kan bewerk vir hulle?

Dit sê nie vry te laat nie, dis ‘vrylating van gevangenisskap’ van ons eie gedagtes, van ons self opgelegde gevangeneskap in ons denke.

Wat is die teenoorgestelde van Selfgesentreerdheid?

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. (AOV)

Die teenoorgestelde van selfgesentreerdheid is om ‘n lewende offer aan God te wees. Dit beteken jy moet jou eie wil en lewe neer te lê, vir God en ander se behoeftes.

Fokus op Jesus. Wees lief vir God en Sy Woord.

Wat is opregte nederigheid?

Glo wat God se Woord oor jou sê! Weet wie jy in Christus is! Dit sal jou vry maak.

‘Ek is dit nie werd nie’ of ‘Ek is te sleg of te sondig’ is selfgesentreedheid. Jy ag jou woord hoër as God se Woord.  (en dis ook sonde.)

Wat is die regte fokus?

Die regte fokus is om Christus gesentreerd te wees, dis om op God te fokus en te leef vanuit jou gees, dit is wat vryheid gee.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Maak Jesus die fokus van alles wat jy dink en doen. My Ma het gesê ‘Elke asem teug moet vir Hom wees’.

Heb 12:1,2  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

  1. Geen ‘pity parties’ meer nie.
  2. Lê die ou mens af en neem die nuwe lewe aan.
  3. Weet ‘Wie jy in Christus’ is, glo en verklaar dit elke dag oor jouself.
  4. Wanneer ons Jesus loof en prys word Hy grootter en die probleem krimp weg.
  5. Fokus op Jesus.
  6. Laat elke asemteug tot Sy eer wees.



God is onskuldig

  • Hoekom gebeur daar slegte goed met ons?
  • Hoekom lei onskuldige kinders – mishandeling, hongersnoot, ens.?
  • Hoekom is daar armoende, so baie siektes en ellendes?
  • Hoe kan ‘n goeie God die slegte oor ons laat kom of toelaat dat dit oor ons kom?
  • As God, die Skepper van alles is, hoekom het Hy natuurrampe geskep?

Wat leer die Woord ons?

Ja – God het die aarde en alles daarop geskep en dit was goed in God se oë maw perfek – Gen 1 en 2.

MAAR

Gén 1:26  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

God het die mens beheer oor die aarde – skepping gegee. Lees ook in:

Ps 115:16  Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

Ps 8:6  (8:7) U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

Wat gaan doen die mens toe? – ons groot-voorvader Adam – hy luister na die duiwel en gee hierdie heerskappy van die aarde oor aan die duiwel.

Luk 4:5-6  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

Jesus het nie die duiwel terreggewys uit die Woord nie – so die duiwel was reg.

Ons sien ook in 2 Kor 4:3+4, Ef 2:1+2 en 1 Joh 5:19 dat die duiwel is in beheer van die aarde.

God is oppermagtig – supreme – hoekom gryp God nie in en keer hierdie pyn en lyding nie?

God het die mens ‘n vrye wil/vrye keuse gegee om self te besluit wat hy wil en nie wil nie – God meng nie in met die mens se wil nie – God het nie ingegryp toe Adam die verkeerde besluit gemaak het nie – as God nie ons vrye wil respekteer wat Hy vir ons gegee het nie dan was ons net marionette in Sy hand – Hy het egter ‘n regstelling gemaak – Jesus.

Die vraag is egter, na wie toe draai ons – na God toe of na die duiwel toe?

Ons het ‘n eie wil en moet self besluit – as ons verkeerd besluit, kan ons nie God beskuldig nie.

Toets God ons met slegte ervarings?

God het nie nodig om ons te toets om uit te vind wat ons dink en doen nie – Hy ken ons, weet wat ons dink en doen.

Jak 1:13- Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.

God plaas ons nie in versoeking om ons te toets nie.

14  Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep15  Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Die beproewinge wat ons beleef en wat met ons gebeur kom deur ons eie besluite,

16  Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17  Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

God gee net die goeie en is onveranderbaar.

Gebruik God die duiwel om die slegte oor ons te bring vir straf?

Jak 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Die mens onderwerp hom aan die duiwel deur sonde en dink dan dit is God wat hulle straf.

God sê ons moet die duiwel weerstaan / teenstaan – dit is ‘n aksie, moet nie met gevoude arms wag om geslaan of verdruk te word nie – weerstaan die duiwel (aksie) – Jesus is ons voorbeeld Hy het die duiwel weerstaan Luk 4.

Vra God se beskerming

1Pe 5:7  Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Ook 2Pet 2:9, Heb 13:6, Mat 28:20, Js 54:17, Luk 21:18, ens

Spreek die duiwel aan

Joh 14:12  Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Ook Mrk 16:17-18

Daar is net een ding waarvan God ons nie beskerm nie en dit is vervolging omdat ons in Jesus glo. – Mat 10:16-17

God sal ons deur die Heilige Gees ondersteun om dit te kan hanteer.

Gebeur slegte dinge met ons vir ons eie beswil?

Die volgende vers word deur die mense gebruik ter verduideliking dat alles wat met ons gebeur is van God en gebeur om ons te lei om beter te word.

Rom 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. – Rom 8:28  And we know that all things work together for good to those who love God, to those who are the called according to His purpose.

Die vers alles ten goede meewerk vir die wat God liefhet – dit sê nie; slegte goed gebeur met die wat God liefhet, om hulle te leer nie.   

God kan egter, wanneer ons swaarkry deur ons eie toedoen, dit gebruik om ons op te voed.

As God slegte dinge wil gebruik om ons te leer, hoekom het Jesus almal gesond gemaak?

Dit beteken ook as ons siek is mag ons nie bid vir genesing of dokter toe gaan nie, want dan is ons teen die wil van God.

God tugtig ons nie met siekte nie, Hy gebruik Sy Woord daarvoor –

2Ti 3:16-17  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Gebeur slegte dinge met ons omdat God ons straf vir ons sondes?

Daar word maklik gesê dit het met hom gebeur omdat God hom haar straf vir sy sondige lewe of iets wat verkeerd gedoen is.

2Ko 5:19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

Jesus het reeds vir ons sonde gesterf en God het ons klaar vergewe vir enige sondes, maar deur ons eie besluit maak ons ons oop vir die duiwel en hy kan nie wag om ons ‘n harde tyd te gee nie, wanneer ons skeef trap nie.

Baie dinge wat met ons gebeur, is deur ons eie ondeurdagte besluite – ry te vinnig in die reën, gly wanneer vinnig gerem moet word en beland in ‘n ongeluk – gebruik nie common sense nie, doen dinge sonder om eers te kyk of ons nie dalk gaan seerkry nie.

God straf nie die wêreld met oorloë of menslike rampe nie, die duiwel gebruik mense om dit te begin.

Is natuur-rampe van God?

Die rede vir die vloed in Noag se tyd –

Gén 6:11-12  Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld; Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.

Aanvaar dat die mense baie erg was en dit sluit in ook die tyd toe hemelwesens met dogters van die aarde, kinders gehad het en Gen 6:4 Hulle was die sterk mense van die ou tyd, die manne van naam.

Ons weet nie baie van hierdie geskiedenis nie, maar aanvaar die vloed was nodig.

In die tyd voor Jesus was daar baie verbonde/ooreenkomste wat God met mense gehad het –

Voorbeelde wat ons van weet:

  1. Die verbond met Abraham en sy nageslag – wie hulle seën sal geseën word en wie hulle vervloek sal vervloek word
  2. Die verbond met Israel in Moses se tyd – die wette wat hulle moes nakom – seën en straf

Dit kan aanvaar word dat wanneer die mens enige van hierdie verbonde sou oortree, God sou optree ooreenkomstig die verbond wat straf insluit.

Dit is egter nie belangrik dat ons dit wel alles moet weet nie – ons weet wat die nuwe verbond vir ons beteken – Jesus het vir ons gesterf en is nou kinders van God wat na ons omsien.

Dit wil voorkom dat voor die vloed, het die aarde heeltemal anders gelyk en gewerk het, as daarna –

Gén 2:6  Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak.

Ons lees die volgende het met die vloed gebeur:

Gén 7:11  op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen; 12  en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.

Gén 7:19  En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was. 20  Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.

Daar kan aanvaar word dat die aarde seergekry het – verander/beskadig is – van daar die plate wat skuif en aardbewings en tsunamies ens – die aarde was nie meer soos met die skepping nie.

Ons lees ook in Romeine oor die aarde wat sug in pyne van verwagting –

Rom 8:21-22  die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. 22  Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.

So dit wat ons nou hier op aarde beleef met natuur-rampe word toegeskryf aan die sonde van die mens, maar God stuur nie die rampe nie, dit ontwikkel agv die veranderings aan die aarde na die sondeval.

Afsluiting:

Kyk weer na die vrae in die begin:

  • Hoekom gebeur daar slegte goed met ons? – Ons maak ons oop vir die duiwel deur sonde
  • Hoekom lei onskuldige kinders – mishandeling, hongersnoot, ens.? – As gevolg van die sondeval as ook ouers en grootouers wat hulle oopgemaak het om deur die duiwel aangeval te kan word – vloeke – Eks 20:5 en al die ander vloeke wat in die verbonde voorkom.
  • Hoekom is daar armoende, so baie siektes en ellendes? – Die mens maak homself oop vir die duiwel en glo en vertrou nie in Jesus nie. – Joh 10:10
  • Hoe kan ‘n goeie God die slegte oor ons laat kom of toelaat dat dit oor ons kom? – God meng nie in met ons elkeen se vrye wil en keuse nie – ons bring dit oor onsself, ons is nie God se marionette nie
  • As God, die Skepper van alles is, hoekom het Hy natuurrampe geskep? – Die natuur/aarde is verander na die vloed wat agv die sonde plaas gevind het was en ons ly onder daardie gevolge

Ja ons lewe hier op aarde met al die dinge wat gebeur tot nadeel van die mens, maar ons wat glo in Jesus as ons verlosser, sal beskerm word wanneer ons vir beskerming vra – God belowe dit aan ons – ook in Jesus se Naam kan ons ons outoriteit gebruik om onsself te beskerm.

God was, is en sal atyd goed wees – Ps 86:5 – van die begin af tot in die ewigheid.




Krag van ‘n Geesvervulde Lewe

Soms word ons groot in ‘n omgewing waar daar min oor die Heilige Gees of geestelike dinge gepraat of geleer word, of ons word verkeerde leerstellings geleer. Ons hoor goed en sien dinge wat ons nie verstaan nie en vorm dan verkeerde persepsies oor die geestelike en is huiwerig om ons daarin te begewe. Dus

Wat is ‘n geesvervulde lewe?

Dis wanneer die Heilige Gees in ons woon en ons Hom toelaat om ons te rig en te lei. Ja ons moet Hom ruimte gee, Hom toelaat om ons te lei en Sy leiding volg.

Waar kom die krag dan in?

Dis krag wat ons van Jesus ontvang, om dit te kan doen wat ons moet, soos Jesus dit vir sy dissipels gesê het, voordat Hy opgevaar het na Sy Vader toe. Jesus het belowe om vir ons ‘n helper te stuur wanneer Hy na Sy Vader gaan. Ons sal net-nou Joh 14:16-18 lees. Jesus het die dissipels beveel om bymekaar te bly tot hulle die Heilige Gees ontvang.

Luk 24:49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Hulle was bymekaar toe die Heilige Gees op hulle gekom het.

Hand 2:1-4 Die uitstorting van die Heilige Gees

A. Wat  het die Heilige Gees vir die dissipels beteken, wat was verskillend?

Om hierdie antwoorde te kry, laat ons kyk:

Wie is die Heilige Gees?

  • Heilige Gees is deel van die drie-eenheid; – God, die Vader; die Seun, Jesus en Heilige Gees.  (Kol2:9, 10)
  • Heilige Gees is ‘n ‘gentelman’ en sal slegs doen wat die Vader en Jesus Hom gee om te doen en wat jy toelaat.
  • Hy sal nie jou wil oorskry nie! Of jou probeer beheer nie.
  • Hy bemoedig en bou jou op en versterk jou.

Net-nou meer hieroor.

Wat is die Bybelse voorwaardes om Heilige Gees te kry?

  • Jy moet in Jesus glo en aanvaar wat Hy vir jou op die kruis gedoen het.

Met ander woorde, jy moet wedergebore wees om Heilige Gees te kan ontvang en dit kwalifiseer ons, om die lewe wat God vir ons beplan het reeds hier op aarde te leef.

  • Die doop van die Heilige Gees gee ons die krag om dit uit te leef. Ons het die krag van die Heilige Gees nodig om te doen wat Jesus gesê het ons sal doen, nl tekens en wonders sal ons volg waar ons ook al gaan. Dit is bewys dat Heilige Gees in ons is.

OT en NT bedelings

Heilige Gees het in OT net op sekere persone gekom vir ‘n sekere taak en hulle dan weer verlaat. Heilige Gees kon nie in hulle bly nie as gevolg van sonde. Ons leef in ‘n Nuwe Testamentiese bedeling – met ‘n beter ooreenkoms met God – as gevolg van alles wat Jesus op die kruis vermag het, is die sonde-oordeel afgehandel. Heilige Gees het gekom om te bly in die wat Jesus erken as hul verlosser.

Wat is die werk van die Heilige Gees?  

Heilige Gees se werk is om ons te help, te lei en op te bou, om ons te bemoedig en te troos.

  Hoe verander Heilige Gees ons? (sien ook later,Wat Heilige Gees vir ons doen)

Heilige Gees Veroorsaak geestelike of innerlike verandering: (HS cause inward or spiritual changes)

met wedergeboorte –  2Kor5:17 nuwe gees, die oue is verby, alles is nuut en jy is regverdig voor God.

