Koninklike Ideniteit 28/01/2023
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps23:3 ‘Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.’ AOV
My hemelse Vader, gee my nuwe krag! Hy lei my op die regte paaie tot eer van Sy Naam. Dankie Vader, vir U krag en leiding.