Koninklike Identiteit
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps23:4 ‘Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my.’ AOV
My Hemelse Vader is altyd by my. Hy verlaat my nooit nie, Hy beskerm en vertroos my! Dankie Vader, ek kan altyd op U nabyheid staatmaak.