Koninklike Identiteit 7/01/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Samevatting:

Ps9:11 – Ek ken en vertrou U! Jesus het vir my verlossing betaal. Ek is U kind.

Ps13:6 – Ek kan staatmaak op U getroue liefde. Ek loof en prys en eer U vir my redding. U is besonder goed vir my.

Dankie Vader God, U sal my nie verlaat nie.