Koninklike Identiteit 23/08/2023
Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Opsomming:
Ps 46:2 – God is altyd by ons, Hy gee uitkoms wanneer gevaar dreig. Hy is getrou en altyd betyds.
Ps 46:11–12 – U is altyd by my. In en by U kan ek stil wees en veilig skuil.
Dankie Vader God, dat U altyd daar is vir my! By U kan ek stil word en is ek veilig. U is die Almagtige God, my Vader! Ek loof en prys U!