Heilige Gees veroorsaak opwaartse lof en prys aan God: (HS cause upward worship)

Joh4:7-24 Samaritaanse vrou by die put. Sy kom skep water op die warmste tyd van die dag, om die mense te vermy as gevolg van haar geskiedenis / reputasie. Sy hoor wat Jesus sê en is opgewonde, nou maak niks meer saak nie, sy gaan roep die hele dorp om te hoor wat Jesus sê.

1Kor14:15 sê: loof en prys in waarheid en Gees.

1Kor12 & 14 Spreek en sing in tale is direk tot God, dis in perfekte eenheid met God.

Heilige Gees veroorsaak uitwaartse vloei: (bewyse na  buite) (HS cause outward flow)

Joh7:37-39 lees :38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Ons lewenswyse en optrede, dit wat die mense van ons sien – sien hulle Jesus in ons?

Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Ons sal die woord uitdra met tekens en wonders. Joh14:10-17

B. Hoe om die groter werke te doen as wat Jesus gedoen het?

Joh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Ons moet in Jesus glo om die groter werke te kan doen en omdat ons so baie van Hom ontvang het, kan ons:

Ons ontvang want, Jesus het die prys betaal, Hy het ons sonde op Hom geneem – al was Hy sondeloos,

Hy het ons siektes en vervloekinge op Hom geneem,

Hy is hel toe, het die dood geproe, Hy het gely vir ons.

Hy het die duiwel, hel en dood oorwin.

Hy het die sleutels afgeneem by die duiwel,

Hy het die wat gevange was bevry,

Hy het seëvierend uit die graf gekom en opgevaar na sy Vader.

Ons loop in oorwinning  want Jesus het dit reeds vermag.

Ons het Heilige Gees ontvang, daarom is ons soos Jesus is!

1John 2:20  En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

Kol 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

1Kor 2:16  Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus.(ANV)

Hy het ons outoriteit gegee om Sy naam te gebruik!

Joh 14:13  En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Dis ‘n groot verantwoordelikheid, ons moet dit met respek en verantwoordelikheid gebruik. Die outoriteit is gegee, maar ons moet dit aanvaar om daarin te kan werk.

C. Kwaliteite van Heilige Gees Joh14:16-18 en 14:26-27

Joh 14:16-18  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18  Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Trooster – :16  in Engels ‘comforter’ en in Grieks is dit perecletoes [par-ak’-lay-tos]  = An intercessor, consoler: – advocate, comforter.

Advokaat, trooster of bemoediger, helper, verteenwoordiger.

Heilige Gees bly in jou – :16 vir altyd, Hy is nie ‘n besoeker nie, Hy bly, dit beteken – jy is nooit alleen nie! Erken en herken Heilige Gees se teenwoordigheid in jou lewe. Groet Hom, praat met Heilige Gees. Wanneer ons swak is, is Hy sterk, Hy tree op deur ons – Hy het nie ‘n af tyd nie.

Heilige Gees is Gees van Waarheid – :17 Woord van God is waar.

Wêreld kan Heilige Gees nie ontvang nie, -:17 net kinders van God kan.

Joh 14:26-27  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Heilige Gees sal jou alles leer – :26b 

Heilige Gees sal alles tot herhinnering bring en – :26c

Heilige Gees sal jou vrede gee – :27 geen vrees of ontsteltenis nie

3 Dinge wat Heilige Gees in die Wêreld doen: Joh16:7-11

  1. Heilige Gees sal wêreld van sonde oortuig- :8-9
  2. Heilige Gees sal wêreld berispe  in verband met geregtigheid- :8, 10 & Jes64:6
  3. Heilige Gees sal wêreld berispe in verband met oordeel -:11 Jesus het sonde oorwin; ons is geregtig in Jesus; ons vyand is tot in alle ewigheid oorwin.

Wat Heilige Gees vir ons doen Joh16:12-14

  1. Heilige Gees lei jou in waarheid – :13 (verlossing – Joh17:17, wedergeboorte – 2Kor5:17, outoriteit – Luk10:19.)
  2. Heilige Gees praat nie uit eie reg nie, slegs wat Hy van God en Jesus hoor – :13
  3. Heilige Gees sal ons wys wat nog sal kom, toekoms dinge – :13
  4. Heilige Gees verheerlik Jesus – :14
  5. Heilige Gees ontvang van Jesus en wys dit vir ons -:14

Krag van Heilige Gees

Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Krag vir ons gees om vrylik en direk  met God te praat

Hand2:1-4 vreemde tale;

1Kor14:2 Tale (geestelike tale)- spreek verborge dinge – verborge vir mense en bose geeste, maar nie vir God nie, God verstaan.

1Kor14, 15 vra om te verstaan wat jy praat en sing in die gees – is perfekte manier om met God te kommunikeer – dit bring eenheid

Krag om met vrymoedigheid vervolging te hanteer – Hand3 & 4

Krag om dood (vervolging) in die oë te kyk – Hand 7:54-60 Stefanus

Krag om duiwel en sy bose magte aan te vat. –  Hand13:2-12 Paulus het Elimas die towenaar tereggewys en hy was blind vir ‘n tyd.

Die Heilige Gees is ‘n kragtige helper, trooster en leier, wanneer ons Hom vertrou en toelaat om te doen wat Hy moet.

Deur Heilige Gees in ons, is ons soos Jesus.




Hoe om Heilige Gees te Ontvang

Wat dink julle, is nodig om Heilige Gees te ontvang, om ‘n geesvervuldelewe te lei?

Joh 7:37-39  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (AOV)

Om Heilige Gees te ontvang moet ons dors wees om te ontvang, met ander woorde ons moet ‘n begeerte hê om Heilige Gees te ontvang en gaan drink.

Maniere Om Heilige Gees te ontvang

1) Wag in gebed op God

Hand 1:4 & 8 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Die dissipels moes op God wag om Heilige Gees te stuur.

Hand 1:14  Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

2) Oplê van hande

Hand 8:4-8 & :12-17 Dis die Gelowiges in Samaria wat by Fillipus van Jesus gehoor het en geglo het en met water gedoop is, maar het nie die Heilige Gees ontvang nie. Petrus en Johannes het hulle die hande op gelê en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Hand 9:10-17  Ons lees :17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. 

Ananias het opdrag gekry om na Paulus te gaan en hande op hom te lê, sodat hy kon sien en Heilige Gees kon ontvang. Dit was in Damaskus.

Hande oplê is die vrystelling van die salwing  van die Heilige Gees op mense, om die geskenk van God te ontvang.

3) Hoor die Woord Rom10:17-21

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Rom 10:17 So then faith comes by hearing, and hearing by the word of God.

In Hand10 lees ons van Cornelius hoofman oor hondered en Petrus wat die woord aan nie-Jode moes gaan verkondig. Hulle hoor wat Jesus alles gedoen het en glo en die Heilige Gees word op hulle uitgestort terwyl Petrus nog die Woord aan hulle verduidelik. En hulle word ook gedoop.

Dus soms kan ons die Heilige Gees ontvang voordat ons gedoop is.

4) Bereidheid om verdere Openbaringe te ontvang Hand19:1-6

Hier lees ons van gelowiges in Efese wat Paulus daar ontmoet. Hulle is met water gedoop, met Johannes die Doper se doop, maar het nie verdere kennis nie. Paulus leer en doop hulle in Jesus se Naam en lê hulle die hande op en hulle ontvang Heilige Gees.

Hand 19:5, 6  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

5) Vra om Heilige Gees te ontvang Luk11:9-13  

Luk 11:13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Glo wat jy vra, glo dat jy dit ontvang het.

6) Jy is waardig om Heilige Gees te ontvang

  • Jesus het oorwin, Hy is die Lig wat die duisternis oorwin het, Sy bloed het jou skoon gewas, daarom is jy waardigom Heilige Gees te ontvang.

Joh 1:5-7  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. 7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

  • Jy is uitgekies, koninklik (royal) priesters, heilig volk, wat genade ontvang het.

1Pet 2:9-10  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

  • Jy is Sy skepping, wat die vrede van Jesus verkondig, en Hy het ons toegang tot Vader God gegee.

EF 2:10-22 

Ef 2:10 & 13 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Ef 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

  • Prys God vir Sy genade en heerlikheid wat jou aanvaarbaar gemaak het deur Sy genade en vergiffenis.

Ef 1:6-7  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

  • Omdat jy Christus as jou verlosser aanvaar het en jy dus geregtig voor God is, is jy waardig om Heilige Gees te ontvang.

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

2Kor 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

  • Deur Jesus het jy deel aan al die belofte en deel jy in die Goddelike natuur en kan jy die korrupsie van die wêreld ontvlug.

2Pet 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

  • Jy is waardig, geliefd en gewas van sonde in Sy bloed en dit maak ons konings en priesters, en ons deel in Sy glory en krag in Jesus vir ewig.

Openb 1:5-6  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed 6  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Hoe sal jy weet of jy die doop van Heilige Gees ontvang het?

Joh 7:38-39  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (AOV)

Glo dat as jy gevra het, dat jy ook ontvang het. Mrk11:23-27

Mense wat Heilige Gees se doop ontvang het, begin om in tale te praat of te profeteer. Soos ons in Hand2 gesien het.

Weet egter dat daar dinge is wat spreek in tale kan verhinder. Jy sal ook agterkom dat jy in die gawes van die Heilige Gees optree. Selfs as jy nie in tale spreek nie. (Sien:  Spreek in Tale)

Is daar iemand wat Heilige Gees en praat in tale wil ontvang?

Bid die gebed en glo dat jy ontvang  het:

Vader God, ek dank U, dat ek U tempel is waarin U Heilige Gees woon. Ek maak nou die deure van hierdie tempel oop en  nooi U Heilige Gees om my te vul en my die krag van die gawes te gee. Vernuwe asseblief my denke en lei my denke sodat ek geestelik inplaas van natuurlike sal dink en dat  U krag sigbaar sal wees in my lewe. Ek vra ook vir die gawe om in tale te praat in Jesus Naam. 2Kor2:14




Voordele van spreek in tale

Kom ons begin eers met ‘n kort oorsig oor die Heilige Gees.

Wanneer ons Jesus aanneem as ons verlosser, word ons weergebore en dit is, ons gees word nuut en verseël deur die Heilige Gees en die Heilige Gees kom woon in ons en lei ons gees. Ons ontvang verder ook die vrug van die Heilige Gees – liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

Hoewel ons gees vernuwe is, is ons siel nog onverandered en moet vernuwe word deur die Woord van God en ook leer om die Heilige Gees te laat uitvloei.

Wanneer ons gedoop word in die Heilige Gees ontvang ons een of meer van die nege gawes van die Heilige Gees – woord van wysheid, woord van kennis, onderskeiding van geeste, geloof, genesing, wonderwerke, profisieë, tale en uitleg van tale.

Nou wat is hierdie tale in Bybelse konteks – tongues in Engels – ook bekend as geestelike tale?

‘n Definisie in Engels:

“Supernatural speaking of a language never learned by the speaker and spoken as the Holy Spirit gives the ability to do so.” (Wendell Parr)

Baie mense in die kerk, veral met gereformeerde agtergrond, sê hoewel vreemde tale in die Bybelse tyd gebruik is, dat dit nie meer vandag gebeur en nodig is nie. Hulle sê ook dat die tale wat gebruik is, was werklike tale van daardie tyd.

Kom ons kyk wat sê die Woord oor tale.

Waar kom die tale vandaan?

1 Kor 12:8-11[8] Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; [9]  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; [10]  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. [11]  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.”

Tale is een van die nege gawes wat deur die Heilige Gees uitgedeel word en gebruik word in onderandere in samekomste van die Gelowiges. Een van die gawes is ook om tale te kan uitlê, wat vir ons verklaar dat wanneer tale gespreek word, kan dit vir almal onverstaanbaar wees en is uitleg nodig wat die Heilige Gees sal voorsien.

1Kor 14:13  Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

Daar is twee areas van gebruik van tale – by samekomste van gelowiges (openbare gebruik) en persoonlike gebed by individuele – Gelowige.

Gebruik van tale in samekomste

Die eerstekeer waar ons lees van tale is in Handelinge waar die Heilige Gees op die Gelowiges uitgestort word.

Hand 2:4En hulle is almal vervul met die Heilige Gees [doop in die Heilige Gees] en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”

Hier sien ons dit gebeur in die samekoms en as mens verder lees sien jy dat dit tale was van verskillende nasies, wat in Jerusalem was op daardie stadium. Hierdie gebeurtenis kan ook beskrywe word as ‘n teken vir ‘n ongelowige.

1Kor 14:22  Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges;

Dit gebeur steeds vandag nog, waarvan ons verskeie getuienise gehoor het dat ‘n persoon in ‘n byeenkoms ‘n booskap van die Heilige Gees ontvang om in ‘n taal onbekend aan die spreker te gee en dan verstaan ‘n ander persoon die boodskap in sy moedertaal wat niemand anders in die byeenkoms ken nie.

Die ander gebruik van tale in samekomste is waar die Heilige Gees ‘n boodskap in tale op die hart van ‘n persoon, met die gawe in tale, lê om die boodskap te gee, maar dan moet die spreker of iemand in die byeenkoms ‘n uitleg van die boodskap gee, wat ook van die Heilige Gees sal kom. In hierdie geval sal die taal onverstaanbaar wees vir die hele byeenkoms – ‘n geestelike taal.

Ons sien dit ook in die volgende gedeelte waar Paulus aanbevelings gee om orde in samekomste te handtaaf –

1Kor 14:27-28  En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. [28]  Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.

Gebruik van tale in persoonlike bede.

Ons bestaan uit gees, siel en liggaam, wanneer ons in tale bid, bid ons gees tot God en ons verstaan niks daarvan nie en moet vra dat God dit aan ons bekend moet maak. Almal wat in die Heilige Gees gedoop is het ‘n persoonlike geestelike gebedstaal wat jy nie sal verstaan nie en die Heilige Gees moet aan jou die uitleg daarvan gee.

