Koninklike Identiteit 25/03/2023
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Opsomming:
Ps25:4–5 – U leer en lei my in U waarheid en op U paaie. U is my redder en ek wag hoopvol op U, elke dag!
Ps25:12-13 – U wys my watter pad om te kies. Dié pad, wat my voorspoedig sal maak en die beloofde land sal laat erf.
Dankie Vader God, vir die belofte aan ons, wat U eer en dien, en vir U leiding elke dag.