Koninklike Identiteit 5 April 2025
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 1:20 ‘volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.’ AOV53
Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid. Dankie Vader God, U gee my krag en moed!