1Kor 14:2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

1Kor 14:14-15  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. [15]  Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

Uit vers 15 kan ons sien dat ons ook aanbidding en lofprysing (worship) in tale doen.

  • Verder wanneer jy in tale bid bou jy jouself geestelik op (edify)

1Kor 14:4  Die een wat ongewone tale of klanke gebruik, bou net homself op,

Jud 1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

  • Ons spreek ook danksegging uit wanneer ons in tale bid

1Kor 14:16-17  Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? [17]  Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. Gestig = geestelik opbou

  • Wanneer jy in tale bid verstaan die duiwel ook nie.

1Kor 14:2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

Persoonlike gebede kom ook in tweedele voor

Die een is jou persoonlike gebede tot God in tale soos hierbo verduidelik

Die twee is wanneer jy deur die Heilige Gees opdrag kry om vir iemand, bekend of onbekend, in te tree met gebed in tale.

Rom 8:26-27  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. [27]  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Hoe kry ons dit reg om in tale te spreek?

Dit kan outomaties gebeur wanneer jy met die Heilige Gees gedoop word –

Soos met die uitstorting van die Heilige Gees die eerstekeer

Hand 2:4En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”

Petrus wat na Cornelius toe gestuur is –

Act 10:44-46  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. [45]  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. [46]  Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.

Paulus wat ‘n groep gelowiges in Efese teegekom het wat net met water gedoop was –

Act 19:6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Daar is egter verse waar mense in die Heilige Gees gedoop is en dit nie aangeteken is dat daar in tale direk daarna gespreek is nie –

Die gedeelte waar Petrus en Johannes na Samaria gegaan het waar Filippus evangelisasie gedoen het en mense net in water gedoop het.

Act 8:15-17  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, [16]  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus [17]  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Toe Paulus met die Heilige Gees gevul is word daar ook nie gesê dat hy in tale gepraat het nie, maar ons weet uit 1 Kor. dat hy defnitief later in tale gepraat het waaruit ons kan aflei dat dit vir enige een wat moontlik is om in tale te kant praat na doping in die Heilige Gees.

Act 9:17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

Vra die Here om jou die gawe van tale te gee sodat jy op daardie manier met hom te kan kummunikeer –

Mar 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Kry jou kop reg, gooi al die verkeerde inligting en bygelowe weg en glo dat jy kan, hou aan probeer deur te brabbel of een of twee vreemde woorde oor en oor te herhaal tot dit oorgaan na ‘n vloed woorde wat uitkom sonder dat jy weet waar kom dit vandaan.

Pasop wees bewus dat die duiwel jou anders sal wil laat glo dat jy nie na die duiwel luister wat jou aanhoudend gaan laat dink dit is nie nodig nie of jy gaan dit nie regkry nie.

Nou terug in opsomming na wat is die “voordele van spreek in tale”

  1. Jy bid met jou wedergebore gees.
  2. Dit oortref jou verstandelike insig, jou gees wat die Heilige Gees in het, weet alles en weet waarvoor om te bid.
  3. Jy aanbid God in gees
  4. Jy dank God in gees
  5. Jy bou jouself op.



Die Integriteit van God se Woord

Die manier wat God gebruik om met ons te praat is hoofsaaklik deur Sy Woord.

Die Woord is die skriftelike basis waarop ons geloof staan, as ons nie alles wat in die Woord staan sonder enige aanpassings of eie menslike verklarings aanvaar nie, het ons geen basis waarop ons God kan vertrou nie en is die Woord sinneloos vir ons.

Heb 4:2  Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.

2Pe 1:20-21  Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, [21]  want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

Hoe het die Woord tot stand gekom op papier?

Ons sien al in die Ou Testament waar God opdrag gee dat Sy woorde op skrif gestel moet word.

Exo 17:14  Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in ‘n boek as ‘n blywende herinnering

Jer 30:2  So sê die Here die God van Israel: Skryf alles wat Ek met jou gepraat het, in ‘n boek.

Jesus sê die Heilige Gees sal kom om alles wat Hy gesê het in herinnering bring en dit is hoekom die Evangelies geskryf is, sodat dit bewaar sou word vir die nageslagte.

Joh 14:26  en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek,

As kommunikasie-middel het die Appostels briewe geskryf aan die Christene om hulle te leer en bemoedig. Hierdie geskrifte het behoue gebly en word saam met die Evangelies die Nuwe Testament in ons Bybel soos deur die eerste kerk saamgestel en glo ons dit was deur die leiding van die Heilige Gees.

1Ti 3:15  Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.

God beskerm ook Sy geskrifte, ʼn voorbleed daarvan sien in ons Jeremia 36 waar God opdrag gegee het aan Jeremia om ‘n boekrol te skryf oor Juda se optreede en gebeure wat aan die Jode voorgelees moes word. Koning Jojakim het die boekrol verbrand, maar God het Jeremia opdrag gegee om die boekrol te herskryf.

As ons na ons Bybel kyk waaroor ons beskik, is dit steeds dieselfde soos deur die eerste kerk opgestel is. God het die Bybel beskerm oor hierdie meer as 2000 jaar en ons kan dus seker wees dat die Bybel God se Woord is met al die verskillende vertalings binne elke unieke taal en gebruike.

Om verder die werklikheid van God se Woord te bewys – kyk of jy al een of meer van die volgende beleef het deur die Bybel te lees:

  1. Jesus is die Woord en ons verlosser

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. [2]  Hy was reeds in die begin by God. [3]  Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.

  • Die integriteit van die Woord.

Jer 1:12  Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.

  1. Het jy al gesien / belewe dat God doen wat Hy in sy Woord sê?

Die Woord het krag.

Jer 23:29  My woord is soos vuur, sê die Here, soos ‘n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word.

  1. Die Woord gee leiding, regstelling, ens.

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, [17]  sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

  1. Die Woord is waarheid

1Th 2:13  Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woord van God. En dit is ook inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys. Ook Jak 1:18 en Joh 17:17

  1. Geloof kom van die Woord

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Rom 10:17  So then faith comes by hearing, and hearing by the word of God.

  1. Die Woord is lewendig

Heb 4:12  Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

  1. Die Woord is saad

Isa 55:10-11  Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. [11]  So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.

  1. Die Woord is ewig en bring vrug voort

1Pe 1:23-25  Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God [24]  Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos ‘n veldblom; die gras verdor en die blom val af, [25]  maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

Hoekom het ons die Woord van God in skrif ?

Sodat ons dit daagliks kan lees en nie net lees om dit te lees nie, maar om die saad wat dit in ons moet plant te laat gebeur.

Hoe moet ons die Woord lees ?

Ons het die Heilige Gees nodig om vir ons die Woord oop te maak / te laat verstaan.

1Co 2:12-14  Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. [13]  Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. [14]  Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Ook 1Kor 1:23-25

Wat gebeur wanneer ons die Woord lees ?

Mark 4:14 sê vir ons die saaier saai die woord – die saad is die Woord van God

Daarna vertel dit van die verskillende grond waar die saad val en wat gebeur.

Verder in Mark 4 lees ons dan ook die volgende:

Mar 4:26-28  Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land [27]  en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie. [28]  Vanself bring die aarde die graan voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die vol koringaar.

Jy lees die Woord elke dag met aandag en jy plant die saad van die Woord in jou hart, oor tyd ontkiem daardie saad en groei. Ons verstaan nie hoe nie maar dit gebeur. Wanneer dit groei tot ‘n vol koringaar begin dit vrug bring in jou hart en wat in jou hart is doen jy.

Afsluiting

  1. Glo in die Woord van God soos dit geskrywe is en nie met jou eie of ander se voorbehoud nie.
  2. Laat die Heilige Gees jou lei in wat jy lees.
  3. Lees verskillende vertalings om, duidelikheid te kry en seker te maak een vertaling dwaal nie dalk nie.

Deur die Woord te lees gaan jy verander word.




Bybelse Meditasie

Meditasie het met ons denke te doen. Meditasie is ‘n dink-proses.

Spr 23:7  Want soos hy in sy siel bereken, so is hy. (AOV)

Pro 23:7 For as he thinks in his heart, so is he.(NKJV)

Ons denke bepaal ons bestemming, ons lot. Ons denke is baie kragtig, dit kan ons vooruit laat gaan of ons beperk.

Mat 12:34 Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.(ANV)

Ef 4:17-19  In die Naam van die Here doen ek ‘n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks, 18  hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. 19  Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ‘n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. (AOV)

Wat is Bybelse meditasie NIE? 

  • Bybelse meditasie is nie mistiek of misterieus nie;

 daar is in geen oosterse mistieke gevoelens, gebruike of aksies nie – (vreemde en ongemaklike posisies van sit, of herhalende frases of yoga);

  • dis nie ‘contemplative prayer’ nie. Dis inbeelding of peinser gebed – herhallende frases om gedagtes leeg of stil maak, dan luister; – ons moet ons verstand gebruik in gebed.   Filp4:6, Joh16:23-24, 1Kor14:1517
  • dis nie ‘transcendental meditation’ nie. Met die meditasieword daar van ‘n god gehoor – maar nie van God se Woord of Woord gebaseer nie en daar is baie teenstellings in wat gehoor word, klink vir my na New Age dinge;
  • dis nie om te ‘disengage’ – onttrek of losmakend nie; of om jou kop of verstand leeg te maak nie, dis gevaarlik – dit maak spasie waar die bose kan inkom.

Mediteer, die woord allerdaagse betekenis: nadink, oordink, bepeins, bedink, beplan, droom, fokus.

Bybelse Meditasie = oordink of bepeins met die fokus op God se Woord en wil, nie ander goed nie.

In Filipense is dit baie duidelik waaroor kinders van God moet dink.

Fil 4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

  • Bybelse meditasie is om ‘n woord of vers of gedeelte van die Woord te oordink, te herkou en duidelikheid op ‘n vraag te kry of om onsekerheid uit te klaar.
  • Bybelse meditasie is om jou gedagtes en denke te fokus op geestelike aspekte van God en Sy Woord met die doel (purpose) om ‘n heilige en vrugbare lewe te weeg te bring.
  • Bybelse meditasie is om God se Woord deel te maak van jou hart – verby kop-kennis na hartskennis. – maak dit jou eie – jou uitkyk – jou filosofie. ‘To be sold out on God’s Word’

Ons kan Die Woord van God vertrou

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 

Hoe om op ‘n Bybels-manier te Mediteer

Hoe oordink, peins en luister ‘n mens na wat gesê en gelees word en bewaar  dit in jou hart?

Die Bybel sê ons moet dit dag en nag doen.

Psa 1:2  maar sy behae is in die wet (Woord) van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.

Psa 63:7  as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

Spr 4:20-23  My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, 21  laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. 22  Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. 23  Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Hoe om te mediteer – Ons gaan kyk na Fokus, Opdrag, Ywer en Verandering.

  1. Fokus op die Bron van lewe en prys Hom:

Psa 27:4  Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.

Dawid sê hy begeer een ding en daarna sal hy soek of op fokus.

  • Opdrag / instruksie:

2Tim 2:7  Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

Wanneer ons Sy Woord ‘oor dink’ kry ons insig en dit bou ons verhouding met God en Sy Woord, en bring ons nader aan God.

  • Ywer – toewyding:

Jos 1:8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Wees nougeset, pligsgetrou. Hier is ook ‘n belofte by.

  • Verander :

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (denke), sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 

Ons vind God se wil, terwyl ons mediteer, ons verstaan en kry insig en dit verander en verbeter ons lewens.

Praktiese Voorstelle 

Rekenaar gebruik – E-sword Bybel; Blue Letter Bible– verskillende Bybel vertalings – daaglikse  Bybel-dagstukke

  1) Tyd:

Dit neem tyd, sit daagliks ‘n spesifieke tyd en plek opsy  om dit te doen. Maar dis nie nodig om met skuldgevoelens te sukkel as jy dit nie vir ‘n dag of wat kon by bring nie. Maak net seker dat jy dit wel weer begin na ‘n onderbreeking.

 2) Begin met gebed:

Vra vir fokus en konsentrasie en geestelike verstaan en hoe om dit uit te leef volgens die Woord en om in gehoorsaamheid te volhard.

3) Skrif gedeelte:

Lees dit in verskillende vertalings en ook kommentare, dink daaroor, vra God daaroor, maak aantekeninge, vra vrae, memoriseer die gedeelte.

4) Dink en oorweeg:

    Hoe om dit in jou daaglikse lewe uit te leef – Vra om te volhard daarin, in gehoorsaamheid.

Metodes:

Volg ‘n Bybel lees plan, deesdae kan mens selfs luister na voorlesings van die Bybel deur You Version op jou selfoon of rekenaar.

  1. Sistimatiese studie: Lees met aandag elke boek van begin tot einde. Volg ‘n lees plan of doen dit in ‘n groep wat sal help sodat dit volgehou kan word.  – 4 Hoofstukke in OT, 1 hoofstuk in NT per dag = ‘n jaar.
  2. Vers vir vers:  ontleed wat elke woord in die vers se beteken en wat dit as ‘n geheel beteken, plaas sinonieme (selfde betekenis) woorde in die plek van woorde wat nie algemeen gebruik word nie. Vb Ps139, Ps23.  

Vra vrae; vb. Watter woorde kom in die gedeelte herhaaldelik voor, wat is die tydwoorde (verlede, toekoms), wat beteken dit wat hier staan ens. Stel ‘n lysie standaard vrae op.

  • Woord studie: bestudeer ‘n woord – kyk ook na teenoorgesteldes – hou balans deur dit in konteks en in waarheid te lees;

vb. sonde (sin), doel (purpose), genade (grace), goed/sleg (good/bad),  waarheid (truth), hier help ‘n Korkondansie, baie.

