Koninklike Identiteit 30/03/2024

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 113:7-8 ‘Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef; om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.’ AOV ‘53

Vader God, U rig my op uit die stof en maak my tuis by prinse. U verhef my, Ek prys U!