Koninklike Identiteit 5/08/2023
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Opsomming:
Psa 37:4 – U wil vir my gee, wat my hart begeer.
Ps 37:5 – Vader, ek steun en vertrou op U vir leiding.
Ps 37:23-24 – U vind vreugde in my en sorg vir my. U bepaal my pad en ondersteun my.
Dankie Vader God, U is my God, U help my om my vreugde en vervulling net in U te vind. Dankie vir U getroue leiding en voorsiening en dat U altyd daar is om my te help.