  • Onderwerp studie: vb. Finansies(geld, koop, verkoop, bymekaar maak, berg/bêre, offers, gawes/ skenk) leierskap, huwelik (man, vrou, saam ens.) Identiteit in Christus; ook karaktersstudies – vb. Dawid en wat leer ons uit die karakter se lewe,  Rigters, konings, profete, ens.
  • Verwysings studie: Dit is waar een vers lei tot ander verse met soortgelyke mening – ook spinnekop of wa-wiel metode genoem. vb. Rom8:6=Jes26:3
  • Meditasie: Nadat ‘n gedeelte gelees is of ‘n woordstudie –  bekyk is, dink daaroor, dit help baie om openbarings  te kry, – kyk ook na woorde se oorspronklike betekenisse in Hebrews en Grieks.

Dit kan na baie werk klink, maar in werklikheid gebeur dit  gelyktydig.  Dis soos ons vroeër gelees het wat die hart van vol is loop die mond van oor. Dis in jou gedagtes deurentyd.

Voordele om oor die Woord en Geestelike dinge te mediteer.

Mediteering van die Woord:

gee kennis wat tot openbaringe lei,

bevorder ons verhouding met God,

bemoedig en inspireer ons,

bring genesing in ons liggame en in ons siele,

veroorsaak dat ons die Woord in waarheid en balans kan gebruik.

Die openbaringe wat ons kry deur te mediteer oor die Woord van God, help ons om in oorwinning en met moed  deur ons dag en die lewe te  kan loop, dit gee ons hoop en krag. Dit bring ons nader aan ons Vader.




Vernuwing van Jou Denke

Watch your thoughts; they become words.

Watch your words; they become actions.

Watch your actions; they become habits.

Watch your habits; they become character.

Watch your character; it becomes your destiny.

Barry Bennett

Wat en hoe ons dink is baie belangrik – dit bepaal jou bestemming, jou toekoms.   Wanneer ons God se Woord oordink, bedink of bepeins, vul dit ons gedagtes, ons verander en verruil sekere gedagtes met nuwe gedagtes.

Rom 12:1-2  En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming (genade) van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige (afgesonder of opsy gesit) offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (ANV)

Meestal is ons bereid, maar die probleem met ‘n lewendige offer is dat ons afkruip van die altaar af. Ons vlees (sondige natuur) laat ons gedagtes dwaal en ons bedink verkeerde dinge, dan moet ons wakker en paraat wees om net daar ‘n stokkie voor te steek. Dis letterlik om te sê; ‘Stop! dis verkeer, makeer die pas’, draai om en bring die gedagte net daar, onmiddelik, in lyn met wat God se Woord sê.

Vb. ‘Ek het nie geld vir dit nie’. Stop! ‘God is my voorsiener, alles behoort aan my Pa, Hy het my lief en begeer net die beste vir my, ek sal Hom vra’.

Laat God en die Woord jou denke beheer en verander.

Kom ons kyk wat sê 2Kor 10:4-5 daarvan

2Co 10:4-5 For the weapons of our warfare are not carnal but mighty in God for pulling down strongholds, 5 casting down arguments and every high thing that exalts it self against the knowledge of God, bringing every thought into captivity to the obedience of Christ, (NKJV)

2Kor 10:4-5 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (ANV)

God het ons ‘n wil gegee om self besluite te kan neem. Dis in ons mag om ons gedagtes, woorde, aksies en emosies te beheer.  Ja, ons besluit om kwaad te word, dit neem wel ‘n breukdeel van ‘n sekonde, maar dis ‘n besluit wat ons maak. Dieselfde met ons gedagtes, as ons aandag gee aan wat ons dink, sal ons dit baie makliker vind om beter en positiewer dinge te bedink, beter en positiewer woorde uiter en ook positief optree, maw ons moet nie  op die negatiewe en slegte fokus nie. Ons sal selfs ons emosies ook kan beheer. Die dinge wat ons, ons gedagtes mee voed, is die dinge wat ons bedink. Waarmee ons gedagtes besig hou, is wat by ons monde gaan uitkom.

Kom ons kyk hoe beskryf Lukas en Romeine dit

Luk 6:45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

Rom 8:5-9  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. (AOV)

Jes 26:3 praat ook van vrede as ons gedagtes op God se Woord gerig is.

Jes26:3 U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. (NLV)

Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, (AOV)

In Hebreërs en Jakobus sien ons dat God ons nooi om  tot Hom te nader in geloofsekerheid want die prys is betaal.

Hebr 10:22  laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Jak 4:7  Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8  Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

In die gelykenis van die saaier verduidelik Jesus wat die saad laat versmoor.

Mat 13:22  Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe (wat is die bekommernisse van jou lewe?) en die verleidelikheid van rykdom (wat is hierdie rykdom waarna jy smag?)verstik die woord, en dit bly sonder vrug.

Dis moeilik om self uit te vind waar jy vernuwing van jou gedagtes benodig. Mens is te in jou eie situasie, maar jy gaan nie ‘n probleem wat herhaaldelike voorkom, oplos deur dieselfde metode te bly volg nie.

Jy moet anders dink en met nuwe strategieë vorendag kom, om ‘n verskil te maak in die situasie.

Wat is die onkruid wat jou laat verstik aan jou sorge, wat is dit wat jou vashou of laat struikel?

Dis daar, waar ons vernuwing van ons denke nodig het.




Die Belangrikheid van God se Kerk

Wat vertel die woorde “God se Kerk” vir ons, is dit?

  • ʼn Gebou waar ʼn gemeente bymekaar kom?
  • ʼn Byeenkoms van ʼn groep gelowiges?
  • ʼn Demonasie van ʼn groep gelowiges?

Wat sê die Woord?

Mat 16:16-18  Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” [17]  “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. [18]  En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Die begrip “U is die Christus, die Seun van die lewende God. ” is die rots waarop Jesus Sy kerk bou, maw die basis of fondament van Jesus se kerk.

Die kerk is nie soos die embleem van een kerkgroep wat ʼn rots is waarop ʼn gebou staan met die leuse Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Hierdie prentjie plaas die beeld in jou gedagtes dat die gebou waar gelowiges bymekaar kom is die kerk en die gebou is heilig, maar dit is nie net die prentjie nie, baie gelowiges glo die gebou van samekoms is heilig en ek aanvaar dit kom uit die Ou Testament en Evangelies waar die Tempel van God, heilig was.

Vandag se gebou waar gelowiges by mekaar kom, is net ʼn gewone gebou wat vir die praktiese sy/gebruik van bymekaar kom daar is, en is nie heilig nie.

Wat beteken die woord “KERK” wat hierbo in vers 18 gebruik is?

Volgens die Strong-woordeboek is die Griekse woord “ekklēsia” wat beteken “Christian community of members on earth or saints in heaven or both” of in kort “assembly” wat “vergadering / byeenkoms / samesyn van gelowiges” beteken in Afrikaans.

Die gelowiges vorm saam die liggaam van Christus soos ons sien in 

1Kor 12:27  Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.

In 1 Kor 12 sien ons ook dat ons as gelowiges saam die Kerk van Christus vorm en dat ons die enigste agent van Christus op aarde is om Sy werk hier op aarde uit te voer.

Ons opdrag is om God lief te hê, om ons naaste lief te hê, uit te gaan en dissipels te maak. Hoe gaan ons dit doen as ons mekaar nie ondersteun soos die verskillende liggaamsdele in ‘n liggaam mekaar ondersteun nie.

Hoe ondersteun ons as gelowiges mekaar in die liggaam / kerk?

  • Gesamentlike aanbidding van God in samekomste,
  • Gebede vir mekaar,
  • Bemoeding van mekaar, ens.

Ongeag van die groep van gelowiges waar ons betrokke is, is ons almal deel van dieselfde liggaam – Jesus se liggaam.

1Kor 12:13  Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk.

Maak nie saak in watter gemeente, dominasie of onafhanlike kerk ons betrokke is nie, ons is steeds almal deel van Jesus se liggaam.

Wanneer ons nou verder na die “vergadering / byeenkoms / samesyn van gelowiges” kyk, sê die Woord nie in watter formaat, hoe groot, wanneer en waar dit moet plaasvind nie, behalwe dat dit ordelik moet wees. 1 Kor 14:40

Ons lees ook in Heb 10:25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Hierdie vertel ons dat samekomste belangrik is, hoekom?

  • Gesamentlike aanbidding van God (Mat 18:20),
  • Leering uit God se Woord (1 Kor 14)
  • Gebede vir mekaar (Jak 5:16),
  • Bemoeding van mekaar (1 Tes 5:11+14),
  • Bedien mekaar met gawes wat elkeen ontvang het – profesie, leering, genesing, ens. (1 Kor 14)

Om weg te bly van die samekomste is die weerhouding van gawes, wat deur die Heilige Gees aan jou gegee is, van ander gelowiges wat daarmee bedien moet word.

Kom ons kyk na die verskillende byeenkomste van vandag se voordele en nadele:

  1. Huiskerke – klein groepie mense wat weekliks of meer bymekaar kom en God aanbid soos enige byeenkomste van ander groepe. Hierdie was een van die normale tipe byeenkomste in die eerste kerke en word steeds gebruik as ʼn begin met die plant van ʼn gemeente wat oor tyd sal groei tot ʼn groter gemeente.

Positief

  • Almal ken mekaar en ondersteun mekaar.
  • Elke persoon wil voel hulle is deel van ʼn groep wat omgee vir hulle en kleiner groepe, soos hierdie, is die regte plek.

Negatief  –

  • Weens die grootte van die groep kan stabiliteit ʼn probleem word wanneer elkeen nie getrou (committed) teenwoordig is nie.
  • Indien die persoon wat leering gee nie opgelei is en/of deeglike ondersoek doen met dit wat voorgehou word uit die Woord, kan dwaalleer maklik voorkom.
  • Hulle het ook geen of min invloed in die gemeenskap waar hulle woon.
  • Klein tot middelslag gemeentes – Lidmaatgetalle van 40 tot 300, hierdie gemeentes bedien die grootste deel van vandag se aktiewe gelowiges en kan gesien word as ooreenstemmend met byeenkomste wat in tempels plaasgevind het in die begin.

Positief

  • Leiers wat leeringe gee is gewoonlik opgelei
  • Leiers is meestal gereedelik beskikbaar vir ondersteuning van gelowiges in die gemeente en selfs die gemeenskap waar die gemeente is.
  • Reik uit na buite in beperkte mate.

Negatief

  • Die leier doen alles en kan homself/haarself oorwerk.
  • Leier kan gemeente in enige rigting stuur positief of negatief indien daar nie behoorlike verantwoordbaarheidstelsels is nie.
  • Gelowiges ken nie mekaar goedgenoeg en kan nie werklik veilig voel soos in ʼn kleiner groep nie en kan maklik verloor word as daar nie kleinergroepe beskikbaar is nie.
  • Alle ouderdomsgroepe kry nie altyd genoegsame aandag nie.
  • Fondse nie altyd voldoende om tenminste een sendeling te onderhou nie.
  • Groot en Mega gemeentes – Lidmaatgetalle oor 300.

Positief

  • Hulle kan alle ouderdomsgroepe bedien met opgeleide leiers.

    • Hulle uitreiking is groot en wyd – ondersteuning van sendelinge en TV-evangelisasie weens fondse wat beskikbaar is.

Negatief –

  • Individue raak verlore in die getalle as daar nie aandag gegee word dat elkeen iewers betrokke raak in kleinergroepe nie.
  • Benodig goeie bestuurstelsel, anders kan probleme ontwikkel en die gemeente wegdwaal of binnegevegte ontstaan.
  • Selgroepe / kleingroepe – groepe van tot 12 gelowiges wat weekliks by huise bymekaar kom met ʼn leier, maar staan onder die leiding en leering van die groter gemeente se leiers.

Positief –

  • Soortgelyk as huiskerke is dit ʼn intieme ruimte waar elkeen kan behoort en na omgesien kan word.
  • Leering vind onder beheer plaas en behoort nie na dwaalleer te draai nie.
  • Is die nodige ondersteuningsbasis vir die individue vir alle gemeentes groot of klein.
  • Is die plek waar dissipels gemaak word.

Negatief –

  • Groep kan ʼn broei-groep word. Dit beteken dat hulle net op hulself ingestel is en minder betrokke bly by die res van die gemeente.

Opsomming

  1. Jy is deel van die Kerk van Christus

    1. Opdrag – Heb 10:25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan
    2. Wanneer jy wegbly van die samekomste van die gemeente is die gemeente kruppel, want jy weerhou die gawes wat jy van die Heilige Gees ontvang het, van die gemeente (liggaam).




Bevryding

Moet nog saamgestel word




Outoriteit van die Gelowige

Outoriteit = mag

Waar kom ons outoriteit vandaan? 

Hoe moet ons dit gebruik?

Oor wat het ons outoriteit?

Waar kom ons outoriteit vandaan?

As die skepper van alles, het God alleen alle outoriteit (mag) besit. God het aan die mens outoriteit op die aarde gegee, nadat Adam geskape is.

Gen 1:26 -28 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Wat beteken? na Ons beeld, na Ons gelykenis’ = Our image, according to Our likeness;- God is Gees (Spirit), ons is dus na Sy gees geskape, daarom is ons gees, siel en liggaam.

Wat beteken? ‘Heers oor die aarde’ = dominion over the earth – dit beteken – mag om te heers oor alles op aarde, te versorg, kyk na, pas dit op, bestuur die aarde.

Outoriteit verloor – Gen3:1-3

Eva het nie volledige kennis gehad van wat God gesê het nie. Sy het getwyfel en die duiwel het dit dadelik raak gesien en voluit gegaan om haar verder te mislei , te verwar of bedrieg. Die mens het in die proses hul outoriteit vir die duiwel gegee. Die vertrouensverhouding wat hulle met God gehad het, het onmiddelik verander na vrees en skaamheid.

Wie is die duiwel en wat is sy magte?

Die duiwel is ook deur God geskape as ‘n engel, maar hy kom in opstand en neem ‘n klompie van die rebellerende engele saam met hom.

