Koninklike Identiteit 27/05/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Opsomming:

Ps 34:8 – Hoe wonderlik, die engel van die Here het om my laer opgeslaan! Hy beskerm en red diegene wat U eer.

Ps 34:10 – Ek ly geen tekorte nie! U kinders eer U en is geseënd!

Ps 34:11 – Ek soek die Here en is geseënd, ek kom niks kort nie. Vader God, as U kind, loof en prys ek U goedheid! Dankie vir U liefde, beskerming en getrouheid! Vader, Help my om U altyd te eer. (0ntsag, vrees, eer, respek.)