Koninklike Identiteit 4 Januarie 2025
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Opsomming Efesiërs 4
Ef 4:15 – Ek is in Christus en groei in Sy liefde en waarheid om meer soos Jesus te word.
Ef 4:22 – Ek is nuut in Christus! Ek het die ou mens, die sondige begeertes afgelê!
Ef 4:23 – Ek kan leer om my gedagtes aan te pas na U Woord en waarheid.
Ef 4:24 – Deur Jesus is dit moontlik om nuut te wees in my gees en is ek vry en reg (geregtig) voor God.
Prys die Here! Dankie Vader God, dankie Jesus!