Hy wou soos God wees (Jes14:1-23). Die duiwel het geen mag van God gekry nie. Hy is ook as ‘n gees geskape, maar hulle is bekend as bose geeste, bose magte of ‘demons’.

Die krag wat die duiwel op aarde het, het hy by die mens in Eden gekry. Die enigste mag wat hy het, is dit wat ons hom toelaat, selfs al word hy die god van die wêreld genoem. 2Kor4:4. Hy is ook bekend as owerste van die wêreld, maar hy is reeds geoordeel, Jesus het oorwin!

Joh 16:11  en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

Die duiwel het Jesus, net soos vir Eva, op presies dieselfde manier probeer mislei en bedrieg en hy doen dit nog steeds met ons. Luk4:5-13 versoeking van Jesus in die woestyn.

Duiwel se plan teen ons:

Die leuens wat hy ons probeer oortuig om te glo.

a) Twyfel (doubt) – hy maak jou twyfel in God se goedheid en laat jou God se Woord bevraagteken. Ook twyfel in jouself.

b) Ontmoedig (discouragement) – hy laat jou fokus op probleme, wat jou moedeloos maak, eerder as om op Jesus te fokus en hoopte ervaar.

c) Verdeeldheid (division) – hy gee jou twee opsies wat jou aandag  verdeel of laat ander dinge jou aandag weg lok en na dinge wat reg voorkom.

d) Verslae of neerlaag (defeat) – hy laat jou minderwaardig en onsuksesvol voel, sodat jy ophou probeer.

e) Verhinder of terughou (delay) –hy laat jou uitstel sodat dit nooit gedoen word nie.

f) Vernietig (destroy) –hy vernietig deur teenspoeden probleme en so word ook hoop en vertroue vernietig.

Outoriteit is terug gewin. (regain)

God sou onregverdig optree (teen Sy integriteit), indien Hy sou ingryp in die situasie toe Adam-hulle hul outoriteit weggegee het. God het die outoriteit vir die mens gegee. Die Mens het dit vir die vyand (duiwel) gegee en God moes dit op ‘n ander manier weer bekom om getrou aan Sy integriteit te bly. Hy moes as ‘n fisiese mens na die aarde kom, omdat geestelike wesens niks op aarde kan doen sonder ‘n fisiese liggaam wat saam met hom werk nie. Weens sonde was daar verwydering tussen mense en God. Hand verduidelik dit so.

Hebr 2:14-15  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Daarom het God mens geword, Jesus is gebore uit ‘n maagd, as Gees en fisiese mens, om te herstel en te doen wat God belowe het in Gen3:15.

Jesus se dood het dit moontlik gemaak dat ons kan deel in die outoriteit wat God aan die begin gegee het, maar ons kan dit nie weer weggee nie. Wanneer ons nou toegee aan die duiwel se slinkse misleidings, is dit net jy persoonlik en soms jou naaste familie wat daar onder lei en nie die hele mensdom nie.

Kol 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Hoekom het ek outoriteit?

Jesus het in ons plek vir sonde kom betaal en ons in die proses vry gekoop van meer as net sonde.

2Pe 1:3-4  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, 4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Wanneer ons Jesus as ons verlosser erken kry ons  saam met die vergiffenis van sonde, gesondheid in ons siel en liggaam, vrede, liefde, heelheid, voorspoed, welfaart, geregtigheid en dieselfde krag wat Jesus opgewek het uit die dood in ons en ook outoriteit in Christus. Jes53:3-12, Ef1:19-23 Mrk16:16-18

Jesus het gekom om die werke van die duiwel te vernietig.

1John 3:8b   …Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

Weet en verstaan jy is die een met die outoriteit en krag en dat die duiwel steeds sal probeer om jou in sy strik te kry, sodat hy  jou kan gebruik vir sy doel. Daarom sê

Jak 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Jesus was sondeloos, dit beteken Hy is geregtig voor God en dit is die geregtigheid wat die bose oorwin en ons mag gee om te doen wat Jesus ons beveel het omdat ons deur Jesus geregtig is.

Mat 28:18-19  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hoe moet ons, ons outoriteit gebruik?

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Ons het die mag gekry! Ons is in bevel geplaas! (We are commanders!) Glo wat God sê en doen wat Hy ons beveel het.

Mar 11:22-24  Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. (Dis belangrik om geloof te hê, twyfel werk nie.) 23  Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg (probleem) sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê. 24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Ons kan net geloof hê in dit wat ons ken en vertrou. As ons God nie ken en ten volle vertrou nie, is dit moeliker om te ontvang, maar nie onmoontlik nie, want niks is vir God onmoontlik nie. Luk1:37, Mrk9:23 (Hoe meer saam staan en glo, hoe beter.)

Dan moet ons doen wat Jesus in Markus 11:22-24 sê, praat met die berg (probleem), Jesus het reeds verlossing vir ons gekoop en betaal op die kruis, dis reeds ons sin, dis gedoen, afgehandel.

Daarom moet ons die probleem aanspreek en beveel om in lyn te kom met dit wat reeds in die Gees gedoen is en glo! Sodat ons dit kan verkry.

Let op wat jy dink en praat. Ons glo aan die eenkant en dan weerspreek ons woorde wat ons nou net verklaar het, vb.

Piet:’God is getrou, dit gaan regtig goed’.

Hennie: ‘Ek is bly om dit te hoor. Wanneer kom jy kuier?’

Piet:’Nee jong, daars nie geld vir rongry nie’. Net hier kanselleer Piet wat hy nou net van God verklaar het! Die beter antwoord van Piet sou wees, ‘Ek sal God vra en vertrou vir voorsiening.’

Ons het die mag en vermoë om ons gedagtes gevange te neem en die aanslae van die bose en verkeerde denke teen te staan, wat ons gedagtes wil beheer.

2Kor 10:4-5  (ANV) Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings (denke, filosofië) kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5  en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Oor wat het ons outoriteit?

Kom ons kyk weer wat het Jesus gedoen en gesê.

Johannes die doper het volgelinge na Jesus gestuur met ‘n vraag.

Luk 7:22  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

Jesus het gesê ons sal groter werke doen, volgensJoh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Jesus het ook die natuur aangespreek en ons het ook daarin mag of outoriteit.

Mat 8:26  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.

Tydens ‘n haelstorm een nag in Heidelberg Wes Kaap was die hael so groot dat dit vensters en plastiek geute stukkend geslaan het. Daar is  ‘n sitrus plaas net buite die dorp. Toe hulle die hael hoor het hulle onmiddelik outoriteit opgeneem en die storm aangespreek. Die hael het gestop en geen in die boorde of enige plaas eiendom beskadig nie.

Finasieël, moet ons let op positiewe uitsprake en kyk hoe ons vertrou en wie ons bron is, is dit God? (He is our source) Matt6:33

1Kon 17:13-14  En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak. Meeste van ons sou ons waarskynlik vererg het vir die man.

1Kon17:14  Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.

Ook die weduwee wat kanne vol olie uit ‘n flessie vol gemaak het en dit kon verkoop. As sy gese het dis vergesog sou niks gebeur het nie. Maar sy het vertrou en geglo en gedoen, en dit het gebeur. 2Koning4:1-6 Geloof het ‘n aksie tot gevolg.

Kom ons kyk wat:

Mat 18:18  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Ons het outoriteit oor alles op die aarde en selfs in die hemel. Oor hierdie gedeelte veral, is dit ‘n mag wat ons met insig, respek en versigtiheid moet hanteer.

Outoriteit is gegeeop aarde van die begin af – ons het mag om dinge aan te spreek. God kan nie weer doen wat Hy reeds gedoen en oorgedra het aan ons nie.  Dis nou ons werk!




Genesing Lê in die Versoening

Siekte is die begin van die dood van die menslike liggaam

  1. Waar kom siekte vandaan?

    1. God het alles geskep en dit was goed – daar was geen siekte nie.
    2. Siekte het na die val van Adam en Eva gekom. Die duiwel het sy vinger in die lewe van mense gekry – wat is baie van die oorsaak van siektes – onvergewingsgesindheid, haat, ywer, twis, ens.

  2. Is siekte God se wil?

    1. Wanneer ons na Jesus kyk terwyl Hy hier op die aarde was, sien ons dat Hy niemand siekgemaak het nie – Fariseërs en Skrifgeleerders – Hy het almal gesond gemaak wat na hom toe gekom het vir genesing – Hy het nie Sy opposisie, die Fariseers en Skrifgeleerders, siekgemaak nie.
    2. Wat sê Jesus vir ons in:

Joh 5:19-20  Toe het Hy Hom verweer en vir hulle gesê: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so. [20]  Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan.

  • Jesus het ons gewys wat God se wil is, in wat Johannes sê in:

1Jn 5:14-15  En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. [15]  En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

  • God het verder ons siektes op Jesus gesit met Sy kruisiging soos geprofeteer is –

Jes 53:4-5  Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. [5]  Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

En daar word in Mat 8:16-17 en 1Pet 2:24 na hierdie profisieë verwys wat plaasgevind het.

  • Wanneer ons weergebore word, is genesing van enige siektes daarby ingesluit.

    • Ons is gesond gees?, maar ons siel en liggaam is in mekaar geweef en wat ons dink vloei deur na ons liggaam, met ‘n moontlikheid dat die liggaam siekte ontwikkel.
    • Goed daar het nou een of ander siekte in ons liggaam ontwikkel deur sonde, verkeerde denke of ‘n aanval deur die duiwel – wat sê God vir ons?

Dit is nie Hy wat ons die siekte gegee het nie, Hy straf of toets ons nie met siekte nie, Hy gebruik sy Woord om ons te tugtig – 2 Tim 3:16

  • Bid vir genesing – 1 Joh 5:14-15

    • Jesus het jou Sy mag gegee om die siekte aan te spreek – Mark 16:17-18
    • Roep die ouderlinge om vir jou te bid – Jas 5:14-15  As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here [15]  En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.
    • Ons moet glo dat ons genesing ontvang – Hand 14:8-10  In Listra was daar ‘n man met gebreklike voete. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie. [9]  Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy die geloof het om gesond gemaak te word. [10]  Toe roep hy na hom: “Staan regop, op jou voete!” Die man het opgespring en hy kon loop.

  • Die wet van om te glo – the law of faith – wat ons leer uit Mark 5:24-34.

    • Hierdie is die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het – (lees die hele gedeelte)
    • Mar 5:27  Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, die persoon met die siekte moet hoor dat daar genesing is vir die siekte.
    • Mar 5:28  want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. Daar moet geglo word dat genesing moontlik is deur die denke en woorde wat gespreek word.
    • Mar 5:29  En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was. Daar moet ‘n aksie volg soos sy wat aan die soom van Jesus se klere geraak het – bid en verklaar dat die siekte weg is.

  • Praktiese metodes om in gesondheid te lewe of om genesing te kry:

    • Glo dat God jou beskerm – Ps 91 Op God kan ek vertrou.
    • Voer die basiese natuurwette uit – slaap genoeg, eet reg en binne mate, ens.
    • Glo God het jou genees wanneer jy daarvoor bid – 1 Joh 5:14-15 – maar gaan kyk na jouself indien genesing nie realiseer nie – het jy alle haat afgelê of almal vergewe – vra die Heilige Gees om aan jou te openbaar wat kort van jou kant af.
    • Wanneer jy sondig – 1 Joh 1:8 – beweeg ons onder God se beskerming uit wat in Ps 91: 4Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante – beskrywe en ‘n opening word vir die duiwel gemaak om ons aan te val wat siektes insluit. Al wat egter nodig is, sê 1 Joh 1:9 – Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid – dan beweeg ons weer onder God se beskerming in.
    • Handhaaf altyd die volgende gesindheid selfs wanneer jy onder mediese behandeling is:

      • Staan vas teen ongeloof, vermy negatiwiteit so ver moontlik
      • Wanneer jy siek is, lewe asof jy gesond is.
      • Weier om enige simptome te erken.
      • Weier om siekte te aanvaar as joune (bv my kanker), moet nie eienaarskap van siekte aanvaar nie, die siekte is van die duiwel en hou die duiwel se werke terug as jy dit nie aanvaar nie.
      • Moenie bang wees wanneer daar ‘n virus die rondte doen nie, verklaar openlik dat dit jou nie sal aanval nie.
      • Pasop wat jy sê, die duiwel kan jou hoor en kan negatiewe opmerkings soos “hier trek ‘n koue luggie en ek gaan verkoue kry” gebruik om jou ‘n verkoue te gee.
      • Haat siekte – John G Lake se storie.
      • Die ongeloof van ander kan jou negatief beïnvloed
      • Ons kan verander wat ons het, deur wat ons sê – Jakobus 3 – verklaar ons is gesond.
      • God sal jou ontmoet waar jou geloof is.

  • Belangrik en dit doen nie afbreek in jou geloof of dat jy mag het om siektes geestelik teen te staan nie, maar –

    • God het jou ook ‘n gesonde verstand gegee om te kan oordeel wanneer mediese hulp nodig is omdat die simptome nie gou weg gaan nie. Dit kan beteken dat jou geloof op daardie stadium dalk nie sterk genoeg is nie en jy moet genesing deur mediese behandeling ontvang. God sal jou ontmoet waar jou geloof is.
    • Daar is ook aanvalle deur die duiwel soos bv ‘n malaria muskiet wat jou byt en malaria gee wat jou dood kan veroorsaak as jy nie gou mediese behandeling kry nie. Gebruik gesonde verstand en wees waaksaam soos in hierdie geval wanneer jy in ‘n malaria gebied beweeg het.
    • Wanneer jy op medikasie is moet dit nie stop tot jy jou dokter bewys het jy is gesond en die dokter stop die medikasie nie. (Hier is die samewerking met die HG baie belangrik, wees gehoorsaam aan Hom.) Wanneer die dokter erken jy is gesond en benodig nie medikasie nie. Dink net die gevoel wanneer jy vir die dokter kan sê dit is God wat jou gesond gemaak het en nie die medisyne nie.




