Ons as Christene en epidemiese wêreld virusse
Waar staan
jy as ʼn Christen met die Corona-virus, lewe jy ook in vrees soos die res van
die wêreld?
Daar is nou
‘n nuwe virus en almal raak histeries daaroor. Die vraag is wat is anders aan hierdie virus as die
normale griep en verkoue virusse waaraan ons gereeld blootgestel word? Volgens wat kenners sê, is hierdie
virus ‘n mutasie van die ander griep en verkoue virusse waaraan ons reeds
blootgestel is en kan dit noodlottig wees as daar nie aandag aangegee word nie,
dieselfde as in die geval met die ander griep en verkoue virusse.
Die duiwel veroorsaak paniek deur vrees te
gebruik dat die virus jou gaan doodmaak as jy daarmee in aanraking kom of besmet
word. Hy is suksesvol om in ons Christelike lewe in te meng deur
kerkbyeenkomste gekanseleer te kry (Italië) en byeenkomste in SA moet nou
beperk word tot 100 weens die vrees dat die virus verder kan versprei wanneer Christene bymekaar
kom.
Die vraag aan elkeen wat sê hy/sy is ‘n
Christen, waar staan jy met hierdie virus, lewe jy ook in vrees?
Eerste en baie belangrik
– God het nie hierdie virus na ons toe gebring omdat Hy vir die mensdom kwaad
is nie.
God het alle mense lief – Joh 3:16 “Want so lief het God die
wêreld gehad,
dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,”.
Joh 14:9-10 Jesus
sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy
wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar
die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Hier sê Jesus dat God in hom is ‛ die Vader wat in My bly, Hy
doen die werke’. Het Jesus
terwyl Hy hier op aarde was, ooit enigiemand vervloek of doodgemaak wat nie God
korrek gevolg het nie?
Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God
kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
God versoek of toets niemand
nie.
In die tydperk voor Jesus en God
se nuwe verbond met ons, het God aksie geneem want die wet en ooreenkoms wat God
met Israel
gehad het, het dit vereis en God het ook mense beskerm van ander wat
duiwelsbesete was.
Die situasie nou is, dat die duiwel is steeds die prins van hierdie wêreld
– Lukas 4:6 & Ef 2:1-2 – en sy hoof oogmerk is om te keer dat so min as
moontlik mense, Jesus vind en gered word.
Joh
10:10 Die dief kom
net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat
hulle lewe en oorvloed kan hê.
Die duiwel (dief) wil steel, slag en verwoes,
maar Jesus het gekom om ʼn lewe van oorvloed te gee. God het jou lief en
beskerm Sy kinders steeds,
Tweede is die vraag, is
jy, as ʼn selfverklaarde Christen, regtig weergebore of twyfel jy?
Om weergebore te wees moes jy die volgende met jou hele hart gedoen het –
Rom 10:9-10 As jy met jou mond die Here Jesus
bely en met jou hart glo dat God Hom
uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot
geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Slegs God en jy weet of jy dit werklik bedoel
het en werklik weergebore is.
Hoe weet jy dat jy
weergebore is?
Jy ontvang die vrug
van die Gees wat liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid,
selfbeheersing. Jy sal passievol wees vir Jesus. Die belangrike vraag is, het jy
vrede in jou gemoed?
Fil 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed
en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle
verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Derdens is die vraag, wat
gebeur wanneer jy ʼn weergebore navolger van Jesus is?
Na Jesus gesterf het en weer uit die dood opgewek is, het Hy die duiwel
oorwin vir almal wat in Hom glo.
Heb 2:14-15 Aangesien
die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier
deelagtig geword, sodat Hy deur die dood
hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon
bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe
was.
Jesus het ons van die slawerny van die duiwel
verlos en aan ons mag oor die duiwel gegee soos Hy vir ons in Markus 16 sê –
Mar
16:17-18 Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose
geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle
slange optel, en as hulle iets drink wat
dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”
Die woorde ‛ as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal
dit hulle geen kwaad doen nie’maak dit duidelik dat God ons sal
beskerm, al wat van ons nodig is, is om te glo.
Dit maak nie saak wat hier op aarde gebeur nie,
God sal ons beskerm –
Heb
13:5-6 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees
tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees
nie: wat kan
‘n mens aan my doen?”
Daar is baie verse
waar God belowe dat Hy ons sal beskerm – Ps 91, 1Pet 5:7, 2Pet 2:9, Mat 28:20, Jak 54:17, Luk 21:18
Vierdens is die vraag, hoe bou ek my geloof op tot ʼn vlak dat ek
seker is dat God my sal beskerm?
Lees God se Woord, dit is die belangrikste –
Rom
12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk
word nie, maar laat God julle verander
deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil
van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Deur die Woord van God te lees en te glo, verwyder jy al die twyfel en
vrees wat mense en die nuusmedia in jou inprent. Hierdie wêreldse beskouing
word vervang met die waarheid van God se Woord wat jou geloof in God opbou wat
nodig is om aanvale van die duiwel teen te staan en te oorkom.
2Ti
3:16-17 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het
groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede
reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God
staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Glo God se Woord sonder enige vraag of twyfel, baie vals predekers vertel
ons dat die Bybel op verskillende maniere moet lees, maar die enigste korrekte
manier is om dit te lees soos dit geskrywe is en dan die Heilige Gees te vra om
die verse vir jou duidelik te maak.
