Koninklike Identiteit 3/06/2323
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 35:27 ‘Laat hulle jubel en bly wees wat ‘n behae het in my geregtigheid (‘dat reg aan my geskied’ AFR20); en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ‘n welbehae het in die vrede van sy kneg!’ AOV
(kyk asb na ander vertalings)
(Vrede in Hebreeus = Shalom = vrede, veiligheid, saluut, gelukkig, welvaart, voorspoed (sukses), heelheid, gemaklikheid, gesondheid.)
Vader God, U is groot en U vind plesier in my voorspoed. Dankie vir U ryke seëninge.