Struikelblokke vir Genesing

Waarom sien ons nie genesing wanneer ons dit verwag nie?

Wat keer genesing?

God is getrou, Hy het voorsien,

Hy doen wat Hy belowe het!

1Pe 2:24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.  Ook Jes53:3-5

A. God se Liefde

Vertroue en geloof is kardinaal in genesing.

Om volle vertoue en geloof te besit moet ons God verstaan. Hy is liefde.

1Jn 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

Toe die sondeval plaasvind, het Hy belowe om vir ons ‘n verlosser te stuur, en

Hy het Sy belofte nagekom.

God het ons só lief, Hy het Jesus,

Sy Seun, vir ons gegee.

Hy het Sy Seun laat offer vir ons, op ‘n vervloekte houtkruis.

Hy wil vir jou en my net die aller beste hê!

Hy is nie kwaad vir ons nie!

Ons het nie nodig om Hom te oortuig om iets goed vir ons te doen nie, Hy wil, Hy het!

Jy moet net bereid wees om dit te aanvaar!

Glo dit, en

aanvaar God se Vader-liefde,

aanvaar Hom as jou Pa!

God is die beste Pa wat enige mens kan begeer.

Niks, absoluut niks, wat jy doen sal sy liefde vir jou verander nie!

Hy het jou lief!

Wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar en

in Sy voltooide werk op die kruis glo,

is geneesing ons sin,

net soos veel as verlossing ons sin is.

Van dieselfde oomblik af, is ons verlos van sonde,

is alles wat Jesus gedoen het op die kruis en in die graf,

ons deel en het ons die Heilige Gees wat in ons kom bly.

Onthou ons word nuut gemaak. 2Kor5:17

Jy is waardig om God se liefde en Jesus se geskenke te ontvang!

B. Onkunde en Gebrek aan Kennis (Lack of knowledge)

Afrikaanse spreekwoord sê:

‘Wat ons nie weet nie, maak nie dood nie’. –

dit is erg verkeerd!

Dit wat, ons nie van God en Sy Woord weet en verstaan nie,

lei tot die dood, ewige dood en

vroeë dood vir gelowiges.

Hos 4:6  My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien. (AOV)

  • ‘n Gebrek aan die kennis van God, is nie ‘n verskoning nie.

Dis beskikbaar as jy die keuse maak om te soek.

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (AOV)

  • Verkeerde leringe (doctrine)

Wanneer mense glo dat God ons siekte gee om ons iets te leer of dat dit ‘n toets vir ons geloof is,

dan kan jy mos nie vra dat God jou moet genees nie.

Jy het nog nie die les voltooi nie,

jy het nog nie alles geleer wat jy moet nie.

Dis so verkeerd,

God het ons lief en leer ons deur Sy Woord en Heilige Gees.

Hy oortuig ons in ons gewete.

1Jn 4:18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Kerke en predekers wat nie in geloofsgenesing glo in vandag se tyd nie, doen groot skade aan mense se geloof en twyfel word gesaai.

God straf ons nie met siekte nie!

Sal jy jou kind kanker gee of hulle hande in die vuur steek?

God is goed en doen ook nie sulke goed nie.

Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! (AOV)

  • Nog ‘n rede vir siektes is die verkeede of gebrek aan kennis ivm Nagmaal en die herhinnering (remembrance) daar rondom en onderskeiding van Christus en die liggaam.

1Kor 11:23-26  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 24  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. 25  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 26  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. (AOV)

Die liggaam van Christus is vir ons gebreek,

geslaan en Hy is verag vir ons,

sodat ons verlos kan wees van siektes.

Sy bloed was die sonde offer wat ons vry gekoop het van die sondelas en regverdig voor God maak.

Isa 52:14  Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos ‘n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ‘n mens gehad het nie. (ANV)

Isa 53:4-5 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5  Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.(ANV)

Die liggaam is ook die gelowiges of kerk-liggaam (body of believers).

Dus moet ons ook aan ons mede gelowiges dink tydens nagmaal.

Wanneer Nagmaal op die manier gedoen word,

is dit ‘n sterk saamstaan in Christus teen aanslae van siektes en die bose magte.

C. Verhoudings (Relationships)

  • Swak en slegte verhoudings is ‘n groot oorsaak van siektes.

Dit veroorsaak spanning, konflik, aanstoot word geneem, twis, stryd, haat, russie en onvergewensgesindheid tussen mense en

dit is sonde.

  • Sonde maak die deur wyd oop en nooi die duiwel in om moeilikheid te kom maak.

Jak 4:1  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?  (ANV)

  • Sonde is nie altyd die oorsaak van siektes nie,

Joh 9:3  En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.

Sonde is egter dikwels ‘n oorsaak van siektes.

Sonde is wanneer ons buite God se wil is.

Daar is natuur wette waar sekere handelinge tot noodwendige gevolge gaan lei.

Stop sondes; seksuelesondes, leuens, steel, seer, bitterheid, russies en onvergiffenis in jou lewe.

Sonde maak ons slawe van die duiwel,

as ons aan hom toegee,

maak ons ‘n deur oop en nooi hom in.

Rom 6:16  Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe. (ANV)

  • Vrees, angs, bekommernis is nie dinge wat ons normaalweg as sonde sien nie, maar hierin is die probleem, vertroue.

Wanneer ons God nie vertrou nie, sê ons Hy is nie goed genoeg of instaat om vir ons te sorg nie. Vrees is van die duiwel, staan dit teë!

Jam 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. (OAV)

Negatiwiteit en ongeloof het ‘n invloed op Jesus gehad, dus dit sal op ons ook ‘n invloed hê.

Vermy negatiwiteit, dit lei tot ongeloof en twyfel.

Mar 6:4-6 En Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis. 5  En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. 6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer. (AOV)

D. Hoe om die regte houding vir genesing te kweek. (Opsomming)

Wees oortuig van God se goedheid en liefde vir jou.

Aanvaar God se liefde vir jou.

Glo en vertrou God bo alles. (God se waarhede teenoor die feite van die wêreld.)

Glo aggressief, neem jou outoriteit op en beveg die aanslae, dis ‘n geestelike oorlog, staan vas.

Ondersoek jou hart in jou verhoudings.

Verwyder alle sonde en loop die pad met God en Sy wil vir jou.

Verklaar God se Woord oor jou lewe en omstandighede.

Hoor, luister, gehoorsaam en doen wat God jou beveel. (moet jy glo of moet jy ‘n dokter raadpleeg?)

Sien jouself gesond in jou verbeelding, met ‘n houding van verwagting en afwagting.

Hou geselskap met mense wat jou geestelik bystaan en oplig, vermy negatiwiteit en ongeloof.

Deurbrake beteken vasstaan, aanslae raak juis nou feller. (Ook voor en nadat jy getuienis gee.)

Jy is gesond, Jesus het dit 2000 jaar gelede al gedoen,

as dit nie dadelik in die werklikheid sigbaar is nie,

bly glo en prys God.

Ons gebrek aan kennis, ongeduld, twyfel of ongeloof, sonde, fisiese moegheid en aanslae van die duiwel is alles dinge wat genesing verhinder.




Vergewe jou naaste

Waar begin vergifnis?

Vanaf die sondeval. Alles wat deur God gemaak was, was goed. Die mens het egter nie na God geluister nie en gesondig. Van daardie oomblik af is vergifnis gebore want almal maak droog en benodig vergifnis van God en ander mense.

Ons sien regdeur die Ou Testament dat God altyd gereed was om te vergewe en terug te verwelkom wanneer die mens droog gemaak het.

God het dan ook Jesus aarde toegestuur om te kom regmaak wat die mens verkeerd gedoen het en sodoende almal vir eens en altyd te vergewe vir hulle sonde.

Eph 4:32  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Verlede tyd – God het ons klaar finaal deur Christus vergewe.

Wat leer God ons verder oor ons en vergewing?

Wanneer ons na die ‛Onse Vader’ kyk –

Mat 6:12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Jesus se woorde terwyl Hy aan die kruis gehang het –

Luk 23:34  En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Stefanus se woorde terwyl die Jode hom gestenig het –

Act 7:60  Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!

Paulus of nog Saulus op daardie stadium was deel van die groep en wat het later met hom gebeur en wat het hy alles gedoen. Jesus het ingegryp en hom omgedraai sodat hy God gedien het.

Die persoon wat ons te na kom, hoe weet ons wat gaan nog met die persoon gebeur en wat gaan hy nog alles vir God doen?

Hoeveel keer moet ons iemand vergewe?

Die antwoord is in wat Jesus vir Petrus in Mat 18:21-22 gesê het –

Mat 18:21-22  Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” [22]  Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

Wat Jesus eintlik sê is, ons moet altyd vergewe sonder voorbehoud.

Vergifnis kom uit die hart.

Gewone mense wat nie vir God en Jesus ken nie, kan nie vergewe nie. Ons sien dit elke dag in die samelewing.

Wanneer ons weer gebore word met aanvaarding dat Jesus ons verlosser is, dan ontvang ons die vrug van die Heilige Gees –

Gal 5:2223  Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Hierdie vrug kom uit ons hart en ons sal nie enige van hierdie uitlewe as ons nie almal wat ons te na gekom het vergewe nie, of steeds te na kom vergewe nie, dit word ook onderstreep in – 

Kol 3:13  Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Vergifnis is ʼn besluit wat jy neem om te doen, anders gaan die eie ek wen.

Vergifnis is ʼn aksie.

Ons sien uit Kol 3:13 die aksie wat nodig is – Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar

Eerste, bid jy vir die persoon wat jy moet vergewe – jy kan nie ʼn persoon haat vir wie jy bid nie.

Gaan na God toe en vra Sy hulp om die persoon te vergewe en dit gaan moontlik meer as eenkeer wees, want die duiwel gaan jou steeds gereeld herinner wat die persoon verkeerd gedoen het.

Wanneer jy vergewe.

Dan ervaar jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe.

Jy ontvang vryheid en ʼn lewe van oorvloed.

Niemand kan altyd met haat in jou lewe loop en gelukkig wees nie.

Wanneer jy nie vergewe nie.

Dan plaas jy jouself bo God – Hy het jou klaar van al jou sondes en die persoon wat jy moet vergewe, vergewe en jy dink jy is belangriker as God om nie die persoon te wil vergewe nie.

2Co 5:19  Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

Jy gaan nie jou redding (salvation) verloor nie, God het jou klaar vergewe (Ef 4:32).

Wat gaan gebeur is dat jy nooit vrede gaan hê nie en dit gaan aan jou kou.

Jy is oop vir die duiwel en jy gaan heel moontlik siek word daardeur, ens.

Afsluiting.

  • Wanneer iemand jou te na kom het jy ʼn keuse, vergewe die persoon en geniet ʼn rustige lewe of dra ʼn wrok teen die persoon en die duiwel vat ʼn gelukkig lewe en vreugde van jou weg.
  • Onvergewingsgesindheid is soos gif vir jou siel en liggaam.
  • Om nie ʼn persoon te vergewe nie doen niks aan die persoon nie, dit vernietig net jouself. Jy drink gif en glo die ander persoon gaan dood.



Die Huwelik

Die oumense het gesê:

‘Trou is nie perde koop nie’,

(wat beteken dis ‘n moeilike besluit).

Trou is verseker die tweede belangrikste besluit van ‘n mens se lewe, naas om Jesus aan te neem.

Hoekom trou mense, wat is hulle redes?

  • Dink ons regtig oor die dinge of doen ons net?
  • Trou jy want jy droom oor ‘n prins – prinses troue?
  • Trou jy om uit die huis te kom?
  • Is die huislike omstandighede moeilik?
  • Trou jy omdat almal dit doen of jou ouers dit verwag?
  • Trou jy om jou seksdrange te wettige?
  • Trou jy om heel en goed te voel? Niks wêrelds, gaan vir jou heel of goed laat voel nie. Geestelik gaan dit definitief nie werk nie.
  • Trou julle om ‘n gewettigde kind te hê, want die meisie is swanger?
  • Trou julle, want julle is lief vir mekaar? Almal het goeie voornemens, maar soos die lewe gebeur en ‘n probleem steek kop uit en so verdwyn die liefde. en dan haat julle mekaar.
  • Wat is julle persepsie van liefde?
  • Wat is jou verwagting van ‘n huwelik?

Waar kom die huwelik vandaan?

Toe God, Adam geskape het  was dit ‘n perfekte verhouding en samesyn (fellowship) met God.

God het Adam opdragte gegee van wat hy op die aarde moes doen.

Toe sien God dat Adam alleen is en vir die eerste maal sê God, dat iets nie goed is in Sy skepping nie.

Gen 2:18  Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas. (AOV)

Toe maak God die vrou.

Gen 2:22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. (AOV)

En in vers 24  stel God die verbond, kontrak of huweliksverbintenis in tussen die man en vrou.

Gen 2:24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. (AOV)

Die huwelik, soos ons dit vandag noem, is ‘n instelling van God van die begin van die skepping af.

Wat is die Doel van ‘n huwelik? (purpose)

Wanneer ons nie die doel van iets verstaan nie, misbruik ons dit en ly die gevolge.

Dis  soos om ‘n mes te gebruik om ‘n skroef los te draai, jy buig gewoonlik die mes, want dis nie waarvoor ‘n mes ontwerp is nie.

Of die doel gaan verlore en die ontwerp of konsep verdwyn.

Wanneer ons nie dink oor en verstaan wat die doel van die huwelik is nie, sal ons net na-aap en doen soos ons ander sien doen en die waarde sal by ons verby gaan.

Spr 24:3  Daar is verstand (wysheid) nodig om ‘n huis te bou, insig (verstand) om sy fondamente te lê, 4  kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi (lieflike) goed. 5  Dit is die wyse man wat sterk is, die een wat kennis het, wat werklik mag (krag)het. (ANV)

Sien jou lewe as die huis wat jy bou.