1Kor 2:12-14 Ons het ewenwel nie die gees van
die wêreld ontvang nie, maar die Gees
wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan
spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié
wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want
dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik
beoordeel word.
Die Heilige Gees
maak God se Woord vir ons geestelik oop sodat ons God kan verstaan en dit is nie
moontlik vir mense wat nie weergebore is om dit so te verstaan nie.
Wanneer jy die Woord van God
lees, skryf die beloftes van God se beskerming neer. Lees dan hierdie verse daagliks en jou geloof in
God en Sy beskerming sal groei.
Vyfde begin om nagmaal daagliks
te gebruik.
Gebruik dit elke oggend soos jy jou vitamienes daagliks drink.
Hoekom nagmaal gebruik?
Jesus se liggaam was vir ons met die kruisiging gebreek – geslaan soos
aangehaal in –
1Pe
2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die
kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid
lewe; deur wie se wonde julle genees is.
Ons moet ʼn lewe sonder sieke lei, want Jesus het reeds al ons sonde gedra, siekte wat ʼn vloek is, was op Sy liggaam met Sy
kruisiging. Dit beteken die brood wat ons eet is Jesus se liggaam wat vir ons
gebreek is, sodat ons gesond, heel en voorspoedig kan wees en die wyn wat ons
drink is Jesus se bloed wat vir ons gegiet is, wat ons skoon gewas het van ons sonde
en sonde-natuur en dat ons geregverdig voor God kan staan.
Kan enige iemand nagmaal by homself of
haarself gebruik?
Daar is nêrens in God se Woord verwysing dat net sekere mense leiding mag
neem met die gebruik van nagmaal nie, soos die geval was met die priesters in
die Ou Testament met sonde-offers vir God nie. Ons is nou heilige priesters in
Jesus.
1Pe 2:4-5 Kom
na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God
uitverkore en kosbaar is; en laat julle
ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom,
om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
Wanneer nagmaal gebruik
word, gebruik die volgende verse –
1Ko
11:23-25 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan
julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood
geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle
gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete,
met die woorde: Hierdie beker is die
nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my
gedagtenis.
Elke keer wat jy nagmaal gebruik, gedenk jy dit wat
Jesus vir jou gedoen het aan die kruis en dat jy gesond, heel en voorspoedig,
sonder sonde en geregverdig voor God is. Dit sal ook jou geloof opbou dat jy in
Jesus reeds gesond is al sien jy dit nie op daardie oomblik nie, sal dit
manifesteer solank jy dit glo.
Moenie
dat die volgende vers jou afskrik om nagmaal te gebruik nie –
1Ko 11:27 Wie
dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal
skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
Die gebruik van nagmaal is geestelik en slegs weergebore gelowiges kan
nagmaal gebruik want hulle het die Gees van God in hulle en is geestelik. Dit
gaan oor hoe jy die liggaam van Christus en wat Hy gedoen het benader, wat dit
onwaardig kan maak. Bv. Glo jy werklik alles wat Jesus op die kruis en in die
graf deur gegaan het en dat Hy vir almal se sondes op die kruis gesterf en weer
opgestaan het? As jy dit nie glo nie dan gebruik jy nagmaal op ʼn onwaardige
wyse.
Kom ons wees prakties.
- Gaan
terug na God se Woord en lees dit met die hulp van die Heilige Gees. Vra die
Heilige Gees elke keer wat jy die Woord lees, om dit vir jou oop te maak. Dit
sal jou geloof opbou. - Skryf
al die verse waar God belowe Hy sal na ons omsien neer en lees dit elke dag om
jou geloof verder op te bou. - Moenie
dat die nuusmedia en sosiale netwerk jou vreesbevange maak nie, neem kennis van
belangrike inligting wat uit betroubare bronne kom, volg die Regering se reëls
en hou jou vertroue in God. - Gaan
aan met jou normale lewe, gaan werk, winkels, en kerk toe met bevestiging van jou
geloof in God en dat Hy jou sal beskerm deur Hom te bedank vir Sy beskerming
wanneer jy jou huis verlaat. - Wanneer
en indien hulp benodig word, gaan uit en help met die geloof dat geen virus sal
oorlewe wanneer dit inkontak met jou kom nie. - Gebruik
daaglik nagmaal. - Laat
God se lig deur jou skyn vir al die vreesbevange mense om jou. Wat beter manier
om mense vir Jesus te wen. - Jy
behoort nou al te weet wat die simptome van die virus is en indien jy van
hierdie simptome in jouself agterkom, gaan en kry hulp. Jy is nie ʼn mislukking
wanneer die virus en duiwel toegang tot jou liggaam kry nie. Medies
gesondheidsdienste is deur God beskikbaar gestel, gebruik dit. - Baie
belangrik wees altyd positief, glo in God en weerstaan die duiwel wat vrees in
elkeen wil laat ontbrand. Wanneer jy begin bang word, gaan sit en praat met
God. Vertel Hom wat op jou hart is en waarvoor jy bang is. God is getrou
en sal jou help. - Wees versigtig dat jy nie die virus oordra na
ander mense wat nie op dieselfde vlak van geloof as jy is nie.