Koninklike Identiteit 30/11/2024

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Efesiërs 3

Ef 3:6 – As Nie-Jood wat glo in Christus, is ek ook ‘n erfgenaam en lid van die liggaam van Christus en het deel aan die beloftes in die Goeie Nuus

Efs 3:12 – Ek het ‘n verhouding met Christus en deur my geloof in Hom kan ek met vrymoedigheid en in sekerheid na God toe gaan.

Efs 3:17 – Deur my geloof, is Jesus se liefde in my, daarom is ek verseker en gevestig in die waarheid van U liefde vir my.

Ef 3:18-19 – Ek ken die liefde van Christus. Die liefde wat kennis oortref en die volheid van God ervaar.

Ef 3:20 – U krag wat in ons werk, is baie groter as wat ons kan dink of bid.

Dankie Vader God, Jesus en Heilige Gees, vir U liefde, beloftes, kennis en krag in ons!