A. Natuurlike Doel van die Huwelik:

Baie mense glo daar is net een regte persoon vir elke mens. Daar is ‘n probleem met so ‘n persepsie.

Wat word dan van ons vrye wil en keuse? Wat gebeur nou as Sannie vir Piet bedoel was maar met Johan trou? Waar gaan Piet nou ‘n maat kry? En trou almal dan nou van hier af met die verkeerde maat? Wie mis nou vir wie waar? 

a)Samesyn (fellowship)

Gen 2:18  Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas. (AOV)

God gee iemand, (nie net een spesifieke persoon nie) waaarby ons kan pas en ons sal help – sodat ons ‘n goeie span saam sal maak – iemand wat  saam met jou visie sal hê en saam met jou ondervindinge kan deel – jou beste vriend sal wees, iemand met wie jy die pad kan stap.

b) Getrouheid (faithfulness) Gen 2:24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Hierdie gedeelte is geweldig ryk en hou soveel in.

Dit praat van getrouheid en prioriteite en een word:

Verlaat die ouers en kleef aan mekaar, is die opdrag. Dit geld beide partye al praat die Skrifgedeelte net van die man. Om getrou te wees beteken, jy laat niks tussen jou en jou eggenoot, huweliksmaat, kom nie. Dit beteken ook verlaat jul vriende en ontwikkel vriendskappe waar die paartjie saam by aansluiting vind. Enkellopende en veral teenoorgestelde geslag vriende word agter gelaat of

neem nou ‘n baie laer posisie in. Moenie ruimte laat vir misverstande en agterdog nie.

Kleef beteken;- klou aan, word een, word ‘n eenheid, een vlees.

Prioriteitlys in verhoudings:

Nommer 1 in jou lewe moet God wees,

Nommer 2 moet jou vrou of man wees,

Nommer 3 jou kinders,

Nommer 4 jou werk, want jy moet sorg vir jou gesin.

Nommer 5 jou ouers,

Nommer 6 jou vriende en eers daarna kom stokpertjies en die sulke bedrywighede.

1Kor 7:2  maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. (ANV)

c) Eenheid (unity)

Dis God se ontwerp vir die huwelik. Die kleef en samesyn ontwikkel tot ‘n eenheid. Dis nie ‘n verbindtenis tussen God en die man nie en ook nie ‘n verbindtenis tussen God en die vrou nie. Nee, dis ‘n verbintenis-verhouding tussen God en die huwelikspaar as ‘n eenheid, as huishouding. 

(Drie-koord tou is sterker as ‘n twee-koord tou.)

Gen 5:1-2  Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. 2  Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

Hier is hulle saam-wees, ‘man en vrou het Hy hulle geskape’, ook as ‘n eenheid beskryf.

Kom ons kyk weer na Gen2:24 nou na die laaste gedeelte.

Gen 2:24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Hoe bou mens hierdie eenheid in ‘n huwelik?

Ons kom as twee individue uit verskillende agtergronde bymekaar.

Hoe praat ons met mekaar? Wat is ons houding teenoor mekaar?

As mens saam leef en julle is nie ten gunste van mekaar nie en jou eie ek, kry die eerste plek,

gaan dit nie eenheid bewerkstellig nie. Dit laat die ander persoon in die pad voel en

maak hulle waardeloos. Dit sal eerder ‘n breuk tussen julle veroorsaak as om ‘n goeie verhouding te bou, maar as julle ‘n ja-houding in julle harte teenoor mekaar het en mooi goed sê en doen vir mekaar, dan bou ‘n mens ‘n wedersydse houding van omgee, met positiwe reaksies tot gevolg.

Dit bring mens nader aan mekaar en agape-liefde kan in so ‘n omgewing en verhouding vloei tussen julle. Standhoudende liefde is ‘n aksie of werk, nie ‘n emosionele gevoel nie. Onthou liefde soos God se agape-liefde, is ‘n gee liefde (‘n aksie, ‘n daad, jy doen iets goed) met ‘n gesindheid (houding, ‘attitude’) van vergewing.

Geen huwelik is sonder probleme nie, op een of ander stadium sal daar ‘n probleem of twee opduik.

Die lewe gebeur en daarby kom die huwelikspartye uit verskillende agtergronde en omstandighede.

Hulle kom uit gesinne wat moontlik nie normaal funksioneer (disfunksional) nie of uit gebrokke gesinne. Daarby is jou normaal, nie wat iemand anders as normaal beskou nie. Wat vir een aanvaarbaar is, is glad nie vir die volgende persoon aanvaarbaar nie. Sommige gesinne hou daarvan om aan mekaar te raak en liefde is tasbaar. Wat een as liefde gee beskou, is nie wat die ander een as liefde verstaan nie. In ander gesinne is daar nooit liefde gewys nie en al voel hulle lief vir iemand, weet hulle nie hoe om dit oor te dra nie. Boon-op is daar ook nog verskillende liefdestale, wat dinge nog komplekser maak.

In Titus sê dit liefde kan aangeleer word

Tit 2:3-4  Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, 4  sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,

Die Bybel vertel ons op verskeie plekke hoe om mekaar lief te hê.

Mat 22:37-39  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. 38  Dit is die eerste en groot gebod. 39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Bewys jou goedgesindheid en vrygewigheid teenoor jou eggenoot en geliefdes.

d) Familie

Gen 1:28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

God gee hier duidelike opdragte. Wees vrugbaar en vermeerder, vul die aarde, en heers oor die aarde.

Gemeenskappe is gebaseer op gesinne en families, maar die aanslae en druk van wêreldse sieninge en die weg beweeg van God se model breek gesins-eenheid dees dae baie af. Ons samelewing is gevul met egskeidings, kinders wat vaderloos groot word,  bevoordeling van vroue in werksposisies en leiersposisies wat mans misken in hul posisie as leiers volgens God se plan. Daar is ook homosekuele verhoudings en geweld wat nie God se liefde en opdragte weerspieël nie.

B. Hemelse Doel van die Huwelik.

Ef 5:31  Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef  (joined NKJV) en hulle twee sal een vlees word. 32  Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente. (AOV)

Die huwelik is ‘n spieëlbeeld van Christus se verlossingswerk en liefde vir Sy kerk. Elke huwelik behoort die patroon of prentjie te weerspieël van Christus en Sy kerk vir wie Hy sy Lewe opgeoffer het. Die huwelik tussen man en vrou is ‘n beeld van God se liefdesverhouding met die kerk, Sy bruid.

Heb 13:5  Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Christus is getrou en het Homself verbind (committed) om ons by te staan en nooit te verlaat nie.

God het ‘n nimmer eindigende liefde vir Sy (kinders en) kerk.

Paulus wat sy lewe en tyd gewei het om God se woord aan die heidene te bring, beskryf sy siening van die kerk so, in 2Kor11:2. 

2Kor 11:2  Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.

Hoeveel te meer voel God so?

Ons sien God se liefde ook, so getrou, regdeur die Ou Testament. Kan ons sê dat ons liefde en toewyding aan mekaar in ons huwelike ook dié getuienis of prentjie deurgee aan die wêreld?

C. Geestelike Doel van die Huwelik.

Ja, liefde en romanse is deel van die huwelik, maar dis soveel meer en het daarom ‘n goeie verstaan nodig, soos in die begin gesê is. Kom ons lees Eph 5:21-29 Wat vir ons ‘n duidelike prentjie gee van hoe ‘n huwelik behoort te funksioneer en ook hoe God, die kerk, Sy bruid hanteer en lief het.

Eph 5:21 en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. Dit sê ons, almal, moet aan mekaar onderdanig wees

22  Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.  Wanneer die man nie God volg nie, kan ons nie net doen wat hy sê nie. Ons moet eerstens aan God gehoorsaam wees en dan aan ons eggenoot.

23  Want die man is die hoof van die vrou, Die man neem die leiding, hy beskerm en voorsien, maar is nie ‘n diktator nie. soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. 24  Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. 25  Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het 26  om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 27  sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.  Die huweliks paar word  gewas, geheilig, deur die huweliksverbond (huweliks-kontrak) in Christus en deel met mekaar wat hulle van God ontvang en die Woord was ons ook.

28  So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; 29  want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

Christus is ons bron vir vreugde en vrede, nie ons eggenoot nie. Ons moet egter ons eie ek en lewe neerlê  vir ons eggenoot, net soos Jesus vir ons Sy lewe neer gelê het. Julle is twee, nie meer een alleen, wat aan niemand verantwoordelik is en net jouself in ag hoef te neem nie, wees vriendelik en leef in agape-lief met mekaar om in die huwelik ‘n eenheid weer te gee.

Petrus het die volgende belangrike stelling oor die man en vrou in die huwelik gemaak.

1Pe 3:7  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

Kom ons sluit af met ‘n gebed vir huwelike.

Vader God, ons dank U vir U groot liefde vir ons.

Ons dank U, vir al die huwelike waar dit goed gaan en dat mense mekaar goedgesing is en lief het. Dankie vir egpare wat getrou is teenoor mekaar en U saam loof en prys. Vader ons vra ook dat U ons sal lei en beskerm teen die aanslae van die wêreld se persepsies van huwelike. Dankie, dat ons U seën kan spreek oor elke huwelik. Dankie dat U elke huwelikspaar sal rig en lei om positief teenoor mekaar te wees en getrou aan mekaar te wees.  Dat hulle aanslae sal identifiseer en met wysheid sal teenstaan. Dankie, vir U uitnemende liefde vir ons. Amen.




God se Soort Liefde

Dis baie belangrik om God se liefde te verstaan en te aanvaar.

Wanneer ons nie God se liefde verstaan nie, sal ons Hom nie vertrou nie en ook nie Sy liefde kan aanvaar nie.

Dit sal veroorsaak dat ons sal sukkel om in ‘n verhouding met God te wees.

God se Liefde is nie wat ons verstaan in allerdaagse gebruik van die woord liefde nie!

Mense het deesdae alles lief, God drie-eenheid, ons kinders, ons maat, vriende, die hond, die natuur en selfs kos, soos ‘n skaap tjoppie, vrugte en roomys en sjokelade.

Daarby het ons net een woord wat ons gebruik om liefde te beskryf. 

Die wêreld het deur films en sepies so ‘n vals prentjie van liefde geteken en dit so baie dinge gemaak dat ons sukkel om ‘n goeie begrip van God se perfekte liefde en omgee te vorm.

Die wêreld se liefdesprentjies saai twyfel in verhoudings en is radikaal verskillend van God se liefde.

In Grieks is daar so iets soos 8 verskillende woorde wat liefde beskryf.

Ek gaan 4 van die woorde beskryf. Naamlik; Agape [ag-ha-pay], Phileo[fil-eh’-o], Storge, en Eros.

Eros:- is erotiese of seksuele aantreklikheid en ‘n romantiese liefde.

Die liefde is dikwels selfgesentreerd en is nie ewigdurend of volhoubaar nie, maw dis nie standhoudend nie.

Dit is ‘n liggamlike liefde.

God het dit bedoel vir die huwelik tussen ‘n man en vrou. Tussen hakkies mens het al 4 die liefdes nodig in ‘n huwelik.

Storge:- is ‘n natuurlike band-liefde of familie-liefde soos in ouer kind verhoudings.

Dis ‘n liefde wat verantwoordelikheid en plig navore bring.

Storge en phileo is saam gebruik in ‘n samevoeging in Rom12:10  (kom net 1 maal so voor in die Bybel)

Strong verklaring: From G5384 philostorgos and στοργή storgē (cherishing one’s kindred, especially parents or children); fond of natural relatives, that is, fraternal towards fellow Christians: – kindly affectioned.

Phileo [fil-eh’-o]:-  hierdie liefde kan wissel in intensiteit en is gebaseer op gevoelens.  

Dis ‘n broederlike liefde, tussen mense met dieselfde belange en leef style.

Dit verenig dus gelowiges en is die algemeenste in die Bybel.

Net vir interresantheid, Philadelphia se naam is van phileo afgelei.

Rom 12:10  wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde;

G5384 phileo; to be a friend to (fond of [an individual or an object]), that is, have affection for (denoting personal attachment, as a matter of sentiment or feeling;

Agape [ag-ha-pay]:- dis God se liefde. Die woord agape is in KJV Engelse ‘charity’.

Dis ‘n opofferende of ‘n gee liefde wat ook vergewende is.

Of beter gestel God se liefde is ‘n gee liefde en Sy ingesteldheid is vergewend.

Joh 13:34-35  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.  

Strong se verklaring vir agape = love, that is, affection or benevolence (liefdadigheid); specifically (plural) a love feast: – (feast of) charity ([-ably]), dear, love.

God se agape-liefde is:

Agape-liefde is onvoorwaardelik, opofferend, suiwer en perfek.

Agape-liefde soek nie eie belange nie, en is ‘n Geestelike liefde, wat die menslike element van gebrek en tekortkoming uitsny.

In God se agape-liefde is daar geen voorwaardes nie, daar is nie ‘n, ‘maar as dit…’ of ‘dat …’ nie.

  • Gee en vergeef:

Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (AOV)

Kol 2:13  En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

Ja, God het Sy Seun gegee vir ons verlossing en het ook nog ons sondes vergewe.

  • Onafskeidbaar:

Niks kan ons skei van God se liefde nie, nie eers die sondeval kon nie.

Niks wat ons doen, sal God se liefde vir ons verander nie, nie goed of kwaad nie. Dit getuig van God se standvastigheid.

Rom 8:38-39  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge 39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

  • God is vir ons:

God het ons lief en begeer net die beste vir ons, Hy het goeie planne (Jer29:11)vir ons.

Rom 8:31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

  • God is liefde en bly in ons:

1Jn 4:16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Jesus het belowe dat Hy vir ons ‘n trooster stuur en ons het Heilge Gees ontvang wat in ons bly.

Dis God se liefde en genade wat in ons kom woon het.

  • God se liefde laat ons vreesloos:

1Jn 4:18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Mediteer oor die vers. Die vers saam met die lied ‘I am no longer a slave of fear’ het die begrip vir my werklikheid gemaak.

Daar is niks om oor te bekommer of om oor angstig te wees nie.

Hy sorg vir ons in elke opsig, soos vir die voëls, tot ons hare is getel!

Wanneer ons vrees of bekommer,

gee dit te kenne dat ons dink God is nie instaat om vir ons te sorg nie, en dat God nie ons probleme kan hanteer nie.

Dit is om buite God se wil te wees.

Praat met die berg en vertel hom hoe groot jou God is, moenie vir God vertel hoe groot jou probleem in nie. Vertel vir die duiwel wie is baas in jou lewe!

  • Vrug van die Gees = God se karaktertrekke:

Gal 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Deur Heilige Gees in ons vloei God se karaktertrekke of vrug van die Gees deur ons na mense toe.

God se genade

Wat is genade?

God se onverdiende goedgunstigheid aan ons, wat ons in Sy guns plaas en tot ons voordeelstrek.

Joh 1:17  Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Om vryheid en geregtigheid in Christus te ervaar is alles God se genade!

Rom 3:24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Hoe kan ons lief hê soos God?

  • Met hart, siel en verstand

Mat 22:37-40 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. 38 Dit is die eerste en groot gebod. 39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

As ons self nie lief het nie, hoe gaan ons iemand anders lief hê. God maak net goeie goed!

Mat 7:12 sê dit so

Mat 7:12  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Ons kan slegs dit regkry om aan ander te doen wat ons graag wil hê,

wanneer ons nuut gebore is in Christus.

Ons sal dit nie regkry deur ons menslike natuur nie. Wanneer ons uit ons nuut gebore gees optree, met ander woorde, deur  die Gees,

kan ons agape-liefde toepas oral waar ons gaan.

Jesus demonstreer agape-liefde vir ons.

Joh 15:12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Ons is Sy vriende wanneer ons in Hom glo.

  • Vergiffenis

Terwyl Hy op die kruis is sê Jesus vergewe hulle.

Luk 23:34  En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. ….

God het ons vergewe uit Sy alles-om-vattende liefde en ons het ook die moontlikheid om te vergewe in ons, deur die krag van Heilige Gees.

Ons moet lewe op God se vlak van liefde en vergiffenis – in die Gees.

Hy het ons lief en het ons ontsaglik baie vergewe, dus ons kan mense ook vergewe,

dis in elk geval net tot jou eie voordeel.

En dis ‘n wilsbesluit.

Rom 4:7  Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

  • Aksie – doen

Agape is ‘n aksie woord.

Ons bewys ons liefde deur ons aksies –

1Joh 3:18  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (AOV)

Agape-liefde soek mense se welsyn en voordeel en is  goedgesind teenoor mense. (Kyk gerus na al die mekaar opdragte.)

  • God se liefde gee ons ook krag

Die krag van God se liefde raak mense se behoeftes aan deur genesing, wonders, profesië en verlossing van sonde en gelowiges se God-gegewe-liefde wat deur hulle vloei.

1Kor 14:1  Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. (AOV)

Nog ‘n Skrifgedeelte wat ons agape-liefde wys is

1Kor 13:1-9  Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde  (agape uitspraak [ag-ha-pay]) nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 4  Die liefde (jou naam) is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde (jou naam)praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8  Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. 9  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. (AOV)

Kom ons lees weer van vers 4 af en toets jou agape so: vervang van vers 4 af tot vers 6  elke keer die woorde ‘die liefde’ met jou naam.

Ons sien hier hoe belangrik jou ingesteldheid of houding is.

God is liefde, en will ‘n verhouding met Sy kinders hê, ons is volmaak in Sy agape-liefde.

 1Joh 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.(AOV)

1Joh 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. (AOV)

God se liefde en seën is altyd oor ons en bedek en beskerm ons deurentyd.




Finansies




Wat Om Te Doen Wanneer Jy Nie Gebedsverhoring Ervaar Nie

Mat 7:7-8  Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8  want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? (ANV)

God is goed, soos ons ook in vorige lesse gesien het. God het Sy Seun opgeoffer ter wille van ons. Daar is dus geen rede dat God nie vir ons wil gee wat vir ons goed is nie.

Gebedsverhoring is ‘n belofte van God.

Hoekom ervaar ons dit dan nie met elke gebed nie?

Hoekom word mede gelowiges vir wie ons bid nie gesond nie?

Dis tog nie ‘n selfsugtige gebed nie?

Is daar iets wat ons mis of nie verstaan nie?

Hoe vra ons volgens God se wil?

Wat is God se wil?

God begeer, dat ons gesond en voorspoedig sal wees in elke opsig van ons lewe.

Hy het vir ons alles wat ons nodig het reeds gegee en dit in oorvloed. Joh10:10

Joh 4:24  God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.

God is Gees en werk in die geestelike realm. Ons geloof is die brug wat ons uit die fisiese wêreld in kontak bring met die geestelike wêreld.

Heb 11:1  Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Glo dit, wees oortuig in jou gemoed / gedagtes en spreek dit!

  1. Hindernisse van ons Gebede

    1. Ongeloof:-

Ongeloof en twyfel se oorsprong spruit  gewoonlik uit ons ondervinding.

Ons het teleurstelling ondervinding, dit knaag aan ons geloof en breek dit af. 

  • Onvolledige Kennis:-

Ons word ook verkeerd geleer.

Verkeerde leerstellings en halwe waarhede laat ons twyfel, want ons kennis en ons ondervindinge stem nie ooreen nie, dis ongeag of ons kennis  swak of goed is, van God en Sy Woord.

Dis ‘n aanslag van die duiwel wat ons laat twyfel. Verkeerd (bid):-

  • Ons vra verkeerd, bv. dit wat God reeds tot ons beskikking gestel het deur Jesus. God kan nie vir ons gee wat Hy reeds gegee het nie, ons moet dus weet wat is ons sin en dit glo, dan ons outoriteit opneem en dit aktiveer wat reeds tot ons beskikking is.
  • Ons gesindheid is verkeerd.

Jak 4:1-3  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3  As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. (ANV)

Jakobus praat hier van gesindhede; eie geregtig, selfsug, woede, begeertes, nyd, jaloesie, rusie en moord, bid nie en bid uit selfsug, wat alles redes is hoekom ons gebede nie verhoor word nie.

  • Geestelike en Fisiese Hindernisse:-
  • Geestelike Hindernisse sien ons in

Dan 9:23  Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar ‘n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel, want God het jou lief. Gee dus ag op wat ek sê, sodat jy die visioen kan verstaan.

Daniël Het gebid en die gebed is gou geantwoord, maar in Daniël 10:13 neem dit drie weke.

Dan 10:13  Die engel van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar toe het Migael, een van die vernaamste engele, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie.

Hier word na die duiwel en sy ryk verwys, nie ‘n aardse koningkryk nie.

  • Fisiese hindernisse:-

God gebruik meestal mense, om mense te help, dit beteken ons moet gehoorsaam wat God vir ons sê om te doen.

Dit gebeur egter nie altyd nie, want ons ‘hoor’ nie altyd wat God sê nie, of ons twyfel of dit God is wat dit sê en voel ook nog geintemideerd oor wat ons moet doen, of ons ontbreek die selfvertroue om dit te doen.

  • God se wil:-

Ons ken nie God se wil vir ons nie of twyfel in God se wil vir ons. 

Ons benodig ‘n dieper kennis van God se Woord.

  • Gee:-

Gee ons en hoe gee ons?

Gee ons net wanneer ons gevra word, met voorbehoud, of gee ons vrywillig en gereeld?

Wat is ons gesindheid waarmee ons gee?

Gee ons op die regte plekke, is daar verantwoordbaarheid en eerlikheid (accountabillity and honesty)?

Vertrou ons God genoeg om te gee?

Is jy dankbaar vir jou inkomste?

Seën jy jou inkomste?

  • Gebed:-

Bid jy, vra jy vir God, as jy nie vra nie sal jy nie kry nie.

Bid jy vir die omstandighede en dat niks die vloei sal belemmer nie, soos ons gesien het in Daniël se geval?

Bid ook, veral as jy finansies benodig, vir die seën op jou inkomste en jou beleggings en ook vir die persone wat vir jou inkomste verantwoordelik is, bv. jou werkgewer of besigheid se vooruitgang of vir jou huurder.

1Pet 3:7  Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Ek dink dit geld almal van ons, nie net die mans nie.

  • Geestelike Beginsels in Verband met Gebed. (Spiritual Principals)(Die praktiese hoe)

Heb 6:12  Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. (ANV)

  1. Glo:- teenoor Ongeloof

Glo en verwag dat dit sal gebeur.

Dikwels bid ons omdat dit ís wat ons moet doen, dit raak ‘n ritueel en dan bid ons, maar glo nie dat ons dit sal ontvang nie.

Bid in geloof en glo dan in afwagting!

Bid doelgerig en opreg.

Mar 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al (reeds) ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (ANV)

Mat7:7-8 Die gedeelte waarmee ons begin het.

  • Ken God:- teenoor Onvolledige kennis

Ons gebrek aan kennis van God se karakter en Sy Woord pootjie ons.

Bou jou kennis van God en Sy Woord en ontwikkel jou persoonlike verhouding deur elke dag meer en meer van Sy Woord te leer.

Hos 4:6  My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien. (ANV)

  1. Slegte Goed is nie van God af nie:-

God wil net die beste vir ons hê, Hy het Sy Seun vir ons opgeoffer. (ook nie alles wat aanvanklik goed lyk is van God nie)

Mat7:11 Gedeelte waarmee begin is. ‘…. hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?’ (ANV)

  1. Ken jou Doel en jou Regte in God se Koninkryk:- teenoor gebrekkige kennis

Mar 16:17-18  Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; 18  met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.(ANV)

Jy het outoriteit waarvoor Jesus ‘n baie hoë prys betaal het, gebruik dit.

Jy het die Naam van Jesus om te gebruik teen aanslae van die bose.

Bly in God se wil en plan vir jou.

God het in Eden vir ons alles gegee wat ons nodig gehad het. Jesus het dit wat Adam verloor het, met Sy kosbare bloed terug gekoop, sodat ons regte het en oorwinnaars in Christus kan wees.

1Kor 15:57  Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.(ANV)

  1. c)Ken God se Wil vir Jou:-

God se basiese wil vir almal is, dat ons in liefde sal leef en laat leef.

Joh 13:34  Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. (ANV)

As ons dus bid, moet ons nie in selfsug en tot eie voordeel bid nie, maar in agapé liefde. (Liefde tot voordeel van ander)

Spreek God se wil oor jou lewe en Hy sal jou begeertes gee wat van Hom af kom.

Psa 37:4  Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. (ANV)

  • Geestelike en fisiese kanale:- teenoor Hindernisse

    • Geestelike kanale:- is ons geloof, kennis van God, loof en prys God drie-eenheid; (God, Jesus en Heilige Gees.)

Leer om God te hoor en te weet wanneer dit jou eie gedagtes is en wanneer is dit die Heilige Gees wat praat, ken die stem!

Heilige Gees sal nie teen God se Woord praat nie.

Joh 10:3  Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

Kyk ook na Geestelike Wapenrusting Ef6:10-20

  1. Fisiese kanale is ons, ons moet gehoorsaam wees aan God en doen wat Hy ons vra om te doen.

Joh 15:16-17  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. 17  Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

  • Gee:- uit die hart teenoor verpligting of glad nie.

Luk 6:38  Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.(ANV)

Gee het voordele, dit bring vreugde en seëninge. Hoeveel en met wat se gesindheid ons gee is belangrik.

Die gesindheid waarmee ons gee is baie belangrik.

Ons is geseën om ‘n seëning te wees, nie om te kry nie. Gen12:2

2Kor 9:7  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid (teensin) of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. (AOV)

  • Bid (vra):- in geloof teenoor bid in onsekerheid en twyfel.

Kol 1:9-11  Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10  sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11  Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

Bid vir kanale om oop te wees en sonder hindernisse sal wees.

Bid vir die bronne van jou inkomste en seën jou inkomste.

Bid vir Goddelike  ontmoetings en verbintenisse, en ook vir verhoudings.

Geheime  tot verhoorde gebede:

  • Toenemende kennis van God gedurig deur – kry openbaringe van God se wil en doel.
  • Staan in geloof – sien die onsienbare in die gees met jou geestelike oë. Sien geen te kort nie, maar oorvloed in elke area van jou lewe.
  • Bou konstant aan jou verhouding met God en jou begeerte om nader aan Hom te wees en om God te hoor.

Joh 15:7-17  som dit so op:

Joh 15:7-17  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. (Om in God te bly beteken ons moet God se Woord ken en uit leef.)

 8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. (leef Jesus se liefde en bly in Sy liefde)

9  Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad (Ons is geliefd, glo en aanvaar jy is geliefde en leef in Sy liefde). Bly in hierdie liefde van My.

10  As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

11  Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. (blydskap is ons deel wanneer ons in Hom bly)

12  Dit is my gebod, (dis wat ons moet doen) dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. (Agapé liefde offer op, dis ‘n gee liefde)

14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

15  Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. (verhouding bring groter kennis, openbaringe en insig)

16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly (geloof dra vrugte wat ewigheidswaarde het) , sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. (geloof en vertroue word sigbaar)

17  Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê. (AOV)

WAT OM TE DOEN WANNEER JY NIE GEBEDSVERHORING ERVAAR NIE?

  • Gaan deur jou dag en let op jou houding en ingesteldheid oor jou omstandighede, volgens dit wat ons behandel het.
  • Verklaar jou posisie in God se koningkryk en jou regte, jou outoriteit; spreek jou erfdeel uit en neem jou erfdeel in besit, neem eienaarskap daarvan. (posses you inheritance)